Prokureur hoor oor borgtog ná skietery op plaas

Argieffoto (StevePB, Pixabay)

Uitspraak is Dinsdag gelewer in die borgtogaansoek van die vooraanstaande prokureur wat daarvan beskuldig word dat hy vier werkers verlede week op die Zebediela-sitrusplaas geskiet het.

Tumi Mokoena, wat onder andere die EFF-leier, Julius Malema, verteenwoordig, het in die Lebowakgomo-landdroshof in Limpopo verskyn op vier aanklagte van poging tot moord.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Mokoena is borgtog van R10 000 toegestaan en die saak is tot 25 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek.

Mokoena is Vrydag by sy kantoor in Polokwane in hegtenis geneem ná ʼn skietvoorval vroeër die dag op die sitrusplaas, waarvan hy ʼn direkteur is.

Maroela Media het vroeër berig Mokoena het met werkers vergader toe konflik glo ontstaan het. Hy het na bewering ʼn vuurwapen uitgepluk en lukraak op die werkers geskiet toe hulle oproerig geraak het.

Vier mense, onderskeidelik 32, 38, 50 en 52 jaar oud, is gewond. Makoena het onmiddellik ná die skietery in sy voertuig gespring en gevlug.

Die Zebediela-sitrusplaas was eens op ʼn tyd ʼn reuse-sitrusprodusent, maar het finansiële probleme begin ervaar sedert dit in 2003 ná ʼn grondeisproses aan die plaaslike gemeenskap oorhandig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Ali ·

Lekker man lekker. Van spog plaas na …..ummmmm wel klink soos … na niks.

Afrikaanse Knaap ·

Wys jou net die manne wil vir geen man werk nie.
“We want jobs not work”.

Willa ·

We want, we want, we want!! We want everything for free!!!!

marous ·

Wat se skedule misdryf is dit? Gaan die saak hoogeregshof toe verwys word? Was daar betogings by die hof? Was daar plekke afgebrand?

Martins ·

Ek dag dis n blanke boer, gan intresant wees om te sien hoe hard die gereg hom slaan.

zoom zoom ·

As dit ‘n witte was was limpopo in vlamme gehul en borhtog was mie toegestaan.

Theresa B ·

Ek stem Ali. En dit gaan met alle plase so gaan wat “teruggevat” word (aangesien ons dit by hulle net gevat het). Van boerdery en kos op ons borde gaan een van die dae minder as niks oorwees nie.

Okay ·

As dit n blanke prokureur was sou hy nie borg gekry het nie…daar sou oproer voor hof gewees het…dit sou n rasse aangeleentheid gewees het..Huisgenoot sou 2 volblad artikel geplaas het..en die Spur sou hom verban het.

EJ ·

Hy kan links en regs skiet, dan kom hy weg met borg. Ja nee wat kan n mens se, maar as dit n wit man was het hy gesit en dan sal hulle se dis vir sy eie veiligheid. Maak my siek….

Annie ·

Stem saam met julle as dit ‘n wit man was het die land al klaar weer gebrand – en dit sou ook op elke nuus berig gewees het radio en tv – kyk wat het hulle gister in Benoni aangevang en daar was niks op die nuus gisteraand en ook niks vandag in Maroela Nuus nie. Maar hulle kan brand, klippe gooi, plekke beroof dis dood reg.

Scalla ·

Indien dit n blanke was wat geskiet het, is seker al die drankwinkels weer geplunder.

Tanya ·

Dit is wat gebeur as ‘n plaas, ‘n suksesvolle plaas, weggevat word van die boer en aan die gemeenskap gegee word. Ons was self slagoffers daarvan. Mens kyk toe hoe word alles waarvoor jy geleeg het van jou gevat en tot die grond vertrap.

Chilli ·

Hehe die borg geld gaan seker Malema toe haha wat n siek storie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.