Rhodespark-aanval: ‘Aanvallers lag na verkragting’

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto:  ttruluck, panoramio.com)

Rhodespark in Kensington, Johannesburg (Foto: ttruluck, panoramio.com)

Een van die oorlewendes van die grusame aanval op twee paartjies in Rhodespark in Kensington, Johannesburg verlede jaar, het Woensdag in die hof getuig hoe haar aanvallers gelag het nadat hulle haar seksueel aangerand en haar vriendin verkrag het.

ʼn Groot groep mans het die vrou, haar man en nog ʼn paartjie op 17 Oktober 2015 aangeval. Beide mans is vasgebind en in die dam in gedwing, waar hulle verdrink het.

Die vrou, wie se naam nie genoem mag word nie, het in die hooggeregshof, wat in Palm Ridge sit, van die traumatiese gebeure vertel nadat haar man vermoor is. Sy het aan die hof gesê van die aanvallers het weggeloop en net twee het agtergebly. Die een het ʼn vuurwapen gehad en die ander ʼn mes.

“Die een met die mes het na my toe gekom en die ander een is na my vriendin toe. Die aanvaller het verskeie kere probeer om my met sy penis te penetreer, maar hy kon dit nie regkry nie. Hy het toe sy vingers gebruik en nadat hy klaar was, het hy opgestaan. Ek het eenkant toe gekyk en gesien hoe my vriendin deur die ander aanvaller verkrag word,” het sy gesê.

Sy het gesê die aanvallers het daarna vir hulle gelag en gesê hulle is dwase en hul mans ook, omdat hulle in ʼn dam wou swem eerder as in ʼn swembad.

“Toe hulle weg is, het ons ʼn kop in die water gesien en met die kop probeer praat om uit te vind wie dit is, maar die kop het nie geantwoord nie. Na rukkie het die kop onder die water verdwyn,” het die vrou in trane gesê.

Nadat hulle hulp ontbied het en na ʼn polisiestasie geneem is, het sy aan die polisiebeamptes gesê sy is nie verkrag nie, omdat sy gedink het die aanvaller se gebruik van sy vingers word nie as verkragting beskou nie. Sy is daarom nie deur ʼn dokter ondersoek nie.

“Hierdie mans het my man se lewe geneem. Hulle het my vriend, iemand wat my ondersteun het weggevat, maar ek vergewe hulle. God sal die een wees wat hulle sal oordeel. Hulle weet nie watter soort man se lewe hulle geneem het nie, hulle het ʼn biddende man weggeneem,” het sy gesê.

Maatskaplike werkers en beraders het haar water aangebied en haar probeer troos.

Thabo Nkala (25), Admore Ndlovu (23) en Mduduzi Mathibela Lawrence (32) staan tereg op aanklagte van moord, verkragting en roof met verswarende omstandighede. Hulle het Dinsdag skuld op al die aanklagte ontken.

Die saak hervat môre.

Lees alle vorige berigte oor die Rhodespark-aanval op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Marlene ·

Is dit moontlik dat ‘n mens so wreed kan wees? :(:(:( Hierdie jong vrouens se lewens is verwoes!

Adeline ·

Ek het nie woorde nie, dis barbaars! Ek bid dat hierdie vroue die krag en geloof kan vind om te probeer aangaan met hul lewens.
Dis absoluut siek verby! ?

J ·

Dan kry hulle nog staats regshulp
Die slagoffers en ons belasting geld.

Engela de Klerk ·

Hierdie is een van die mees verskriklikste gebeure om te lees. Ek kan my NIE indink wat hierdie vrouens deurgemaak het nie en hul magtelose mans, wat hulle nie kon help en toe vermoor is! NIE verkrag omdat hy sy hand gebruik het? Hel, watse regstelsel het Suid-Afrika en kan ‘n vrou OOIT veilig daar wees!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.