R7 miljoen kontant by King Shaka-lughawe gevind

Kontant in die tasse wat op 7 Februarie 2016 by die King Shake-lughawe in Durban gevind is (Foto verskaf deur die SAID)

Kontant in die tasse wat op 7 Februarie 2016 by die King Shake-lughawe in Durban gevind is (Foto verskaf deur die SAID)

Doeanebeamptes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het Sondag ʼn besending van kontant ter waarde van R7 miljoen by King Shaka Internasionale Lughawe in Durban onderskep.

Dit is die lughawe se grootste klopjag vanjaar wat kontant betref.

“SAID-doeanebeamptes en ʼn bagasiehanteerder was agterdogtig oor drie tasse, wat vir die Emirates-vlug na Amman via Doebai geskeduleer is, maar uit die internasionale aankomssaal verwyder is,” het Sandile Memela, woordvoerder van die SAID, in ʼn verklaring gesê. “Toe hulle ondersoek instel, het hulle gehoor dat die eienaar van die bagasie ʼn verandering gemaak het aan die tasse se eindbestemming, sonder om dit by doeanebeamptes aan te meld. Die doeanebeamptes het gevolglik versoek dat die bagasie geskandeer word.”

Die geskandeerde beelde het daarop gewys dat daar nie enige klere of persoonlike items in die tasse was nie, maar Suid-Afrikaanse banknote ter waarde van R7 049 320-00.

“Die passasier en sy bagasie is aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens oorgegee vir moontlike kriminele vervolging,” het Memela bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Liewe Heksie ·

nou wie loop met soveel in sy/haar hansak rond of dalk betaling vir n aflewering?

Wat-ek-lees ·

Nie eers ‘n halfmiljoen amerikaanse dollar danksy die wanbestuur van S.A.
Werklik nie ‘n vonds om enige iets mee te befonds.

Wouter ·

Dis die geld wat Zuma wou betaal vir Nkandla. Daar is dit ook nou daarmee heen.

Gideon ·

Gee asb die waarde in pond odat ons bietjie kan lag oor bedrag wat gekonfiskeer is.

Karma ·

@Gideon: dis is £ 155 530 958.40 teen die huidige R/£ wisselkoers. Vir wie kan ek my bankbesonderhede gee, vir net so ‘n ou kléín deeltjie daarvan????

Berhalet Beukes ·

Ek sou graag wou weet hoe vinnig daardie geld gaan verdwyn…

BoereBikerBaby ·

Kan ek nie net een tas kry nie asb?

Die persoon was maar dom om veranderinge in die bestemming te maak want miskien sou hulle dan nie eens agterdogtig gewees het nie.

Dis seker Zuma wat van sy gelde wil wegsteek vir ‘n latere pensioen of iets.. Hoop Maroela gaan ons op hoogte hou waar die geld vandaan kom en hoekom dit sou land verlaat…

humor ·

Cheryl, Ja baie beslis . SA het n paradys vir vir hierdie misdaad geword. Altans vir alle misdaad.

Akram ·

Genugtig. Dalk het daai persoon net voorsiening gemaak vir die toekoms. hy het n GROOT beursie voor beplan……..

Freud ·

So, as ek nou reg verstaan, as hy dit EERS aangemeld het by doeane kon hy dit dan maar gehou het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.