Pta-vrou weer geopereer ná weermaglid haar glo skiet

Carine van Staden en Johan Harmse. Foto: Via Facebook

Carine van Staden (28), ʼn inwoner van Pretoria wat glo ten aanskoue van haar verloofde deur ʼn lid van die weermag in haar bors geskiet is, moes ʼn operasie ondergaan om van bloed in haar linkerlong ontslae te probeer raak.

Johan van Staden, Carine se pa, het Woensdag aan Maroela Media gesê sy dogter is Vrydag in die George Mukhari-hospitaal geopereer.

“Sy is die oggend 07:00 teater toe en was teen 13:00 terug in die waakeenheid. Haar dokters het haar long oopgesny om bloed uit te suig met die hoop dat dit die probleem sal oplos, maar X-strale wys dat daar nog bloed is,” het Van Staden gesê.

Carine is Maandag ontslaan om by die huis aan te sterk. Sy moet weer op 2 Oktober teruggaan hospitaal toe vir opvolgtoetse. “As daar dan nog bloed in haar long is gaan sy weer geopereer moet word en dit sal ʼn groter operasie wees.”

Van Staden het gesê Carine ervaar steeds baie pyn, maar dat sy positief is en ʼn mens haar nie sal hoor kla nie.

Intussen moet die weermaglid wat by die voorval betrokke was op 5 Oktober in die Pretoria-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord. Hy is ná die skietvoorval, op 10 Augustus naby Wonderboom Junction, nie in hegtenis geneem nie.

Carine en haar verloofde, Johan Harmse (29), was dié dag omstreeks 18:00 van Daspoort, waar hulle woon, op Harmse se motorfiets op pad na vriende in Montana toe ʼn amptelike weermagvoertuig die motorfiets skrams getref het en weggery het. Die paartjie het hom agterna gesit en by ʼn verkeerslig voorgekeer, waarna hy Carine glo op ʼn kort afstand in haar linkerbors geskiet het. Die man het daarna glo ook sy vuurwapen op Harmse, wat nog op sy motorfiets was, gerig voordat die verkeerslig groen geword en hy weggery het.

Die weermaglid, vermoedelik ʼn motorbestuurder vir een van die generaals, het glo aan die Sinoville-polisie gesê hy het gemeen hy word gekaap.

Aanvanklik is ʼn klag van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn openbare gebied asook roekelose en nalatige bestuur teen die weermaglid aanhangig gemaak voordat hy op waarskuwing vrygelaat is. Die saak is intussen na poging tot moord verander en die man het vroeër vandeesmaand kennis van die Nasionale Vervolgingsgesag ontvang om in die hof te verskyn.

Van Staden het gesê al verskyn die man eers byna twee maande ná die voorval in hof, hoop en bid hulle dat die regstelsel regverdig sal optree en dat reg sal geskied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Haan ·

Ek verstaan nie die “glo” in talle van die MM opskrifte nie?
… weermaglid haar “glo” skiet
meisie gooi “glo” ander met kookwater

Hennetjie ·

Haantjie, my vrind, die “glo” kom van “na bewering” – die man het die dame ‘na bewering’ geskiet. Kyk, hy was nog nie in die hof nie (is nie eens behoorlik aangekla en in die tronk gesit sodat hy vir borgtog moes aansoek doen, soos ons gewone (lees: blanke) mense nie – hy’s mos van die ‘beskermde wild’ in die land) – nou is daar mos die ding van onskuldig tot skuldig bewys. Die media moet maar katvoet trap, want as hulle sou sê “die man wat die vrou geskiet het ….” spring hulle die reg voor en kan hulle ‘n siviele eis teen hulle kry.

De Villiers ·

Die blatante dubbele standaarde waarmee rasgedrewe sake in hierdie land hanteer word, is skreiend. En al die trauma wat sy moes deurmaak. As die rolle omgeruil was, was dit hoog rassisme, is die man onmiddellik gearresteer en sou een of ander minister haar lankal besoek het.

Haan ·

“glo”… Is die feit dat hy haar geskiet het nog nie bevestig nie of hoe??

Chris Ws ·

Ons gebede is met die vrou.Ongelukkig is die kanse skraal dat die skuldige regverdig verhoor gaan word omdat ons regstelsel nie onpartydig is nie.Hy gaan baie lig hiervan afkom.

Boet Fasie ·

As die weermag lid wit was, was hy toegesluit sonder die keuse van borg. Carine hy het jou geskiet met ‘n weermag vuurwapen terwyl hy ‘n weermag voertuig bestuur het, dagvaar die weermag ( staat ) vir jou mediese onkostes, pyn en lyding

Swart Piet ·

Boet Fasie ek stem 100% saam met jou. Carine kry vir jou absoluut dadelik die beste advokaat wat jy in die hande kan kry en dagvaar die daglig uit die weermag en die lid. As jy dit reg doen, hoef julle nooit weer te werk nie. Sterkte en word gou gesond.

Demi ·

Maak nie saak van swak regstelsel en onregverdigheid nie, laat God in jou lewe in beheer wees, vertrou op Hom Hy sal.jul krag gee vir wat voorle en saam daardeur gaan hartseer of vreugde. Vyand wil ons vreugde steel … moenie toelaat nie …

Jdp ·

Vra dit afriforum kon nie vinnig genoeg by die grace mugabe aanval betrokke raak nie

Jakes ·

Ek glo die weermaglid is skuldig , ek glo sy genl beskerm hom , ek glo die weermaglid sal moet boet op dieselfde wyse

Hennie ·

Weermag lid, kan julle dalk uitbrei of dit lugmag, leër, vloot of SAGD is?

Cornelius du Rand ·

Die kamerade is ook reeds die regters in die Howe. Al uitweg is gaan woon in n ander land. Witmense is lankal nie meer hier welkom nie.

anton ·

Ek stem 100% saam met jou Cornelius.
Om in die land te bly, gaan op die lange duur maar selfmoord wees.

Callie ·

Leer net. Feite, dan plaas hulle jou berig nie. Slegs as jy wit is kan jy soos doodskis manne en kfc manne die media se direkte berriggewing verwag. Die ander sal die media met GLO, VERMOEDELIK en BEWEER beskryf

Hennie ·

Dubbele standaarde sorg dat daar diskriminasie en haat gebou word tussen bevolkingsgroepe.

Ander Woord ·

Ons kan maar weet, as die woorde GLO,VERMOEDELIK EN BEWEER in n artikel is dan is die slagoffer 99% van die tyd n wit mens. As dit omgekeer was…… dan was dit HET

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.