Reserwebank reageer heftig op OB se aanbevelings

sa-reserwebank

Die Suid-Afrikaanse reserwebank. Foto: Resbank.co.za

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het gesê die openbare beskermer (OB) se aanbevelings om die mandaat van die bank in die Grondwet te verander is onwettig en val buite haar magte.

Adv. Busisiwe Mkhwebane, die OB, het Maandag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria onder meer ʼn verslag bekendgestel waarin sy aanbevelings maak oor haar kantoor se ondersoek in ʼn sogenaamde reddingsboei wat die Reserwebank aan Absa, voorheen Bankorp, tussen 1985 en 1994 uitbetaal het.

Buiten die OB se aanbevelings dat die R1,125 miljard wat in dié tyd aan Absa geskenk is onwettig was en deur die Spesiale Ondersoekeenheid verhaal moet word, het sy ook gesê die Grondwet moet gewysig word sodat die hoofdoel van die Reserwebank is om die sosio-ekonomiese welstand van landsburgers te beskerm. Mkhwebane het verder gesê daar moet gereeld oorlegpleging tussen dié bank en die parlement wees om betekenisvolle sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstelling.

Die Reserwebank het Dinsdag in ʼn mediaverklaring gesê die voorgestelde regstellende stappe van die OB sal ʼn negatiewe uitwerking op die onafhanklikheid van dié bank hê. “Die wysigings, indien dit plaasvind, sal ook die Reserwebank se kernrol verwyder om die waarde van die rand te beskerm. Verder sal dit die rol wat die bank speel om pryse stabiel te hou, verwyder.”

Volgens die Reserwebank se mediaverklaring het die OB se aanbevelings rondom die wysiging van die bank se rol ʼn onmiddellike negatiewe effek op die markte en wisselkoers van die rand gehad. Die rand het Maandag weer tot meer as R13 per dollar geval ná die OB se aankondiging en kenners vermoed dit gaan dalk in die afsienbare toekoms wisselvalligheid meebring.

Die Reserwebank het besluit om op aanbevelings van die bank se regspan ʼn dringende hofaansoek te bring om die regstellende stappe van die OB ter syde te stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

wraggies ·

Wat probeer hierdie PP bereik? Sy was mos ‘n spioen, is daar iets waarvan ons nie bewus is nie of is dit maar net ‘n Gupta banksaak weer.

JC ·

Hehe, goeie een marous!! Dit verduidelik baie…
Wat is tans die vlak van openbare vertroue in die Howe in die onderskeie bevolkingsgroepe onderling. Mens hoef seker nie ‘n kernfisikus te wees om korrek te raai nie.

Loeis ·

“…sosio-ekonomiese transformasie te bewerkstellig”. In kort wil die OB van die reserwebank net NOG ‘n bemagtigings organisasie maak. Dit klink na ‘n kaping van die hele ekonomie! Mens wonder wie dalk hier ‘n vinger in die pastei het.

Psst, julle weet oor wie ek wonder.

Anoniem ·

Mmm, die OB saal nou ‘n perdjie op wat sy nie sal kan baasraak nie! Sterkte met die “Rothchild dynasty”! ;-)

Susan ·

Gaan kry al jul geld terug my SAA, Eskom, Telkom, Poskantoor….. ai

Magda ·

Stem 100% saam – die geld wat daar “geneem” is glo ek is baie meer as wat sy nou wil terug betaal kry – maar ons sal ook weer n kans kry om al die gelde wat onwettig geneem is nou miskien oor +50jaar terug te kry – is damm seker daarvan. So gaan dit maar van een Government na n ander.

Eish ·

Die reserwebank se reaksie op hierdie skaamtelose onkundige uitspraak deur die Staatskaping beskermer is verblydend. Mag die howe regeer.

Leendert ·

Nou wonder ek, die dag wanneer die Reserwebank die uitspraak in die hof beveg, of sy dit ook gaan teenstaan. Jig, wat ‘n Einstein van ‘n kundige OB het ons nie. Sy maak wilde uitsprake, wat meer as hoogs waarskynlik is dat sy haar mandaad oorskrei het, maar dan moet die gegreifde party dit in die hof laat tersyde stel. So sy kan uit onkunde maak en breek soos sy wil. En natuurlik verwelkom sekere vakbonde haar ‘regstellende’ uitspraak.

JC ·

Ja swaer…vertel jy MY. Wat staan ons tog te doen in hierdie see van onkunde en onbekwaamheid?

Leendert ·

Maar wat ons nie moet vergeet nie, is dat Madonsela het die ondersoek gedoen en afgehandel, die nuwe OB het net die verslag en uitspraak gefinaliseer.

Jan Makkink ·

Die OB moet tog nie vergeet van al die vyftig randjies wat ABSA aan Noot vir Noot geskenk het nie. Die strop trek baie nou en enige poging om die aandag te verplaas is goud werd. Gaan soek foute in die tydperk van die vorige leiers dan regverdig ons onsself aan ons kiesers. Die ander banke wat die Guptas ‘n skop terug waar hul vandaan kom gegee het sal seker ook nog stellig nuus haal. Die strooihalms sal opraak dan sal ons hoor en sien hoe val die helde.

JC ·

Gaan vertel dit nou net SO vir die spul ignoramusse. Die kamtige OB en die ANC kornuite is almal kop in een mus. Hulle het die kuns om die media en openbare mening te manipuleer reeds goed bemeester.

kitta ·

die stem van stomme onkunde. hie seg hulle, ? leë blikke maak die meeste lawaai. waar hy et sy haar grade gekry?

Ouman ·

Ons staan 100% agter die SARB want dit is al instansie wat nog nie gekaap is nie. Die Zuptas se plan loop nou sleg skeef en fie ashoop is hulle voorland. Dit verdtom my dat so klein groepie met so min verstand 55 miljoen mense gyselaar kan hou. Dit is ekonomiese hoogverraad en ons moet saamstaan anders is daar geen toekoms nie. Hoog tyd dat daar weer optogte gereel word teen die Zuptas.

Dalk ·

Vir my lyk dit of die regering nou uit plekke uit raak om geld van te steel. Eskom, Transnet , OR Thambo is nou al bankrot ge-wanbestuur …. die banke is nog al wat nie in staasbeheer is nie ….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.