Rooimiere, ander verwyder Pta-grondbesetters

Die Rooimiere in Kameelfontein. Foto: Verskaf

Grondbesetters in Kameelfontein, in die noorde van Pretoria, is vandag verwyder nadat AfriSake ’n dringende interdik op 23 Junie 2017 in die Noord-Gautengse hoërhof bekom het.

Die Rooimiere, die Cullinan-balju, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en die Tshwane-metropolisie het saamgewerk om uitvoering aan die hofbevel te gee en alle onwettige strukture en grondbesetters te verwyder.

“AfriSake sal aanhou veg vir die beskerming van eiendomsreg in Suid-Afrika. Ons kan nie toekyk dat konstitusionele regte geminag word en geen daadwerklike optrede namens ons lede neem nie. Ons kan nie toelaat dat Suid-Afrika nog ’n Zimbabwe word nie,” het Charles Castle, bestuurder van die arbeidsregsadvieseenheid by AfriSake, gesê.

Castle het gesê politieke retoriek deur radikale partye is grotendeels die oorsaak van hierdie tipe optrede [grondbesetting] en politieke partye moet begin verantwoording doen vir die onverskillige uitlatings wat hulle maak.

As sakeregtewaghond beskerm AfriSake eiendomsreg in Suid-Afrika omdat geen demokratiese bestel sonder die reg op en die sekerheid ten opsigte van eiendomsreg kan bestaan nie.

“Zimbabwe het gewys wat vergrype in terme van eiendomsreg aan ’n land kan doen. Daarom is georganiseerde sakelui en gemeenskappe deurslaggewend vir die voortbestaan van ’n gesonde ekonomie, juis om te verseker dat dít wat in ons buurland plaasgevind het nie ook hier afspeel nie,” het Armand Greyling, regs-en-beleidsanalis by AfriSake, gesê.

Die Rooimiere in Kameelfontein. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Frikkie ·

Ek stem 100% daarmee saam dat Grondbesetters verwyder moet word. My vraag is wel: Waarnatoe word die mense geskuif? Hulle moet tog plek he om te bly? Hulle moet tog soos mense behandel word, of hoe?

Francois ·

Frikkie, dis goed dat jy die vraag stel (om mensliheidshalwe) maar waar het die mense voorheen dan gebly? Sekerlik was hulle nie almal op straat nie; en indien wel het hulle sekerlik in leë geboue of elders gewoon. Die regering en plaaslike administrasies kan sekere grondgebiede opsy sit vir die mense om hulle strukture op te rig en kan daar mettertyd infrastruktuur soos water, rioolverwydering en vullisverwydering daargestel word. Dit is geensins nodig dat hulle op bestaande privaateienaars se grond moet plak nie. Dis gewoon net ‘n manifestasie van grondgrype wat algemeen in Zim voorgekom het en nog steeds voorduur na aanleiding van Mugabe se onlangse uitspraak om die oorblywende handjievol plase in wit besit ook te onteien.

Wessel ·

Fikkie, moenie bekommerd wees nie. Die Rooimiere weet wat hulle doen.

Willie ·

Frikkie hulle moet terug na hul land toe, Zim, Moz ents…. dans daar genoegh bly plek vir ons mense…. so bietjie werk ook tussen ook

LMF ·

Afriforum ek like die manier en ook hoe julle dink en Frikkie hul moet maar op nkandla gaan plak want soos hul move move die skelms saam en dit is waar die moeilikheid begin

Rynhardt ·

Kom ek spel n realiteit uit, grondbesetters gaan nie verdwyn nie.Op 16Junie het Malema voor die massas asook PAC die volgende gese:”The whites stole your land, it’s time for revolution!”Talle koerante en radiostasies ignoreer dit.Madonsela het vandag gese na aanleiding van staatskaping:” Zuma gee nie om in watter rigting die land inslaan nie”.Rewolusie le nou voor.

WillePiet ·

Reinhardt. Ten en minste doen Afrisake iets. Sit nie net en kla nie…

Piet ·

Frikkie, net ‘n kommunis dink almal moet alles veniet kry. Dit kon dalk werk wanneer almal in ‘n land produktiewe harde werkers is, maar hoegemaak as 4000 miljoen mense vir die ander 60 miljoen moet sorg? Onthou in SA moet n middelklas, nie net vir n gros arm mense sorg nie, maar hulle moet ook paleise, treine en luukse motors koop om die wat dit nie verdien nie te trakteer.

Rynhardt ·

WilliePiet, dit gaan nie oor kla nie, maar oor realisme wat jy en talle ontken!

Ben ·

Hulle (die plakkers) trek maar net weer verder. Sal dit nooit gestop kry nie. Ek dink hulle word “gesponser”

Peet J ·

Die grondbesetters van die EFF gaan na die naweek nog meer toeslaan om gronde te beset sou Zuma goedkeuring van die ANC regering ontvang dat grond sonder vergoeding onteien mag word. Ons wat eienaars is sal maar net moet toekyk want daar is niks wat ons of enige ander instansie daaraan sal kan doen nie hulle sal kom plak met hulle hele gespuis.

Wanda ·

Hulle moet maar kom. Hulle dink hulle kan brand en afbreek, dan het hulle nie hierdie boervrou gesien nie, ek brand hierdie plaas af! En daai sekfde gif wat so gebruik word om ons honde te vergiftig, gaan eers in my boorgat en dan in my watertenks in! As ek klaar is sal ek trek en hulle kan dan kom aangaan.

Manie ·

Frikkie jy’t nie dalk n kamer of twee in jou huis om van die mense te huisves??

kay ·

Wanda . Vriendin ..U GO GIRL..
die feit dat hulle dink dis hulle reg en dat ons hulle lande gesteel het. MAAK van hulle die idiote ..my voorvaders het nie grond gehad nie …hulle het in die myne gewerk dit wat ek en my familie besit het ons met harde kontant en harde werk bekom ..jare se afbetaal en klippe kou ..hulle gaan nie net omdat hulle n leuen glo net hulle intrek neem nie. Dis nie n reg nie ..gaan hulle die res van due verband af betaal…nou die dag het een gese hy siek nie n plaas nie ..dis te harde werk ..hy soek n luukse huis by die see en hy weet watter een ….hahahaha wys jou nou net wat se klomp bollie glo hulle ..hulle kan nie eers meer vir hulle self dink nie

Hendrik May ·

Meeste vaste eiendomme is die banke s’n, hulle moet maar gaan grond tjank by hulle

humor ·

Frikkie Langenhofen het gese:” Soos n skeermes in die hande van n aap, so is geleerdheid in die kop van n dwaas” Nou wonder ek of jy enigsins geleerdheid het.

Stiena ·

Geen spesie op hierdie aarde word so intens ondersteun om te teel, soos die sg menseras nie. Iewers moet dit ontplof…..

Sputnik ·

Wanda, in Rhodesië / Zimbabwe hef ek ook boere hoor sê dat hulle alle infrastruktuur op hul plaas/plase sal vernietig. Ek weet nie van een wat dit gedoen het nie want daar’s gedreig dat jy in die tronk gestop sal word.

Ben Prinsloo ·

Mooi Manie, 10 uit 10 vir daardie een. Dalk bly ou Frikkie op n plot en dan kan hy meer as net 2 kamers verskaf.

Adam ·

Ben wat Frikkie nie besef nie is dat hierdie mense op verskeie plekke plak, hulle kry ander behuising en verhuur dit uit. Die res van Suid Afrika moet betaal vir hulle stukkie grond en betaal vir dienste gelewer. Hierdie plakkers word nou gesponser deur die arme belastingbetalers se geld. Ek wil weet waar kon hulle nou skierlik vandaan dat hulle blyplek nodig het. Waar het hulle voorheen gewoon.

Magda ·

Dankie baie almal wat daarmee help – Yip kan nie net vat en gaan nie – sorry maar daai tyd is ook nou verby – Gaan werk vir jou goed of gaan staak by ANC se hoofkantoor en kla daar – want ons het nou genoeg gehad – Jy het gestem vir hulle so gaan kla by hulle.

John ·

Vergeet van bo die grond by Cullinan… Wat is daaronder? Dis waaroor die gaan. Die mense wil grawe en blinkes soek… mynbou… en… oorvat. Ons het nie net goudmyne nie… Agter elke plan is ‘n groter bloudruk… en ☆blouwittes…

broos ·

dis wat ek nie verstaan nie – hulle het die keuse gemaak om so te bly, ons het die keuse gemaak om ons alies af te werk sodat ons nie so hoef te bly nie…..maar nou wil almal hulle jammer kry? 3/4 van hulle is illegals en die ander 1/4 is te lui om te werk en die hele lot van hulle lei aan die bakhandjie sindroom…..en ons wat ons alies af werk moet vir die gelag betaal! sorry, geen simpatie met hulle nie.

susan ·

‘n Klompie jare terug, het ‘n grond eienaar wie se grond beset was, gegaan wanneer die mense nie daar was nie, en alles wat rondstaan gevat. Toe trek hulle want hulle word besteel op daai grond! Ek dink dit kan werk!

Ek sak my kop in skaamte ·

Sjoe, soms sak ek net my kop in skaamte as ek sien hoe sogenaamde Christen Afrikaanse mense nog steeds soveel haat kan uitspoeg en waarlik ‘n meerderwaardigheidskompleks het.
Moenie my verkeerd verstaan nie, ek keur nie onwettige grondbesetting goed nie, maar om so absoluut onsimpatiek te wees oor iemand wat nie ‘n heenkome het nie, druis direk in teen dit waarvoor ons Christelike geloof versonderstel is om te staan. Naasteliefde. Dink daaroor.

Jean V ·

“Ek sak my kop in skaamte” . Los jy maar die Christelike Afrikaanse mense uit. Jy is ook een (ek hoop). Wat reg is is reg. Sak jy jou kop in skaamte oor al die moorde of die Afrikaans Christelike mense. Glo nie. Ander sal jy nie sulke snert kwytraak nie. Hoekom moet ons altyd
verglyk word met Mugabe. Gaan liewers op julle knieë en vra die liewe Heer om uitkoms te gee.
Maar jy kan nie vra as jy nie glo wat jy vra nie.

P iet ·

Ja Jean V dis nes jy daar sê! Ons as Christenmense is al tot oorlopens toe moeg vir eise, eise, eise sonder enige teenprestasie. Ons is tot satworderns toe moeg om te hoor ons het “hulle grond kom steel”. Dan moet ons nog boonop toekyk hoe onbeholpe magsvergrypers en “wetstoepassers” niks doen om ons geliefdes op plase en in die dorpe en stede te beskerm nie. As christenmense kan ons ook nét sovéél verdra tot ons ook begin oorkook en vergelding soek vir al sinnelose moorde, misdaad,

ursula ·

Meeste eiendom het verbande op,dus die eiendom van die banke.Wat doen die banke indien so ñ besetting plaasvind?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.