Pravin Gordhan afgedank

Pravin Gordhan (22 Februarie 2017) Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdagaand Pravin Gordhan, minister van finansies, die trekpas gegee.

Zuma het laataand ʼn onverwagse vergadering met die ANC se topses leiers in Pretoria gehou waartydens die kabinetskommeling na bewering bespreek is. Verskeie bronne het bevestig dat Gordhan afgedank is, maar die presidensie het dit nog nie amptelik bevestig nie. Dit is nog nie duidelik wie almal deur die kabinetskommeling geraak word nie. Die presidensie het wel bevestig ‘n mediaverklaring in die verband sal nog Donderdagaand uitgereik word.

Daar word al lank bespiegel dat Zuma beplan om Gordhan af te dank, veral nadat Zuma Gordhan en sy adjunk, Mcebisi Jonas, Maandag beveel het om onmiddellik van Londen na Suid-Afrika terug te keer. Gordhan en Jonas was saam met ander amptenare van die Tesourie in Londen, waar hulle ʼn internasionale beleggerspromosietoer bygewoon het.

Die presidensie het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat Gordhan en Jonas opdrag gegee is om na Suid-Afrika terug te keer, maar wou nie redes vir die besluit verskaf nie.

Dawie Roodt, hoofekonoom van die Efficient Group, het gesê Gordhan se opvolger het groot skoene om te vul. “Hoewel staatsuitgawes onder Gordhan se toesig heeltemal handuit geruk het, is Gordhan tegnies baie vaardig. Hy is ʼn besonderse sterk leier en bo alles, is hy ʼn politikus met inbors,” het Roodt gesê.

“Hy was ook beskou as die laaste linie van verdediging teen die Zuma-patronaat. Sy opvolger het groot skoene om te vul en dit sal lank neem om die markte se volle vertroue te wen.”

Gordhan is as minister van finansies aangestel kort na die sogenaamde ‘Nenegate’-sage in Desember 2015, toe Zuma Nhlanhla Nene onverwags uit sy posisie as minister van finansies verwyder het. Nene is deur Des van Rooyen vervang, wat vier dae later ook in die pad gesteek is en deur Gordhan vervang is. Die ommeswaai in die tesourie het die land na raming byna R500 miljard gekos en die rand het getuimel tot meer as R15 teen die Amerikaanse dollar.

Gordhan se begrotingsrede in Februarie het oorwegend positiewe reaksie in ekonomiese kringe ontlok. In dieselfde week het Brian Molefe, omstrede voormalige uitvoerende hoof van Eskom, sy sitplek in die parlement ingeneem. Dit het wye bespiegeling ontlok dat Molefe een van die poste in die departement van finansies kan inneem, sou Zuma binnekort die kabinet skommel.

Gordhan se termyn as minister van finansies is gekenmerk deur politieke druk, soos ʼn onsuksesvolle poging verlede jaar om hom van bedrog te beskuldig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

75 Kommentare

Marita ·

Ek weet nie van jou nie, maar gaan die 22ste saam met oom Angus bid.

Jakalas ·

Vincent. Ek wens ek kon dit ook sê, maar al wat ek weet is dat mens die oorsaak is van dié elende. Ons moet dit ook uit sorteer. Mens kan ook maar net so veel hoop. Na ‘n ruk verloor mens dit, want op hierdie stadium is daar nie hoop nie.

Enige mens or groep wat teen die regeering op staan, word nie net gemerk as ‘n terroris nie, maar gaan ook nie enige genade van die internasionale gemeenskap geniet nie.

Dit lyk amper vir my as of ons hierdie tuistering moet aanvaar, maar ek kan nie. Die ding wat my verstreer is dat ek niks daaraan kan doen nie.

Jakalas ·

Marita. My ouers gaan daar gaan. Ek sou graag wou gaan, maar kan dit nie maak nie. Ek was by een van sy preeke eens en ek moet sê, daai man is goed.

Tim ·

Ave Ceasar, Mori Turi Et Salutimus.

Die Zulu’s is nou in beheer en in beheer gaan hulle bly.

Dis maar entlik waaroor dit gaan.

Nie dat ek omgee nie want ek sal bly tot die bitter einde toe al vrek my kinders en familie van siekte, hongersnood en onbeskryflike marteling en geweld.

Fudge ·

Ons land het begin brand… nou bly ons op ons knieë voor ons Skepper!!!

yvonne roux ·

AMEN! Here n volk wat U aanbid is op die rand .van verwoesting! Wees ons genadig Almagtige God en Vader!

Jo ·

Boggom boggom. Hier is Zuma Mugabe die tweede. Hy sal eerder die hele land saam met hom sink viir hy padgee. Regte satanskind. Hy het net ‘n erge tekort aan lood in sy dieet. Ek laai maar eder patrone.

AZ ·

Ons nuwe finansies minister het onderwys en sosiale beleid gestudeer… sê asb dat hierdie aanstelling ‘n April-fool grappie is!

Tjaart van Vuuren ·

Gerrie, hier is ‘n lekker uitdaging!

Zuma onderneem om te bedank binne ‘n jaar nadat hy Pravin Gordan afgedank het. Is dit om hom (Zuma) genoeg tyd te gun om sy koffers te vul? Wat verhoed ons om Zuma se onmiddelike bedanking of ontheffing as President nou te eis?

One and seventy and three ·

Lieven Loven… Die tyd van die nag? Toe Zuma op sy horlosie kyk na 6 toe lees hy seker tien en vyf minute sekondes na 3 en 8 .. maar hy lag seker … Haha môre oggend staan almal op en die rooi neuse is steeds daar net ander clowns …

I stand with Israel ·

Ek sit in Israel én lees julle kommentaar…. Maar joune was by verre die beste!!!!

Klip ·

Is daar nie genoeg mense in die land met genoeg vetstand om te sien wat aangaan nie!?

Pietman ·

Jy slaan die spyker op die kop. Daar is nie genoeg mense met gesonde verstand nie.

Drikus ·

Ja swaer. Die ander manne behoort soos een man te bedank. Hoe kan mens respek hê vir sulke flagrante arrogansie? Dit breek elke greintjie menswees in my dat ek wetsgehoorsaam moet belasting betaal. Glo my ek sien uit na die dag ,,,,,,

jaco ·

Al lei hierdie stap ook tot n wisselkoers van R25 in 1 dollar en R35 vir 1 lliter petrol, sal dit geen politici veel pla nie. Met meer as R1miljoen per jaar vir parlementslede en R500000 vir munisipale raadslede, is steeds stygende pryse van alles geen probleem nie.

My tweesent bydrae ·

Hierdie narre gaan meer kegels laat val as die vorige narre .

Neil ·

Ons land is in n diep gat wat ons nie gou gaan uit kom nie en so lank as wat Zuma hier is gaan ons net dieper en dieper in die gat af.

Hennie Visser ·

Nou het Zuma ons gesink. Ons kredietgradering gaan nou romelstatus toe val. Buiteland gaan nie belê nie en be leggings onttrek. Brandstofpryse gaan nou dié hoogte in skiet. Dit gaan inflasie laat styg. Ons is in ons glorie in. Zuma sal dadelik uitgehaal moet word en die status quo herstel word.

Chaparel ·

As n land finansieel nie sterk in sy skoene staan nie dan val die land in chaos en alle gevolge van dien.
Suid Afrika se reserwes is uitgeput of liewer gese leeg gesteel en ons as burgers van die land gaan dit ondervind en ja dit maak seer om te weet dat ons hard verdiende geld waar ons elke dag voor moet werk verdwyn in die onbevoegdes se bankrekening.
Ek wil ook dat Zuma opstap maar dan moet hy eers al die miljarde terug betaal alvorens hy vertrek, en laat hy maar op n plaas gaan werk vir sy geld.

Jef ·

Niks kan meer herstel word nie dis oor en uit met SA mense gaan nou bakhand hou vir hulp wat daar nie is nie.

henda ·

dit is mos eers more die 1ste April word die gek nou al geskeer

judith ·

ja Henda, ek het ook gedink dit is ‘n April fool JOKE? regtig wat ‘n groot gemors. Ek hoop PG gaan dit nie daar los nie.

Ouma ·

Guptas het gewen! Zuma het nie die vermoee om sulke skuiwe te maak nie! Wonder watter Bank gaan hulle eerste nader om hulle rekenings oop te maak? Hulle is nerens welkom nie. Zoempie het hulle cart blanch gegee! Beheer die geldsake en vernietig die land!

Wim ·

Ek wil net graag weet wat is hierdie alewige ge-“Zoempie”. Dit klink soos ‘n troetelnaam.

Elsie ·

Die ministers wat moet waai moet nou soos een man by die DA aansluit, of ‘n nuwe party begin vir ons land se oorlewing. Maar hulle kry ‘n vet goue handskud en sal waarskynlik doodstil bly. Mense, hou net op belasting betaal dan sal jy ‘n ding sien.

Johanna Botha ·

So sink ons almal saam met die dom besluite van die anc ….alles is nou gebreek komplimente anc ….daar tuimel die Rand maw hoer kos pryse hoer rentekoerse ens. ..alles gaan op en die mense wat so grants ontvang en sukkel gaan 9/10 maar net WEER anc stem ! Hoe dom !

Selfbeskikking ·

Nou het ons genoeg rede om onmiddelik vir selfbeskikking te onderhandel.

andrea van vuren ·

Selfbeskikking, met wié gaan jy vir selfbeskikking onderhandel? Dis verby met ons my vriend. Heeltemal verby…

Adam ·

Zuma het Gordhan se doodsvonnis voltrek, maar het ook in die proses sy eie doodsvonnis onderteken. Ai, die st 3 kinders darem. Kan net nie besef dat dade het gevolge nie.

Johann ·

Dawie, ja ek stem saam dat daar buitengewone staatsuitgawes die afgelope tyd onder Gordhan se toesig was, maar hierdie ou het nie die geld vermors nie, hy moes al dié tyd net vuure bly doodslaan, en sy baas het net geen einde nie

anoniem ·

Ek is stom, een ding Zuma ons het groot mistake gemaak , maar jy dink obs is almal stupid al bly ons in lokasies maar in sekere tydperk het ons geleer hoe vuil sa politiek is.

Johann ·

Hierdie ou ruk en rol tot hy gaan begin hol dan wil ek sien wie help hom. Die laaste noot behoort nie aan hom nie

Hanri ·

Kry almal vandag nog julle geldjies uit die die banke uit! Die tyd vir trommeltjies en vals vloerbodems het duidelik aangebreek.

Meraai ·

Ek kry die een jammer wat in sy plek moet kom en die gemors moet prober reg maak.

Twee ore ·

Gordan het die staatskas vir Zuma gesluit gehou. Hy kon nie sy smerige vingers op die geld le nie, en toe “leen” hy maar by SASSA. Nou is die nuwe minister aan bewind wat in Zuma opgekruip is. Nou gaan daar eers geld gesteel word. Dit is nag in hierdie donker SA

nic ·

Hoe kan n president wat slegs standerd 6 het n land regeer . Daar is baie matrieks wat beter as hy sal vaar

Frans C ·

Sover ek weet het die President geen formale skoolopleiding ontvang nie.

Bedrog ·

SA vs ZIM
Zuma doen wat Robert gedoen het in die begin van Rhodesia. SA SINK!! Zuma voel minderwaardig teenoor Robert Mugabe wat sy eie land bankrot eet/vlieg en steel.
En wie lag ZUMA uitspattige lag van hom want hy weet nie wat om te antwoord nie! Want hy word gerule vanaf die GUPTAS!
Doen jy aansoek vir werk, is jy verplig om jou MATRIEK SERTF te toon waar is ZUMA sin?? Malema ook net standard 3, hy vertel ook wat hy wil he en saam doen hulle die reen dans want nou gaan dit geld reen.
Hy kon nie geld uitgee soos hy wou nie, nou het hy sy poppe daar gesit sodat hy hulle kan RULE en se wat gesteel moet word, en wie betaal die gelag agterna net die belasting betaler!!
Zuma kan nie vir homself dink, daarom kan hy nie dadelik antwoord en alles moet hy lees van n papier….want Tel kan hy ook nie!!!
Maar eending my GOD slaap nie, hy wat Zuma en sy onderdane gaan hard gestraf word gee hom tou hy hang homself!
Net jammer mense moet eers ly daaronder.
hoe se die Bybel, nasie gaan teen mekaar baklei en broer teen broer! en het al begin almal word uitgemoor.
Vra Botswana se President om te kom orde skep in SA!!!
By hulle is die doodstraf nog in, en in daai land gaan dit baie beter as in ZIM of SA.

pj ·

Gelukkig is my geloof standvastig is ons Vader Jesus Christus, dis nou die tyd dat mense moet begin draai na ons Vader om die situasie te red vir almal in Afrika.

marous ·

Viva ANC ! Viva DA! Viva Seunse Weenkoor! Viva ou Pienkes ! Viva omie met die worst 4×4 by far!

Piet ·

Nic as hy maar net std 6 gehad het hy het net die helfte daarvan behaal met sy std 3 sertifikaat die Vader in die hemel weet hoe hy daarby uitgekom het hy sing mos vryheids liedere soos bring terug my masjiengeweer en wil boere se grond van hulle afvat sonder vergoeding hy is in vir een helse verassing weet nie wat se gevolge dit gaan bring n std3 sertifikaat kan nie besluite maak nie dit is katastrofies siestog arme ongeletterde siel om so deur die guptas aan jou neus gelei te word dan is jy maar om en dom hy moet nou sy 783 klagtes nou face en tronk toe gaan dan is die land ontslae van hom en gooi die sleutel in die see

AP ·

Ja diktator het deurnag hard gewerk , hy het weer sy sin gekry , ek hoop hy verdwyn ook nou

Hannelie ·

Immigrasie is ons almal se voorland….want met die besluite wat in die parlement deesdae geneem word, is ons besig om ons dinges te sien. Here help ons asseblief!

Alida ·

Met st 3 en bykans 800 aanklagtes teen hom dompel hy 60 miljoen mense en hulle land in die rioolput. Wel gedaan jou NAR.

Gerda ·

Al wat alles gaan red as iemand ‘n Tshafendas op Zuma trek

Johan Likkewaan ·

Ek dink Zuma weet hy gaan toegesluit word as hy nie meer president is nie…

SUSAN ·

Wys Zuma, die Guptas en die Chinese ons wie is baas in hierdie land.

Lyk my hulle is slimmer as almal in hierdie land. Veral slimmer as die mense wat vir hom gestem het.

Lang Faan ·

Ek het 2 dinge bedink oor 22 April en oom Angus se biddag, wat ek terloops ondersteun het maar nou weet ek nie meer nie. 1.) Dat dit die wegraping gaan wees, maar nie die ware wegraping nie. 2.) Dat dit in die 13 dae tydperk van Baäl se fees val (19 April tot 1 Mei) waar menslike offerandes aan Baäl gebring word d.m.v. vuur.

Francie ·

Eintlik geen verassong nie. Kom ons hoop manne soos Ramaposa en ander draadsitters doen wat hulle al lankal moes doen.
‘n Mosie van wantroue in die parlement sal net deurgaan as hulle ‘n geheime stemming hou. Probleem is, hulle het almal geraamtes in die kas , die res ry te lekker op die soustrein.

Francie ·

Ai Faan, ons sal nie weet nie. Ek voel my net ‘n dringendheid om daar te wees. En as jy twyfel moet jy juis gaan en jou antwoord daar gaan kry. Glo dit. Alles gaan nie sommer na jou toe kom nie. Thomas het getwyfel, maar hy was steeds by die ander, en Jesus het hom spesifiek daar ontmoet.

Groot fout ·

Groot fout Zuma, hiermee het jy werklik jou onbevoegdheid bewys, jy grawe self jou gate en val self daarin, jy kan nie eens iemand blameer nie. Werklik die swakste president in die geskiedenis nie net van SA nie, maar die hele Africa, die hele heelal!

maryann ·

Wees gerus, God slaap nie en hy sal vir sy kinders sorg. hou net aan met bid en glo.
Die narre – Zuma, Guptas en Chinese dink hulle is slim hul is net slinks maar glo my daar gaan nou ‘n klomp waarheid uitkom – Hoekom kan Cyril Ramaposa nie instap en hom onthef soos hy met Mbeki gedoen het nie. Hoekom moet ons wag vir rampe en bloedbaddens.

Jessie ·

Grootste fout wat ZUMA en die ANC en die besluitnemers nog ooit kon maak. Maar ja Zuma soek PUPPETS as ministers dat hy kan doen wat hy wil en hulle net wegkyk. Hy is so ‘huge’ niemand bring hom af grond toe nie, en die EFF en DA njap njap ook net .. daar gebeur nie veel nie. Los tog maar die petisies op sosiale media, dit het NIKS gehelp nie. Ons al nou groter kanonne moet inroep .. hulp van die buiteland, dit is duidelik niemand in SA kan Zuma onderkry nie ..

Frans C ·

Daar is teveel Christene in hierdie land wat bid dat God moet inmeng in die politiek van die land.Dit is egter nie waaroor dit gaan nie. God het nie ingemeng toe die Jode in ballingskap weggevoer is nie.Ook nie toe die Romeine oor Israel regeer het nie.

Ons moet nie geloof en politiek op dieselfde vlak plaas nie. Wat moet gebeur is dat die bevolking beter ingelig moet word oor hoe die ekonomie funksioneer en hoe die regering ‘n klimaat moet skep deur wetgewing ens om dit te bewerkstellig.

JdT ·

Frans, jy kan ‘n donkie na die water toe lei, maar jy kan hom nie maak drink nie.

Johan ·

Gordan Moe’s loop want hy het Zuma se geld kraan toe gedraai

Marius ·

Ramaposa is net bek en geen binnegoed nie. Nee wat ek vertrou nie een van hulle nie. Hou maar verby. Ek vertrou op die Here in my geloof. Alles sal nog regkom maar nie nou al nie. Ons gaan eers baie swaarkry totdat ons almal die knie voor die Here buig.

Stefaans ·

En wat se FW ,Pikkie en al die slim manne van die verlede nou Is dit nie voor die ja/nee referendum voorspel deur die verkramptes nie ?

Oudliberaal ·

Ja die konservatiewes was toe al die tyd reg. Ek is jammer vir elke woord wat ek teen die konservatiewes gesê het. Ek was toe verkeerd, dis net jammer ek besef dit nou eers. Jammer aan alle regses. FW jy het ons in n hinderlaag gelei.

Chris Ws ·

zuma Moes ge-fire gewees het nie Gordhan nie!zuma Bevark ons land se ekonomie deeglik.Hy is by verre die swakste president of staatshoof wat hierdie land nog gehad het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.