SA universiteite in finansiële krisis gedompel, sê DA

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Die Universiteit van Kaapstad. Foto: UCT/Facebook

Minstens 16 van die 26 Suid-Afrikaanse universiteite word deur ʼn finansiële krisis in die gesig gestaar, het die Demokratiese Alliansie gesê.

ʼn Reaksie op ʼn vraag van die DA het Donderdag die omvang van die finansiële krisis van universiteite landswyd aan die lig gebring.

“Volgens die repliek sal 16 uit die 26 universiteite in Suid-Afrika, of ʼn verbysterende 62% van universiteite, in die 2017/18 finansiële jaar finansiële probleme ervaar,” het Belinda Bozzoli, DA-LP, gesê. “Die saamgestelde agterstand van die 16 universiteite sal na verwagting R3,97 miljard vir dieselfde finansiële jaar beloop.”

Sy het gesê die omvang van die finansiële nood is gebaseer op ʼn ondersoek wat die Raad van Hoër Onderwys onderneem het. “Dit kan waarskynlik toegeskryf word aan die uitgerekte onderbefondsing van ons universiteitsbedryf vir meer as twee dekades,” het sy bygevoeg.

Sy het gesê die DA kon R2,73 miljard in die 2016/17-begroting identifiseer wat oorgedra kon word om arm studente by te staan en ook universiteite voldoende kon subsidieer om hul rekeninge te betaal.

“Die finansiële krisis by universiteite het ʼn geweldige impak op die armste studente, en hul toekoms word op die spel geplaas. Dit sal ook ʼn verreikende impak hê op ons ekonomie, aangesien noodsaaklike navorsing wat by universiteite gedoen word, onder druk geplaas word,” het Bozzoli verduidelik.

Sy het gesê die DA bly verbind daartoe om ʼn langtermynoplossing te vind vir die probleem van bekostigbare gehalte hoër onderrig.

Sy het gesê die universiteite wat hierdeur geraak word, is die Noordwes-Universiteit (NWU), Universiteit van Kaapstad (UK), Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), Universiteit van die Witwatersrand (Wits), Universiteit van Johannesburg (UJ), Universiteit van Limpopo, Universiteit van KwaZulu-Natal (UKZN), Rhodes Universiteit, Universiteit van Fort Hare, Universiteit van Venda, Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT), Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT), Vaal Universiteit van Tegnologie (VUT), Sentraal Universiteit van Tegnologie en Mangosuthu Universiteit van Tegnologie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Veritas ·

En Blade weet nie wat om te doen nie. Die ANC se volstruis-beleid van wegkyk en dink die probleem sal vanself weggaan, het die land nou in ‘n krisis gedompel. Blade se oplossing is om die vrot eier aan te gee na die universiteite self. Wat ‘n leier!

Sarie ·

Lyk my die tradisioneel Afrikaanse universiteite is nie ingesluit nie. Lyk my hulle hanteer hulle finansies beter of is beter betalers en behoort nie tot die bakhand brigade nie.

dea ·

Ons het mos geweet dit gaan kom. Nou gaan die lektore werk oorsee soek en dan gaan die ongeletterdes die meer – ongeletterde studente nog meer van die wal in die sloot in lei.
Dan gan die studente’ demand ” dat hulle graad moet vang – sonder om eksamen te skryf.
Dit kom nou as jy ongeletterdes in beheer het van ‘n land.

Elsie ·

En dan wil hulle als vandag verniet hê!? Voor 1994 het ons swaar aan die gelde betaal. Die kinders het geleer en daar is nie skole en universiteite afgebrand of getoy-toy nie. Die ratte het seepglad geloop!!! Vandag wil hulle dit verniet hê of als word vernietig. Kan die leiers nie sien wat gaan aan nie? Kan hulle nie die ”stout kinders” wat tantrums gooi bietjie kortvat nie? Wie regeer nou eintlik? Soos ń streng ouer moet hulle net hulle voet neersit en ophou pamperlang en gehoorsaam wees aan die massas.

Besorgde ouer ·

Die probleem is die woordjie mense regte. Ons het groot geword dat dit ‘n voorreg is om universiteit toe te gaan wat verdien moet word, nie jou reg nie. Net so is dit ‘n vooreg om ‘n werk te he, nie jou reg nie. Indien dit jou reg was om ‘n werk te he, sal daar mos nie 26% werkloosheid syfer gewees het nie. Ons ekonomie is besig om met rasse skrede agter uit te gaan a.g.v werkskepping . Hoekom ? dit is eenvoudig besighede moet die geleenthede gegee word om werk te skep (minder strenger arbeid beleid) en daar moet invoer belasting gehef word op goedere wat plaaslik vervaardig kan word(nie van China dit invoer nie want daar is geen minimum lone nie) Hoe kan die regering verwag besigheid moet floreer met die dubbele standard?

christine ·

Zuma het n groot mond wat hy nie wil toehou Blade is n kommunis hulle foeter alles op met n DOEL hulle wil sosialisties gaan PUNT

Koos ·

Is daar dan enige staatsdepartement behalwe sars wat nie in ‘n geldelike krisis is nie.

Cherokee ·

Nkandla blyk ook sterk te staan ….. o ja, staatsdepartement het jy gesê.

Ina ·

As hulle vry studies wil he dan moet hulle betaal tot klaar gestudeer het. Gee dan hulle geld terug as hulle graad kry dan mors hulle niemand se geld nie .

Karen van Zyl ·

Toe ek op skool was moes jy 1 – kwalifiseer vir universiteits toelating teen hoër punte as vandag se standaarde, 2 – hard werk vir ‘n beurs, ten alle koste hard werk klaar, 3 – dan!!, dan het die beursie bepaal of jy of gelukkig of ongelukkig was om te kan gaan .

Lance ·

Verbaas my nie in die minste nie …hier kom nog meer …kyk maar !

hans ·

Soveel van die finansiering wat as studiehulp gegee word nie terugbetaal nie. Die invordering van die studieskuld moet verskerp word en die ingevorderde fondse moet dan aan die universiteit waar die student gradueer het oorbetaal word-dit behoort die geldelike nood te verlig.

Sarie ·

Die wêreld word oorheers deur die illuminati SA deur die illiterati :))

Piet Pompies ·

Gemiddeld 70% van alle studente in SA kry nie graad omdat hulle onder presteer of uitval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.