Rowers het man van bank agtervolg voor Sandton-skietery

‘n 37-jarige man is by ‘n verkeerslig in Bowlinglaan in Sandton doodgeskiet Foto: ER24

Vier rowers het ʼn man Dinsdag van ʼn bank agtervolg voordat hulle hom by ʼn verkeerslig in Sandton doodgeskiet het.

Maroela Media het vroeër berig paramedici is omstreeks 12:15 na die toneel in Bowlinglaan ontbied waar hulle ʼn voertuig langs die pad aangetref het. Hy het verskeie skietwonde opgedoen en het reeds aan sy wonde beswyk.

Kapt. Allie Kodisang, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die 37-jarige man van Sandton, wat by ʼn konsultasiemaatskappy gewerk het, het ʼn groot bedrag kontant by ʼn kitsbank onttrek en vier persone het hom daarna in ʼn silwerkleurige Audi agtervolg.

“Die man het by ʼn verkeerslig in Bowlinglaan stilgehou en drie van die persone het hom genader. Twee persone was by die bestuurder se venster en een by die passasiersvenster. Die vierde persoon het in die wegkommotor gewag,” het hy verduidelik. “Die persone wou vermoedelik die man se deur oopmaak, maar hy het geweier en hulle het hom geskiet. Hy het onder andere ʼn skietwond in die kop opgedoen.”

Die man kon van die toneel wegry, maar het kort daarna beheer verloor oor die motor en teen ʼn verkeerslig vasgery. “Die motor het daar tot stilstand gekom.”

Volgens Kodisang is niks uit die man se motor gesteel nie. Hy kon nie die bedrag kontant bevestig wat die man onttrek het nie.

“Die rowers het van die toneel weggevlug.”

Die man se naam is nog nie bekend gemaak nie. Hy laat ʼn vrou en twee kinders agter.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

al ·

Skandalige misdadige optrede. Ja as dit ñ inside job is, moet dit ondersoek word.

Jos ·

Kyk ook wie by sy werk het geweet hy gaan groot geld trek. Rus in vrede meneer.
Ek is gatvol vir die skuim wat mense so dood maak !!!

Ouman ·

Mens wonder altyd hoe die skurke weet as jy groot bedrae konrant trek. SAPS moet die amptenare wat by die betrokke tak werk se selfoonoproepe en ander elektroniese kommunikasie soos e-posse ontleed want ek is oortuig dat bankamptenare deel is van die tipe misdaad. Ek verstaan dat daar meestal vooraf gereel word as groot kontantbedrae aangevra word. Dit sal ook goed wees as die betrokke bank se naam bekend gemaak word.

Vryheid ·

South Africa the country of corruption, murder, and theft. God have mercy.

Lollie ·

Welkom in die land van melk en heuning! Is dit hoe elke dag van ons toekoms gaan lyk? Alles wat jy doen moet jy heeltyd oor jou skouer kyk? Dis geen lewe nie, dis ń tronk! Sterkte aan sy familie en kollegas

Pik ·

Geld by n kitsbank ontrek hallo wat weet die bank personeel van wie trek wat by n kitsbank regrig

Michael ·

Wie val mense so in die straat aan gee asb beter feite was dit italiaanse mafia ,die chinese creeds gee asb beter feite sodat ek op my hoede kan wees waneer ek in Santon is?

Jacques Venter ·

Ek dra so min geld by my asmoontlik EFT, of betaal met my kaart

Magda ·

Ai tog, dis so wreed. Hoop hulle word gou aangekeer, en die soort misdade gaan al hoe meer voorkom, tot ons lamlendige staat iets dringends gaan doen met die gemors – want hulle word duidelik beskerm.

Pieter ·

Inside job vriend van my ook so beroof toe gaan hy terug op ABSA kamera duidelik word gesien hoe die teller kop knik vir 3 mans agter hom hulle het hom gevolg tot by sy huis toe daar beroof wel ‘n klein bedrag van R18 000 maar baie geld om so eenslag te verloor

Gat vol ·

Ek is al so gat vol vir Afrika! Dis die een na die ander korrupsie spul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.