Regering ken R17 miljard toe vir studiebefondsing

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die regering sal ʼn bykomende R17.9 miljard oor die volgende drie jaar aan befondsing van hoër onderwys toeken, het die Nasionale Tesourie Woensdag gesê.

R5.6 miljard is vroeër by die begroting vir universiteitstoelae gevoeg om die 0%-fooiverhogings van 2016 te befonds.

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het Woensdagmiddag tydens sy mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement aangekondig die regering sal die fooiverhoging vir 2017 by hoëronderwysinstellings befonds tot ʼn maksimum van 8%, slegs vir studente uit huishoudings wat minder as R600 000 per jaar verdien.

Die tesourie het in ʼn verklaring oor die MTBR gesê die studente se #FeesMustFall-veldtog het die kwessie van onderwysbefondsing beklemtoon in die debat oor regeringsbeleid en dit het welkome voorstelle uitgelok oor hoe om tersiêre onderrig te befonds.

Volgens die tesourie het die besteding op na-skoolse onderrig en opleiding oor die afgelope vyf jaar baie vinniger gegroei as ander begrotings, wat die regering in ʼn moeilike posisie plaas. Hoewel die befondsing van tersiêre onderrig een van die regering se prioriteite is, beklee dit steeds ʼn vierde plek op die prioriteitslys, ná basiese onderwys, gesondheid en verdediging, openbare orde en veiligheid.

Die tesourie verwag besteding op tersiêre onderrig en opleiding sal teen 2019 met 9.2% styg. Die toewysing vir hoër onderwys het gestyg van 1% van die BBP in 2008, tot 1.5% vandag. Die meerderheid van hierdie styging is egter tot voordeel van kolleges, sektoronderwys en opleidingsowerhede en die Nasionale Vaardigheidsfonds, eerder as universiteite.

Pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Pres. Jacob Zuma en Pravin Gordhan, die minister van finansies, Woensdag (26 Oktober 2016) tydens die aankondiging van die mediumtermynbegrotingsraamwerk (MTBR) in die parlement. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Gewelddadige betogings het by verskeie tersiêre instansies opgevlam sedert Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, aangekondig het die befondsingstruktuur vir 2017 sal hersien word. Volgens die tesourie styg toelaes aan universiteit met 10.9% per jaar en befondsing aan NSFAS-beurse [die nasionale finansiëlehulpskema vir studente] het met 18.5% gegroei ten spyte van fiskale beperkings.

NSFAS het ʼn bykomende R10.6 miljard se befondsing oor die MTBR-tydperk ontvang. Uit hierdie bedrag is R2.5 miljard in die huidige jaar toegewys vir 71 753 ongefinansierde studente of studente wat nie voldoende gefinansier is tussen 2013 en 2015 nie. Die oorblywende R8 miljard is gebruik om nuwe ongefinansierde studente en studente wat hul studies in 2016 voortgesit het, te help.

Volgens die MTBR sal geen fondse egter beskikbaar gestel word om ou NSFAS-skuld oor die volgende drie jaar te dek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

hans ·

Ja,dit is maklik en lekker om ‘bree rieme uit n ander se vel te sny’. Gaan die geld weer volgens die demografie verdeel word of gaan die ‘minderheidsgroepe’ ook darem iets kry. Daar is geswig voor die betogers nou wonder ek wat is die volgende waarvoor ons as belastingbetalers aangespreek gaan word.

Ouvrou ·

Ek stem met jou saam. Dus word betalende ouers 2 keer gelooi.

Leendert ·

Hierdie gaan nie ‘n vaal kol aan die studente se eise maak nie. Hulle wil GRATIS onderrig hê. Daar moet niks wees van dat die fooie vir 2017 nie verhoog gaan word nie, NIKS, want dit is nie wat hulle wil hê nie. Dit gaan oor die hê, en die ANDER wat nie na hulle luister nie.

Het julle nie geluister nie, dan ook dekolonialisering.

En as hulle dan nou als, byvoorbeeld, komende jaar gekry het, wat maak hulle dan? Daar gaan nog steeds nie werk wees nie, nog vir jare nie.

Of moet ek vra, wat gaan die hond maak as hy die haas gevang het?

M'Lady ·

Gee drie raaie wie die studente gaan befonds? Nou net in News24 gelees dat inkomstebelasting volgende jaar verhoog gaan word.

Ou Erdvark ·

Wharra, wharra, wharra, ….. What ever, wharra, wharra, wharra, …. En so strompel en ploeg ons voort.

Rynhardt ·

Waar gaan Gordhan en kie. R17miljard kry terwyl ekonomie in sy dinges is?? Dan is daar die onstabiele wereldmarkte waarmee die “jokers” nie rekening hou nie! Dan is 16% vat ook nog oppad.Mense kry net swaarder onder hirdie Anc regime wat nie kan regeer nie! Gordhan en sy Anc het lankal nie meer enige geloofwaardigheid nie.

Spioen ·

Wow…as zumpies nie sy paleis gebou het nie kon hy daai geld gevat het en vir elke persoon in Suid-Afrika 1 miljoen rand gegee het vir universiteit studies….

Louwrens ·

Ek wens eerlikwaar dat mense moet ophou om na hom te verwys as “Zumpie”. Dit klink na n lieftallige troetelnaampie vir iets of iemand. Hy is verseker nie lieftallig nie en is sommer net plainweg ZUMA. Julle kan selfs die ampsbenaming president weglaat want gewoonlik het mens respek vir n persoon wat as President aangespreek word. Is sy geval is daar regtig geen respek of lieftelligheid ter sprake nie….!

Ou Bosvark ·

Publiseer die studente se SKRITELIKE eis(e) in Maroela Nuus.

Daarna moet die Minister van Hoër Onderwys al die ANC kabinetslede laat toets of hulle die woorde “gratis onderwys vir almal” en “gedekolonialiseerde onderwys” kan spel en die resultate in Maroela Nuus laat publiseer.

Die student stel nie in Rand syfers belang nie. Hulle soek die skriftelike kontrak tot gratis onderwys vir almal, geteken deur die staatspresident self.

polities korrek ·

Jaaaa Louwrens , amen! En Spioen: jou sommetjie maak nie sin nie – bly tog minstens geloofwaardig ; 1 plus 1 is steeds net 2..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.