Pretoria-onluste woed voort; weermag dalk ontplooi

Ramokgopa spreek inwoners toe. Foto: ANA

Ramokgopa spreek inwoners toe. Foto: ANA

Massabetogings woed steeds voort in en om groot dele van Pretoria, glo weens ontevredenheid oor die ANC se burgemeesterskandidaat vir die Tshwane-metrogebied.

Die ANC het Maandag aangekondig dat Thoko Didiza die party se burgemeesterskandidaat in Tshwane vir die komende munisipale verkiesing sal wees. Kgosientso Ramokgopa, die huidige burgemeester, asook sy adjunk-streeksvoorsitter, Mapiti Matsena, sal dus nie weer verkiesbaar wees nie.

Die besluit het massabetogings in townships in en om Pretoria tot gevolg gehad. Geweld het op verskeie plekke uitgebreek en eiendom is vernietig. Die betogings het ook met plundery gepaardgegaan.

Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula, minister van verdediging, gaan Dinsdagmiddag om 16:00 die media toespreek oor die onluste. Dit laat die vermoede ontstaan dat die weermag moontlik ontplooi kan word.

Ramokgopa sou ook die media toespreek maar dié mediakonferensie is intussen gekanselleer. Ramokgopa vergader tans met gemeenskapslede in Atteridgeville. Verskeie ander ANC-leiers is ook teenwoordig.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het vroeër in ʼn verklaring gesê ʼn spesiale krisissentrum is op die been gebring om die onrus te hanteer. Alle polisielede in die stad, asook dié wat van diens af is, is ontplooi in Arcadia, Mamelodi, Soshanguve, Atteridgeville en in die weste van Pretoria. Lede van die SAPD-hoofkantoor is ook ontplooi om met die polisiëring te help.

Die situasie in Atteridgeville. Foto: ANA

Die situasie in Atteridgeville. Foto: ANA

In die Pretoriase middestad is talle winkels gesluit uit vrees vir plunderaars. Blessing Manale, burgemeesterswoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die BKS-gebou in Pretoriusstraat, Isivuno-huis in Lilian Ngoyistraat en die burgemeester se kantore in Centurion is as voorsorgmaatreël ontruim.

Die situasie is steeds gespanne in die weste van Pretoria waar betogers in Van der Hoffweg bedrywig is. Die Daspoort-tonnel is vroeër gesluit nadat dit met brandende bande versper is. Die R80 in Pretoria-Noord is vanaf Britsweg ook deur betogers afgesper.

ʼn Bus is vroeër vanoggend in Atteridgeville naby die Kalafong-hospitaal aan die brand gesteek. Seeiso-, Maunde- en Khozastraat is deur betogers versper. Betogers het ook amok gemaak by WF Nkomo- en Kalafongweg.

Die situasie in Hercules, wes van Pretoria. Foto: Twitter

Die situasie in Hercules, wes van Pretoria. Foto: Twitter

In Soshanguve is talle uitgebrande vragmotor- en motorwrakke sigbaar. Talle winkels, waaronder die van buitelanders, is geplunder. Die Soshanguve Crossing Mall in Ruth First- en Aubrey Matlalastraat het volgens berigte sy deure gesluit uit vrees vir plunderaars. Betogers maak ook amok in Stinkwater tussen Soshanguve en Hammanskraal.

Die Bakwena N1/N4-tolstelsel het op Twitter gesê die N1-noord tussen Pumulani en Carousel is oop en veilig om te gebruik. “Die N1-suid is ook oop en veilig.”

In Mamelodi is glo meer as 20 busse Maandagaand aan die brand gesteek. Busse en vragmotors word nou glo deur die polisie uit die gebied begelei. Betogers is volgens berigte egter steeds besig om amok te maak terwyl polisiehelikopters in die lug waargeneem is. Die Denneboom-winkelsentrum en Denlyn Mall het ook onder plunderaars deurgeloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Kosie ·

Is dit demokrasie?
Of wat sou julle die soort gedrag noem?
Ek se as jy nie saam stem met wat jou party doen nie stem vir enige opposisie. nie waar nie?

Nou Toe Nou ·

Sê ek ook mos, as jy nie tevrede is nie stem vir iemand anders. Dit is waaragtig nie so moeilik nie.

vierkleur ·

Nee, dit is terrorisme. hoe wens ek dit was nog voor 1994,dan was dit al lankal uit gesort

Monique ·

Daar was gesê dat hulle tevrede was met n kandidaat wat in die “lead” was – toe het hulle n ander kandidaat (waarmee hulle ontevrede is) voor die ander geplaas was.

Alta ·

Dis n skande dat Pretoria so verwoes word en dat hulle in massas net maak soos hulle wil. Waarom word hulle nie gestraf en toegesluit nie. Hulle wil net hê maar verwoes alles om hulle. Brand busse en môre kla hulle dat daar nie vervoer is nie of vervoer tariewe styg. Alles omdat hulle is waar hulle nie kan inpas nie. Hierdie land word verwoes deur persone wat aan niks gewoond is nie.

S ·

Nee, ek dink die sogenaamde reënboognasie het nou vir ‘n bol wind gegaan, deur dieselfde mense wat dit destyds in SA inge-toi-toi het. ‘n Zulu kom krap nou in die slaai van die Khosa of die Noord-sotho en hulle sit nie langs een vuur nie! Soos ons altyd gesê het: trap oor hierdie lyn en jy trap op my ouma…….! Ouma is nou raakgetrap!

cobusp ·

Die storie gaan het nog n giftige stert aan…………….sal nie verbaas wees as die rook en as gaan le het nie APPARTHEID die skuld gaan kry………………..

Grensvegter ·

Lesotho se weermag. Hulle is spanne beter as die huidige SA weermag.

Lizel smit ·

ons is 6 weke weg van verkiesing en dit gaan nou al so, ai ai

Pieter ·

Moet net nie vergeet nie, dat dit nie-belastingbetalers of karige betalers is , wat die getroue belastingbetaler se geld verwoes. Dit is nou die tyd om n algehele weiering van die betaling van belasting , munisipaal sowel as nasionaal, uit te roep. Waarom moet die wie die minste of kleinste , se in die regering van die land het , alles net betaal wat daagliks verwoes word.

Ben ·

Ek stem 200% saam. Hierdie mense is 10 teen een werkloses wat aangesê word deur die huidige burgemeester om te plunder. Tipies ANC styl. Dis ook dieselfde werklose hordes wat in die toue gaan staan en weer vir die ANC stem. ‘n Regte Mafia bewind is aan die gang in SA en almal se hande is afgekap. Daar is GEEN werklike demokrasie nie.

Poplap ·

My magtig mense het julle dan nie gehoor dis die “insurgents” wat die moeilikheid veroorsaak. Dis tog glad nie die saggeaarde law abiding ANC kiesers wat sulke dade pleeg nie. PULL ANOTHER ONE PLEASE THIS ONE HAS BEEN STRETCHED OUT FROM HERE TO KINGDOM COME

Apie ·

Hierdie kaders ken niks anders as afbreek en verwoes nie. Wat nog te se van n ander politieke party!!!! Hulle soek allerhande redes om hulle nasionale sport te beoefen.

Schalk ·

Kan iemand dalk se van watter weermag hier gepraat word? Brand nou die land af en kry klaar!!!! Wat dink julle gaan gebeur as die DA moet oorvat, watter chaos gaan dit nie afgee nie. Ek is jammer, maar ek sien nie lig in hierdie donker tonnel nie.

Liewe heksie ·

Hul weer in volle glorie aan die gang nou in van der Hoff weg hul kom in massas af dit was hul keuse om anc te stem maar nou moet ons daarvoor rekenskap gee gespuis hul split en maak dit baie moeilik vir ons sektor en polisie om te beheer nogals scary om als om jou te hoor en magteloos te sit

vierkleur ·

Ek stel voor dat almal wat wetige vuurwapens het, dit van nou af maar saam vat werk toe,
ingeval jy dit dalk sal nodig kry vir die terroriste.
Die polisie sal jou nie help nie,so jy sal maar jouself moet verdedig.

lizel smit ·

wees asb net versigtig hulle gee mos vandag nie om oor lewens nie, verwoes als wat voorkom
waar in van der Hoff is hulle?

Schalk ·

Stem saam vierkleur. Die handjie vol wat nog wapens het nadat hulle mos in toue gaan staan het om oor te gee. Nou sit hulle magteloos, oorgegee aan die barbaarse geweld.

John ·

Wanneer gaan ons nie meer beeldmateriaal of nuus oor brandpunte kry nie? Hoe sal mense dan weet watter gebiede om te vermy? Snelwee maak dit moeilik vir mense om om te draai indien hulle skielik op moeilikheidmakers afkom. Wie gaan dan die skuld kry en onkoste dra as die publiek beserings opdoen of hul voertuie afgeskryf word? Die grooootbaas van die SABC?

Poplap ·

Die minister se ons word ‘n rat voor die oefening gedraai daar is geen probleem nie so SABC sal niks uitsaai nie. Ironies genoeg weier die SABC juis om enige geweld uit te saai want dit moedig geweld aan.

Zet ·

Dit gaan my verstand te bowe dat men’s plunder omdat iets nie na jou sin is nie. So dink belastinggelde moet aan Solidariteit oorbetaal word en in spesiale rekening gehou word. Laat die sondebokke eers self alles regmaak en voor betaal. Genoeg is darem nou genoeg.

Plaasjapie ·

Ek stem saam. Kan nogal dink as dit nou só gaan, dat hierdie klomp nooit sal aanvaar as ‘n ander party die verkiesing wen nie. Afrika “demokrasie” : die geld wat jy nie steel nie, die mors jy. En wee die een wat probeer om jou speelding weg te vat.

Tim ·

Ek glo die jonger generasie moet hulle dinge in orde kry en emmigreer. Hierdie is nou net nog ‘n Afrika land, nie meer Suid-Afrika die uitskieter nie.

Incogniteo ·

Dit kan bloot toevallig wees, maar in my agterkop wonder ek hoekom die sabc ‘n kort rukkie gelede besluit het om nie die verwoesting uit te saai nie. Die rede hoekom ek wonder ……. kyk op ‘n padkaart waar die brandpunte is. Die meeste van hulle is strategies om hoofroetes af te sper. So iets gebeur nie sporadies nie. Dit lyk of dit alles beplan is. Nou wonder ek of die sabc dalk nie deel van die plan is nie…………..

Sus ·

Ek dink ook baie hooggeplaastes het geweet van wat kom. Darem net te toevallig dat die perd van SABC net ‘n week tevore met die ‘good news policy’ vorendag gekom het!

Lh ·

O heng, lmga, as SAW ingebring word sal selfs die mense by Harties moet begin platval.

Louis ·

Demokrasie beteken die nasie regeer. Indien dié nie tevrede is met ‘n kandidaat nie, behoort die regering te luister.
Demokrasie met 1 president is normaal. Wat van die 5 koningshuise in SA . Is dit demokrasie?

rr ·

Hulle grawe n gat vir hul self. Hoe dieper hoe beter. Nou kan die wêreld sien wat hul werklik is. Niemand sal in so ń land wil belê nie.

Varkie ·

As ek nie 12 ure n dag gewerk het en dood moeg en honger by die huis aangekom het nie sou ek ook deelgeneem het aan dit. Ek kan net in dink hoe gatvol is hulle vir die swak diensliewering, weet julle dat daar mense vir 8 ure moet wag vir hernuwing van pille by n staatshospitaal ? Not to mention as jy jou lisensie gaan hernu nie… maar ja ai ek dink nie dit gaan help om te brand nie.. brand liewer hul kantore af as iets moet brand

Esmay ·

Dink net as die anc die verkiesing in Gauteng moet verloor !!! Hierdie is maar net n voorsmakie en oefening vir wat nog gaan gebeur !!!

Elizabeth ·

Ai julle ouens daar onder – sterkte, bid vir julle.
Dinge begin hier in Namibia ook kop uitsteek, veral die ‘Must Fall’-koors.

Sus ·

Ek dink die VSA is heel in hulle skik met die gemors! Dit hét hulle heelparty dollar gekos ……waarmee Julias Malema vannaand lekker eet en drink. Saam met rommelstatus is dit die einde van die voorgestelde BRICS bank, en die VSA hoú daarvan. En die lyke………neewat die VSA is gewoond om om te draai en weg te stap van die gemors wat hulle agterlos sonder om ‘n oog te knip!

Johan ·

Hahaha. Die ANC het die gedierte geskep en grootgemaak en nou draai hy weer om en byt hom in die gesig.

Jan maak n Plan ·

Dis nogal n ding dat die deurligte burgmeester die volk toespreek met n gewapende veilgheids wag by hom. Lyk my hy vertrou sy eie mense nie eers nie.

Pietskiet ·

Kyk een ding kan ons weet werk skepping sal daar wees die ouens maak seker hulle brand alles af

Sus ·

Wel ek kan dink hulle is terug op hulle se voete gehelp……daper en stapper werktoe!

Karin Allen ·

Ag herder weet julle as ek dink daar is hoop vir ons land, breek hulle, die agtergeblewenes, weer alles af, ek sien glad nie lig aan die einde van hierdie tonnel nie.

Uiltjie ·

Incogniteo, Jy het dalk n punt beet… so ook die witmens stelery daar bo in Limpopo. Daar’s rerig n patroon.

Etienne ·

My voorspelling dat, Orania ‘n bevolkingsontploffing gaan beleef in die volgende vyf jaar gaan vroeer bewaarheid gaan word …….

Lizl ·

En nou word alles na hartelus vernietig, maar oor n paar maande moet ons almal weer opdok en barmhartig wees om geld in te samel vir al die kinders wat nie skool geboue het nie, al die eiendom wat vernietig is ens. Ons het n generasie geskep wat vernietig soos die emosies hoogloop, en dan baie gemaklik weer kom geld eis om op te bou – geld wat die paartjies wat belasting betaal, gewoonlik moet opdok!

George Pelser ·

Hoe kan mens anders as om te lag vir die patetiese spul.Bou nou ‘n nasie met die klomp.Hulle ingesteltheid is meer om af te breek. Ek sien ongelukkig nie veel van ‘n toekoms vir die land teen die trant nie en ek is seker meeste beleggers ook nie. Die totale afwesigheid van sterk leierskap in die geval is skokkend om die minste te se.

FRED ·

Soos die engels man se: Give the devil his due. Een ding wat ek moet se van Zuma, hy is altyd goed gemanierd. Kyk nou in die Parlement as die EFF so aangaan, sal hy maar net sit en luister, maar ” at least” gedra hy hom soos n gerispekteerde staatshoof. Ek se nie hy het fout nie, maar darem gemanierd. Hy saai nie verwoesting of gedra hom soos n paluka nie. Almal het foute, maar daardie eer kom hom toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.