SA meisie se droogtehulp-idee wen gesogte Google-kompetisie

Kiara Nirghin. Foto: www.googlesciencefair.com

Kiara Nirghin.

ʼn 16-jarige Suid-Afrikaanse meisie is as die algehele wenner van die Google-wetenskapsekspo-kompetisie aangewys.

Die spoggeleentheid is by Google se hoofkantoor in Kalifornië in die VSA aangebied. Kiara Nirghin het stof in 15 ander finaliste se oë geskop en met ʼn beurs ter waarde van sowat R700 000 weggestap.

Kiara, ʼn leerder van St. Martin’s High School in Johannesburg, het raakgesien dat Suid-Afrika tans een van die ergste droogtes in 45 jaar beleef en dat voedselvoorsiening en voedselsekerheid toenemend ʼn bekommernis word. Haar projek, “Fighting drought with fruit” behels onder meer om lemoenskille en avokado-olie te gebruik vir hul waterretensievermoë.

“ʼn Oplossing wat voor die hand liggend is vir hierdie droogte is om van superabsorberende polimere (SAP) gebruik te maak. Dit absorbeer en kan byna 300 keer hul eie gewig in vloeistof dra.”

SAP’s is ongelukkig nie bio-afbreekbaar nie, baie duur en vol sure wat skadelik kan wees. Nirghin het tydens haar navorsing agtergekom dat daar natuurlike SAP’s in meeste sitrusvrugte voorkom.

“Die SAP’s moet ʼn verbindingsproses ondergaan wat gewoonlik chemikalieë soos swael en soutsuur insluit. Ek het geëksperimenteer met organiese verbindingsprosesse wat UV-lig en hitte gebruik. Die natuurlike olie van die avokado word by gekookte lemoenskille gevoeg. Die skille word in die son gedroog, tot ʼn poeier fyngemaal en by landbougrond ingewerk. Die produk kan groot hoeveelhede water hou en kan as ʼn teenvoeter vir die droogte dien. Terselfdertyd word skille as afval van die vrugtesapbedryf herwin,” het Nirghin gesê.

Die Google-wetenskapsekspo is ʼn aanlyn wetenskap- en tegnologiekompetisie vir individue of spanne leerders wat tussen 13 en 18 jaar oud is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Trotse SA 'ner ·

Baie geluk Kiara, bevoorreg om sulke positiewe en innoverende jongmense in SA te hê. Ons kannie wag vir jou volgende plan nie

Anoniem ·

Sjoe!!!Ek is beindruk deur haar planne. Gaan dit op amateurwyse in my tuin probeer gebruik. My hart kry so seeeeeeeeeer as my plante swaarkry in die warm en droë toestande, en ek mag nie natspuit nie.

Koos1 ·

Connie, plant jou eie avo boom. Hulle groei vining en gebruik nie baie water nie. Die olie word van die pit vervaardig, wat in elkgeval in die asdrom sou beland.
Kaira, baie geluk. Ek is seker ons gaan weer van jou hoor!

Cherokee ·

Dit is rof! Jy koop verkeerde plek. Soek ‘n goedkoper afset. Ek betaal een derde van daardie prys vir groot avos.

Paul ·

Koos1, die olie word nie van die pit vervaardig nie, maar van die vleis van die avokado. Dis juis een van die min plant-olies wat nie van ‘n pit of saad vervaardig word nie, maar van die vleis van die vrug.

Emma ·

Wonderlik om ń slag iets positiefs van ń jongmens te hoor na ń tyd van soveel negatiewe optredes! Mens kry weer bietjie hoop.

Biochar ·

“Biochar” kan ook gebruik word, dalk nie so effektief soos Wat hierdie slim meisie voorstel nie maar baie goedkoper en makliker om te maak uit houtskool. Min boere en tuinbouers in SA weet ongelukkig daarvan.

Cherokee ·

Kiara (ek hoop van harte jy lees hier – indien jy doen, praat saam) ek het nou wel bloot ‘n terloopse kommentaar gelewer ure gelede maar jy het my so beïndruk dat ek die berig weer oopgemaak het en met komplimente bespreek het by die huis.

jennefer ·

Sy gaan sekerlik nie in SA studeer nie, ek wonder of daar nog universiteite gaan oor wees teen die tyd wat sy matriek slaag, sy sal buiteland toe gaan en SA sal n puik denker verloor.

Boerin ·

Baie geluk!! Ongelukkig gaan geen sitrusskille verlore nie! Ons as boere kry tipper-links vol om ons diere deur die droogte te trek…..as jy enigsins in die hande kan kry! Verder is avo olie so duur…. En ons bly in die verre Noord Transvaal waar sitrus en avo’s op groot skaal geproduseer word! Maar weereens geluk met die uitvinding. Gebruik daardie beurs ten volle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.