Pta-man (60) in sy bed oorrompel tydens rooftog

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 60-jarige man van Erasmia in Pretoria is met ʼn mes in die gesig gesteek nadat drie verdagtes hom uit sy slaap wakker geskud en hom van waardevolle artikels beroof het.

Konst. Mandlakayise Zwane, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het in die vroeë oggendure vroeër vandeesweek plaasgevind.

“Die man het nog geslaap toe hy skielik deur die drie verdagtes, wat met messe gewapen was, wakker gemaak is. Hy is beveel om alle waardevolle goed aan hulle te gee en is toe deur een van die verdagtes met ʼn mes in die gesig gesteek,” sê Zwane.

Volgens hom het die verdagtes die huis geplunder. Die verdagtes is egter net weg met goed met ʼn geraamde waarde van R6 700, waaronder ʼn randsnyer en ʼn selfoon.

Zwane sê ʼn saak van huisroof word tans deur die polisie ondersoek. Die 60-jarige man se wond is nie kritiek nie.

Enigiemand met inligting word gevra om die Erasmia-polisie te kontak by 08600 10111 (misdaadnoodlyn).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hasie ·

Staan die deur oop, of het die kombuisingeneur iets hierheen te doen. Met ‘n mes gesteek, dis mos poging tot moord, definitief nie net huis braak nie.

Felicity ·

Wat help dit ons skakel die nood nommer…hulle staak mos. Wie gaan die oproep antwoord?????????????????

Michael ·

Met beter beskrywing van die aanvallers kan daar miskien gehelp word .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.