Randburg-skietery: Stukwerker skiet egpaar

Dieter en Louisa Lubbe. Foto: Facebook

Dieter en Louisa Lubbe. Foto: Facebook

Louisa Lubbe (40) is Donderdagmiddag doodgeskiet en haar man, Dieter, ernstig gewond by hul huis in Randburg.

Gert Serfontein, Louisa se broer, het aan Maroela Media gesê Dieter, het Donderdagmiddag kort voor 15:00 ʼn stukwerker gaan oplaai om ʼn hekkie reg te maak by die gesin se huis in Witdoringweg in Sonneglans.

“Hulle het by die huis ingery en uit die motor geklim toe die werker ʼn vuurwapen uitgeruk het. My swaer het ook sy vuurwapen by hom gehad en ʼn skietgeveg het uitgebreek. Ons is nog nie seker wat presies hierna gebeur het nie maar my suster het êrens uit die huis gekom en is in die kop geskiet.”

Volgens Serfontein is Dieter in die skouer geskiet terwyl die werker verskeie kere geskiet is. “Dieter sal moontlik vandag reeds uit die hospitaal ontslaan word.” Hy word in die Netcare Olivedale-kliniek behandel.

Serfontein het gesê Dieter en Louisa se tweejarige seuntjie Luan was by die kleuterskool ten tyde van die voorval, terwyl Dieter se twee seuns uit ʼn vorige huwelik, by hul onderskeie hoërskole was. Stefan (14) is ʼn gr. 8-leerling aan die Hoërskool Linden. Die ander seun Gustav is 16 jaar oud.

“Ons is diep geraak deur die tragiese gebeure en hou Stefan, Dieter, Gustav, Luan, die res van die familie en vriende in ons gedagtes en gebede. Ons versoek dat die Linden-gemeenskap hande neem om ook hierdie gesin in dié traumatiese tyd by te staan. Hoërskool Linden sal ondersteuning aan die gesin bied. Die geweld in ons samelewing het ʼn verwoestende effek op gesinne en gemeenskappe,” het dr. Jordaan, hoof van Hoërskool Linden, gesê.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het vroeër gesê Louisa is op die toneel dood verklaar. Dieter en die werker is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg. Die stukwerker het kort na sy aankoms by die hospitaal aan sy wonde beswyk.

Ao. Karen Jacobs, woordvoerder van die polisie, kon sedert Vrydagoggend glad nie vir kommentaar bereik word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Ken ·

Jy kan onder geen omstandighede stukwerkers langs die pad oplaai en huis toe vat nie. Dis Suid Afrika, helse kans wat jy vat. Kry eerder iemand op aanbeveling wat jy weet betroubaar is. Baie tragies, en horrible dit moes so eindig vir hierdie egpaar……..

tamboti ·

Nee lees mooi, vrou was in die huis. Die rower wou natuurlik met sy wapen eers Dieter dwing om huis oop te maak en sodoende sy buit vergroot en nie besef Dieter is ook gewapen nie. Ek bespiegel ook maar moet nie die feite miskyk nie:
Die egpaar is by hul huis aangeval, nie die stukwerker by sy huis nie.
Wat maak stukwerker met die wapen?
Hy is opgelaai nie die egpaar nie!
Nou is dit mos nie moeilik om die situasie op te los nie.

Lucy ·

Ek is enkel mamma van twee dogters, 6 en 11 jaar oud. Noodgedwonge moet ek van tuindienste gebruik om eenkeer in twee weke gras te sny en erf skoon te maak, hoe weet mens of jy enige van die werkers kan vertrou? Ek het nie iemand wat ek kan vra om dit te doen nie, self het ek nie die toerusting om dit te doen nie. So ja, soms druk nood mens om van buite dienste gebruik te maak…

Cindy ·

Ek wil glo dat hierdie man nie regtig n stukwerker was nie, maar eerder n krimineel wat n kans gesien het en dit geneem het.
Dit is ongelukkig n gamble om sommer so enige ou van die straat af net op te laai en na jou huis te neem…. Hy sit heel moontlik net rond vir kwaadgeld… n ou wat daai tyd van di middag nog rondsit en werksoek moey al klaar n rooilig laat flikker…..
Kry maar n betroubare tuindienste of vra vir vriende om dalkies hul (betroubare) tuinhulp met jou te deel.

Lucy ·

Rion ek is woonagtig in Middelburg. Ek glo daar is baie mammas daar buite wat maar met dieselfde probleem as ek sit, moet mense soos tuindienste en selfs huiswerkers vertrou want ons maak ons kinders alleen groot…

Viv ·

Lucy, ek kan nie met jou saamstem nie. Ek is ook n enkelma. Ek werk voltyds, soms naweke en nagte ook. Ek maak self skoon, doen my tuin en sny my gras. Ek het n huiswerker gehad. Ons het twee inbrake na mekaar gehad. Ek het die huiswerker ontslaan. Ons het nog nooit weer inbrake gehad nie. Dit is gladnie onmoontlik om meeste goed self te doen nie, selfs as werkende enkelma. Oraloor die wereld werk miljoene vroue sonder huishulpe of tuiniers. Hoekom kan Suid Afrikaanse vroue dit nie regkry nie?

Delia ·

Lucy, ek gebruik tuindienste, dieselfde mpy, al vir amper 21 jaar. Soos die mense ouer word en aftree, kom jongeres by. Dit is ‘n besigheid wat deur swart mense besit word, en hulle sal NIE na hulle klaar is ry, voordat hulle seker is my elektriese hek is stewig toe nie. Ek vertrou hulle absoluut!

is stewing toe nie.

Gesiggie ·

Lucy… ja ongelukkig is party nie so gelukkig soos ander Bv: nou Rion se vraag? waar is jy woonagtig? Uit die goedjeid van sy hart het die man gebruik gemaak van n stukwerker, maar nooit gedink dat dit in so iets sal ontaard? dit is hartseer…

Flippie ·

Al ons moennies en moets, waarskuwings en betigtinge, jammer wees en paraat wees beteken niks, absoluut niks. Daar is iemand dood, iemand se dogter, ma, vrou, vriendin, niggie. Trane , verdriet, hartseer, woede, verlange en rou kom na die tyd.

Hierdie kultuur van moordadigheid is uit en uit die regering se skuld. Nie net die belaglike wapen wet, die absolute waardelose polisie diens en oor die algemeen wetteloosheid nie Nie net oor die hopelose ekonomiese leiding (lyding), wat mense arm maak, nie MAAR die regering se agressie, wat ongegronde haat en wrewel teen die blankes opgeblaas word en die bevolking opsweep tot massa histerie wat lei tot die vergoeiliking van die gruweldade.

Dit is die ANC regime wat hier voor moet pa staan. Iemand moet iewers die regering as in die beskuldigingsbank plaas vir die wandade en gru-moord teen wirmense.

Ken ·

Stem 100% saam jou Flippie. Slaan die spyker op die kop. Siende dat hierdie moorde en kriminele aktiwiteite in direkte teenstand met ons Grondwet is, moet die ANC begin pa staan in die howe.

Tiger ·

Ons simpatie is met die naasbestaandes van Mev.Lubbe en wens haar man alle sterkte en ‘n spoedige herstel toe.
Daar is nie so ding soos “betroubare” arbeiders nie.Jammer .Waar dit enigsins moontlik is MOET mens niemand indiens neem nie.Sou tuindienste die enigste uitweg wees sluit jouself en gesinslede IN die huis toe tot hulle weg is EN hou jou vuurwapen IN JOU HAND en as jy nie ‘n vuurwapen het om vas te hou nie ,dan jou selfoon!

pop ·

Flippie jy is natuurlik reg, iemand moet hierdie regering hof toe sleep. Hulle moet die landsburgers beskerm. Sodra hulle mooet begin opdok vir mense se geliefdes wat dood is sal daar baie gou planne kom om die dood en misdaad te stop.

christine ·

Natuurlik n buitelander die mense wat so sit hulle steel n teelsnyer se dan hulle kan teel sit dit langs hulle neer of n verfroller die mense kan glad nie vir julle verstaan nie

Joel Voges ·

Baie hartseer. Baie sterkte in hierdie tyd. Innige simpatie

Keelvol ·

Dit is hoekom werkloosheid die hoogte inskied.
Dan se hulle dit is apartheid se skuld!!!
My hart gaan uit na haar kinders, familie en vriede

Grap ·

Wie laai nog werkers by die straat hoeke op in Suid-Afrika in 2016….ek kan dit nie glo nie soos my ouma altyd gesê het ek weet nie of ek moet lag of huil nie

anita carstens ·

enige persoon wat in hierdie tye waarin ons leef nog stukwerkers oplaai wat jy van geen kant af ken nie soek moeilikheid. Ons leef in n tyd wat daar geen respek vir mense lewens of besittings is nie. Die barbaarsheid en wreedheid waarmee mense net afgemaai word is niks anders as n genocide nie….

Laura ·

Janine en Viv, hoe vervelig is dit dat julle Lucy wat alleen na haar twee dogters kyk so sleg maak. Ons is BAIE bly dat julle twee julle eie gras sny. Maar vir van ons is dit net benede ons. Ek is 58kg, 1.6kg, en ekt al probeer gras sny, en kon nie. En weet julle wat, ek hoef nie, want ek is ‘n VROU. Gelukkig is die man en vrou geskape, en as jy alleen is, kry tuindienste. Dit is wragtig nie ‘n vrou se werk!!!

Viv ·

Laura, niemand maak Lucy sleg nie – dit gaan hier oor veiligheid. As jy dit vervelig vind, is dit jou probleem. En weet jy wat, daar is nie werklik werke wat net vir mans of vrouens is nie. Dit hang net af of mens bereid is om bietjie moeite in te sit. En of jou kinders se veiligheid vir jou belangrik genoeg is om nie te se ” dis nie my werk nie”. Jy se dis “benede” jou om gras te sny. Nou ja, ek kan nie daaroor argumenteer nie – ek het nog nooit gedink enige werk is benede my nie.
But to each his own.

Boerin ·

Liewe Laura
Dit hang af of jy wil of nie! Ek weeg ook 58kg – soms nog minder. Ek werk op n plaas. Ek dra 50kg voersakke rond. Meng sout, doen alles alleen, want daar is niemand wat saam met my werk nie. Die laaste een wat ek gekry het om my te help gate grawe om hoek- en trekpale te plant, het na 5maande twee verse in strikke ingejaag en geslag!!! Oefen en leer om dit self te doen, as jy wil, kan jy!!!

Grap ·

Maar gelyke regte die soek ons anders word daar teen ons gediskrimineer???

Lucy ·

Laura, baie dankie. Die dames wat so gou is om kommentaar te lewer dat ek self my gras moet sny, julle ken nie die omstandighede nie, weet nie watse ure ek werk en hoe bitter min die tyd is wat ek het saam met my 2 dogters nie. En aan die ander kant, die tuindienste wat ek ondersteun het ‘n blanke eienaar wat weens ‘n werk besering nie meer kan werk nie, dus is dit sy manier om ‘n inkomste te kry en vir sy familie te kan voorsien.

Dink net bietjie verder voor daar kommentaar gelewer word oor iemand se omstandighede, dis nie te veel gevra nie is dit…

Johann Marx ·

Hierdie egpaar het heel moontlik gewerk en belasting betaal aan die regering. Hulle belasting word gebruik om die polisie te betaal. As ‘n krimineel gevang word, word hulle belasting gebruik om sy “gratis” regshulp te betaal. As hy beseer word, word hulle belasting gebruik om sy mediese kostes te dek. En as hy tronkstraf kry, word hulle belasting gebruik om hom daar te onderhou. Ongelukkig is Mev Lubbe nou oorlede….en wat gaan haar man kry? ‘n Rekening van die staat vir Boedelbelasting. Dis tyd dat die regering van die dag mense wat sterf as gevolg van misdaad se boedels kwytskeld van enige vorm van belasting. Hulle naasbestaandes behoort ook nooit weer ‘n sent belasting te betaal nie…aangesien die staat hulle gefaal het. As die regering ‘n aanspraak wil maak op my boedelbelasting, moet hy my lewe beskerm totdat dit op ‘n natuurlike wyse tot ‘n einde kom. As ‘n krimineel my lewe be-eindig, verbeur die staat sy aanspraak op boedelbelasting.

Koos ·

Moeilikheid soek om die hoeksiters werk te gee hulle stel nie belang om te werk nie soos in die voorval bewys word wanneer gaan ons ou volkie leer

Frans ·

Ni een van my werkers weet wa ek bly ni jy kan ni een vertrou ni

ig ·

Ek maak somtyds gebruik van dagloners wat ek by Sitbokvlakte gaan haal.Eerste vraag is waar is Jou ID?Dan neem Ek n foto en stuur dadelik na my epos.Dan eers begin die onderhandeling.Gou word die kaf van die koring geskei.geen waarborg nie maar gou
val n paar uit die bus.

Glashuis ·

Aan almal wat so lekker in glashuise bly en komentaar lewer… As jy wonder foute is, tel die KLIP OP EN GOOI DIT! Die vrou het saammet my man gewerk. Hulle was desperast vir hulp.
R.I.V.

Marisa Muller ·

Dit is absoluut tragies en hartseer dat n geleentheid wat hulle vir iemand geggee het om n werk te verrig en sodoende n bord kos of iets anders te bekom haar lewe en amper syne gekos het. My werks kollega het haar baie goed geken en volgens haar was sy n voorwaardige leier en sterk mens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.