SA verloor gerekende musikant

(Van agter) Thami Khemese, Makhosini Mnguni en Themba Machobane, en voor is Rueben Khemese (Foto: Gigster)

(Van agter) Makhosini Mnguni, Thami Khemese en Themba Machobane, en voor is Rueben Khemese (Foto: Gigster)

Rueben Khemese, die stigterslid en een van die vier lede van die Soweto String Quartet, is Woensdag in die ouderdom van 62 oorlede.

Khemese se suster, Nonceba Ndhlovu, het die nuus aan Maroela Media bevestig.

Volgens die familie het Khemese Woensdag inmekaargesak. Nonceba het gesê hy is al “vir langer as ʼn jaar in en uit die hospitaal”.

“Hy het aan erge depressie gely ná sy vrou se dood in 2011. Hy was daarna nooit weer homself nie en was konstant in die hospitaal of by sielkundiges. Woensdag was die seer net te veel,” het sy gesê.

Nonceba sê die familie hou kop bo water deur mekaar te vertroos. “Ons vertroos maar mekaar hoewel ons almal ongelooflik seer het. Ons het die afgelope week ook ons enigste tante begrawe, so ons hartseer is baie rou.”

Sy sê Khemese laat ʼn groot nalatenskap agter wat die familie vir altyd by hulle sal hou. “Hy was altyd borrelend en het ons altyd laat lag. Ek is dankbaar dat ons almal verlede week saam kon wees vir die laaste keer.”

Intussen het Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, Khemese se afsterwe beskryf as ʼn groot verlies vir die musiekbedryf. “Ons het net goeie herinneringe van hom en sy prestasies. Ons sal hom onthou vir sy wonderlike musiek en sy toewyding aan sy familie. Ons innige meegevoel gaan aan sy familie en die ander lede van die strykkwartet,” het hy gesê.

Khemese word oorleef deur sy broer, Thami, en vyf dogters.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

E.K. ·

Ai, baie jammer. Hulle maak pragtige musiek, die groep gaan hom verseker mis. Sterkte aan sy vriende en familie.

Hannelie ·

Rus in Vrede….nou maak jy saam met God se engele hemelse musiek. Sterkte aan sy familie x

lynette ·

Ai dit is hartseer . RIP jy is nou weg maar nie vergete . Sterkte vir family en vriende

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.