SA vrou in Mauritius vermoor

Foto: Skermskoot/TOP TV Mauritius/YouTube.

ʼn Suid-Afrikaanse vrou is Maandag dood in haar bed in Mauritius aangetref.

Lara Rijs (32) het volgens berigte ook Switserse burgerskap gehad. Rijs het glo in ʼn veiligheidskompleks, AO Résidence de Luxe in Grand-Baie, gebly en nie Maandag by die werk opgedaag nie.

Medewerkers het glo na haar gaan soek en haar halfnaak in ʼn plas bloed op die bed aangetref. Volgens motinews.info het sy ʼn diep sny aan haar nek gehad. Ander media berig sy het ook ʼn wond aan haar maag gehad. Sy is glo ook seksueel aangerand.

ʼn Veiligheidswag is volgens berigte in verband met die moord in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die hof verskyn. Die moord is moontlik al Sondagaand gepleeg. Die nadoodse ondersoek sal waarskynlik ook Dinsdag uitgevoer word.

Rijs was die afgelope drie maande werksaam as bedryfsbestuurder vir die Geneva Management Group.

Nelson Kgwete, woordvoerder vir die departement van internasionale betrekkinge en samewerking in Suid-Afrika, het aan Maroela Media gesê die departement dra nie tans kennis van die voorval nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Juffie ·

Dit is maar net weer ‘n bewys dat die hele wêreld is besig om “mal” te word. Geweld is nie net in Suid Afrika nie.
Foeitog daar word ook niks oor enige naasbestaandes genoem nie….familie in SA?

Theresa ·

Waarom weet Mr Ngwete nie van die voorval nie? Doen hy moeite om als wat nodig is uit te vind sodat hy meer kan weet hiervan??? Arme vrou. Simpatie aan haar familie en vriende en hopelik word die moordenaar gou vasgetrek. DUbbel straf as dit die veiligheidswag was. Juis omdat hul mense moet beskerm en nie vermoor nie.

emma ·

En daar is juis soveel Suid Afrikaners wat deesdae op Mauritius gaan woon omdat dit so veilig is. Mense soos Anneline Kriel, Sean Else ens.

Elize ·

Ek is so moeg vir misdaad, dit perk ons bewegings in en ons moet dit maar net aanvaar, wat nie regverdig is nie. Ek het nie meer enige lewensvreugde oor nie, want alles word met die negatiewe in ons land verswelg. Ek gaan letterlik net werk toe en huis toe. Is nie meer lus om rond te ry nie, want jy weet nie wie wat waar en wanneer iemand jou gaan beroof, skiet of beseer!

ANONIEM ·

PATETIES IS SUID-AFRIKA SE DEPARTMENT MAAR NIE.. DIS N SA BURGER EN DRA NI KENNIS,DIT IS VIR MY SKOK WEKKEND!!!!! INNIGE SIMPATIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.