Regstappe teen sportkwotas beplan

Argieffoto

Argieffoto

Die vakbond Solidariteit en die burgerregte-organisasie AfriForum gaan Dinsdag op ʼn mediakonferensie in Pretoria ʼn omvattende regstrategie en strategie om politieke druk uit te oefen teen rassekwotas en regeringsinmenging in sport bekendmaak.

Dit volg onder meer nadat Fikile Mbalula, minister van sport en ontspanning, in April aangekondig het dat vier hoofsportfederasies in die land – Atletiek SA, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru), Krieket Suid-Afrika en Netbal Suid-Afrika – nie as gasheer mag optree vir enige groot internasionale sportgebeurtenisse in Suid-Afrika nie aangesien hulle nog nie hul transformasieteikens bereik het nie.

Solidariteit en AfriForum meen die minister se uitsprake is om verskeie redes hoogs aanvegbaar, onder meer weens die feit dat alle internasionale sportliggame enige vorm van politieke inmenging in sport verbied. Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing verbied ook enige vorm van rassekwotas.

Die organisasies sal voorts tydens die mediakonferensie ʼn volledige uiteensetting van die regstappe wat hulle teen die inwerkingstelling van kwotas in Suid-Afrikaanse sport gaan doen, aan die media voorhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

TTh ·

Uitstekend, groot dankie aan Solidariteit en Afriforum, jul is al drukgroep en mondstuk vir almal wat reverdige handeling eis van die huidige korrupte en basies onwettige regering sou ek se.

m ·

Dankie en sterkte in julle stryd teen rassisme,diskriminasie en onregverdigheid.

Theo ·

Dankie. En dit is hoekom ek julle ondersteun. Julle praat nie net, maar doen. Dalk kan ek binnekort weer die Bokke ondersteun.

Corné ·

Sterkte, ek hoop julle slaag. Of die kanker-anc hulle daaraan sal steur is ‘n ope veaag. Hulle wil beheer, regeer en blankes met alle mag uitroei

JB ·

Solidariteit moet besef dat wêreldbeheerliggame soos die IRB en ICC ook hul eie statute oortree, deur toe te laat dat SA-spanne op rasgebasseerde (etnisiteit) grondslag gekies word en internasionaal deelneem. Hul moet hoor waarom die wêreldbeheerliggame dit stilswyend aanvaar, maar apartheid veroordeel het en destyds SA geskors het. Hoe verskil dit van mekaar? Plaaslik is SARU en SA Krieket ook skuldig deur enigsins ras by te sleep in hul spankeuses en ook administrasie.

Lee ·

Politiek moet uit Sport uit bly. Hulle moet aandag bepaal waar hulle opneek en nie by sport nie. As ‘n ou goed is maak nie saak watter kleur nie sit hom in ‘n span maar as jy hom net kies oor kwota stelsel kan SA maar al hulle sport opgee want ons gaan ‘n embarresement wees

Lance ·

Ek dink mens moet dit net los en n kans gee dat hulle maar self aan ploetter en ons eie onafhanklike ding doen wat anyway beter sal werk as die ewige aanmanings en dreigemente waarvoor ek al so damn siek is ….snaaks my belasting geld is nog altyd goed genoeg …kry niks vir dit nie

cobusp ·

Dankie afriforum…….hopelik is die aanval 2 ledig eers plaaslik die ministerie en grondwet dan interasionaal begin by die internasionale rugby raad…………sal waardeer as julle die persoon by die internasionale rugby raad se naam en epos adres kan publiseer dan kan ons begin om hom te peper oor die inmenging van ons minister in sport wat teen die irb se grondwet is. Dieselfde vir krieket………dus n klug niks Anders as matchfixing nie want ons speel nie ons beste spelers nie……..dus tyd dat iemand hulle opvoeter…….sterkte……….n petisie van rugby ondersteuners van n paar honderd duisend sal altyd help. ………verder moet die onderstueners van rugby die afgod rugby begrawe en begin verstaan die regering gebruik dit om ons aftebreek en ons val vir dit……..spandeer die rugby tyd aan jou familie en vriende en jou kerk en sien hoe word jou pad met voorspoed belaai………..

jaco ·

vir die eerste statebondspele waaraan SA na die verdwyning van internasionale sportisolasie kon deelneem, is n netbalspan volgens ras saamgestel. een van die spelers kon nie eens behoorlik netbal speel nie, maar sy is in die span gesit omdat sy glo baie gemeenskapswerk gedoen het. en die gevolg – die span het sommer vroeg in die uitdunne by die Statebondspele uitgeval. Dis hoe raskwotas in sport lyk.

cobusp ·

Afriforum terwyl julle besig is om die kwotas in sport uit tesort begin n aksie om die belasting wat so windskeef is te adresseer……..ons blankes dra seker 70 to 80 persent van die belasting by maar proporsioneel kry ons bloedweinig terug in ruil…………..dan ook die non payment van water en elektrisiteit in soweto………dus nou al biljoene rande eskom het die syfers gepubliseer seker is dit teen die grondwet vir sekere groepe om nie te betaal maar niks word afgesny nie maar ons blankes moet hoes of ons lewe in die donker………

Jan maak n Plan ·

Ek wens so dat Solidariteit en Agriforum wil saam ‘n politieke party stig wat in die parlement kan wees om die ANC op hulle plek te kan sit. Met hulle huidoge reputasie kan hulle maklik die nuwe opposie of dalk net die nuwe leiers party wees. Iets wat die wit mense en die mense wat gatvol is vir die ANC en sy maatjies voor kan stem.

snuffels ·

Mense, die wat nog nie as lede aangesluit het by Afriforum nie, moet dit doen…dit is vir ons wat hulle baklei!

Leeukop ·

Ek het gehoop ons is nou van afGod sport verlos, maar nee, ons Bly vasgevang.

Gert ·

As die afGod sport jou so pla, moet dan nie kyk nie. Los geloof uit die gesprek aangesien dit geen betreking het met die berig nie. Sterkte aan Solidariteit en Agriforum. Ons het meer organisasies soos julle nodig om te baklei vir wat reg is. Staan 110% agter julle.

Christo Barnardt ·

Wat is fout met die Springbokspan? Spelers moet gekies word op meriete nie omdat hulle wit is nie. Daar is baie spelers van kleur wat nie vir wittes agteruit hoef te staan nie.

Theo ·

Jy is deels reg Christo maar mis ook die punt. Dit gaan juis oor politieke inmenging tot voordeel of nadeel van somiges waarteen ons kapsie maak.

Theuns ·

Dankie AfriForum! As dit nie werk nie kom ons kies n onafhanklike span op meriete en speel teen die beste van die wereld op uitnodiging. SA kan die huidige Springbokke die Proteas noem dan word ons span die Nuwe Springbokke! As ons n paar keer die beste spanne gewen het sal daar tou gestaan word om teen ons te speel. Droom ek nou hardop of wat?

Foonig ·

Afriforum, moet nie julle tyd en ons beperkte kanse mors op sport nie, fokus op veiligheid en ekonomie, asseblief.

Liza ·

Ek verstaan net glad nie hoe wil hulle raskwotas afdwing in atletiek nie???? As jy die vinnigste is, is jy die vinnigste! Swart of wit!!! Verduidelik asb vir my!

Johann ·

Geweet die aksie is oppad. Baie dankie. Ondersteun die beginsel 100%! Dis hartsverskeurend om te moet ervaar hoe die ANC se verlaging van standaarde en kwotas Godgegewe talent en passie verwurg. Alleen gaan een of twee organisasies dit egter nie reg kry nie. Ons sal moet SAAM opstaan en staande bly.

Paul P ·

Nou sit ek en wonder hoe spelers van kleur voel. Dis alom bekend dat ‘n sport-man/-vrou deesdae nie noodwendig die beste in haar/sy afdeling hoef te wees om Nationale kleure te verdien, hy/sy moet net nie blank wees.

Hannes marais ·

Ai afriforum en solidariteit…jou lede betaal ledegeld om as spreekbuis te praat namens die witman en te veg vir die behoud van die witman se voortbestaan ….nou gaan foeter julle met sport wat vir ons blankes nog geen voordeel gebring het nie…vergeet van die sport…laat die anc dit heeltemal oorvat….dai geld wat julle nou gaan mors in die hof kan aangewend word om arm blankes te voed

Werner ·

Dit is waarom ek nie lid is nie. Afriforum mors hulle tyd en lede se geld met sport. Gee eerder vir my kinders werk en veiligheid.

Ben Prinsloo ·

Christo Barnard jy ken dalk nie jou rugbyspelers so goed nie. Net 1 voorbeeld: Francois Hougaard moes uit die wb span ten koste van Rudie Page. Ek beskou myself as n redelike rugby liefhebber maar het besluit agv comrade Mbalula se uitlatings en die huidige springbokspan sal ek hom wys ek is nie n rassis nie en ek gaan die All Blacks ondersteun. Mooi so Afriforum en Solidariteit hou hulle op hulle tone!!!

Annetjie ·

Dankie Afriforum…eks mal oor Rugby …en jul doen baie vir ons…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.