Reën vir Wes-Kaap voorspel

Foto: Pixabay

Goeie reën word oor die volgende dae vir die Wes-Kaap voorspel. Só blyk dit uit die langtermyn-voorspelling van die Noorweegse weerdiens.

Komende Woensdag word meer as 30 mm vir die Paarl voorspel, terwyl daar van Vrydag tot Saterdag na verwagting sowat 70 mm sal uitsak.

Dié verwagte reën sal met ligte tot matige wind gepaardgaan, aldus die voorspelling, hoewel die temperature aan die kouerige kant sal wees.

Heelwat minder reën word egter vir Worcester voorspel.

Kaapstad kan Woensdag minder as 10 mm wagte wees, terwyl sowat 23 mm Vrydag verwag kan word.

Stellenbosch kan Woensdag sowat 25 mm verwag, en van Vrydag tot Saterdag sowat 60 mm.

Die bolope van die Eersterivier wat deur Stellenbosch vloei is met ’n tonnel aan die Theewaterskloofdam verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Vicky ·

So kom alles op sy tyd, nie ons tyd maar die Here se tyd. ?

Boerseun ·

Die reënpatroon regoor die wêreld en ook Suid-Afrika is vir die afgelope paar eeue dieselfde en word beheer deur natuurlike prosesse. Geen bonatuurlike krag is daarvoor nodig nie.

Pieter ·

En waar kom jou reen vandaan boerseun, wie beheer die natuur? Dalk Jy?

Ben ·

Boerseun…glo nie jy weet waarvan jy praat nie..Pieter jy is reg wonder wie beheer sy natuurlike prosesse?

jaco ·

Het regstellende aksie ons eie weerdiens nou dan reeds SO ERG opgemors dat die Noorweegse weerdiens ons weer moet voorspel???

Gideon ·

Ja nee….’n gesoute boer sal nie so praat nie…..hy sou weet dat enige proses op hier aarde as gevolg van God se wil is….. Bid eerder boerseun en wees dankbaar vir die prosesse in jou lewe….voor God jou dwing om nederig te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.