Rusie eindig dodelik

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Middeljarige man is Donderdagaand in sy huis in Bloemfontein doodgesteek.

Kapt. Chaka Marope, woordvoerder van die Bloemfontein-polisie, het gesê die voorval het in Bosbokstraat in die Fauna-woonbuurt plaasgevind.

“Die oorledene en sy 36-jarige vriendin het na bewering in ʼn erge rusie betrokke geraak,” het Marope gesê. “Die oorsaak van die rusie is nie in hierdie stadium bekend nie en word ondersoek.”

Die man is tydens die onderonsie 13 keer met ʼn skerp voorwerp in sy bolyf gesteek. Hy het omstreeks 22:00 by sy huis aan sy wonde beswyk. Die vrou het tydens die voorval drie steekwonde aan haar bolyf opgedoen, waarna sy die polisie ontbied het.

“Die man se liggaam is in ʼn plas bloed op die kombuisvloer aangetref. Die vrou is in hegtenis geneem en onder polisiebewaking na die Life Rose Park-hospitaal geneem vir behandeling.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord. Die vrou sal in die Bloemfontein-landdroshof verskyn wanneer sy uit die hospitaal ontslaan word.

Die name van die paartjie word weerhou, tot die vrou in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KarooKlong ·

Jo..nanawe!
Gelukkig is daar ‘n geweldige groot verskil tussen vrou en dame.

Karma ·

@Karooklong ….. ja, ons vroue moet altyd soos dames optree, maar mans hoef nie altyd soos here op te tree nie. Twee geslagte, twee stelle reëls.

KarooKlong ·

Baie dankie Lilla B.

Karma, lees weer my kommentaar. Kies, en wees dankbaar vir my kompliment.
Ek het nie beskuldig nie, maar ek sien jou punt in.

m ·

Sjoe, niks word ooit meer op beskaafde manier uitgesorteer nie. Waarheen is ons samelewing oppad.

tw ·

Al weer Bloemfontein!!!!!!!!
Ek het daar groot geword en dit was n pragtige, veilige plek, met stadsgeriewe, maar met n rustige klein dorpie gevoel…. Ai hoe jammer. Die plek raak nou boos.

CommentQueen ·

Ja. Die mans moor hul vrouens….
Nou het n vrou besluit GENOEG!! Selfverdediging..?

foxi ·

Sjoe…….maar die twee mense moes baie, baie kwaad gewees het vir mekaar.
Ai…maar die liefde is mos blind.

Wouter ·

Ek bly nou 20 jaar in Bloem. Die betrokke woonbuurt is waar die meeste Nigeriers en wie ook al bly. Dit maak sin dat dit n mes is en nie n 9mm nie. NS. Karoo Klong ek geniet altyd jou skerp sin vir humor. Jy maak gereeld n mens se dag. Dankie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.