Saak om godsdiens in skole te hou dán in hof

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Argieffoto: Don Mcphee/Guardian

Die saak waarin ses landwye skole oor hul Christelike godsdiensbeleid voor die hof gedaag is, is vir 15 tot 17 Mei op die Suid-Gautengse hooggeregshof se rol geplaas.

“AfriForum se regspan is gereed vir deelname as vriend van die hof aan die regsaak om die beoefening van godsdiens in skole te beskerm,” het Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

“Antichristelike fundamentaliste het al in Oktober 2009 gedreig dat skole met ’n Christelike etos voor die hof gedaag sal word. Tóé reeds het AfriForum sterk standpunt daarteen ingeneem en gesê dat die organisasie skole teen sulke regsaksies sal ondersteun.”

Die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) het in 2014 ses skole, naamlik Laerskool Randhart, Laerskool Baanbreker, Laerskool Garsfontein, Hoërskool Linden, Hoërskool Oudtshoorn en Oudtshoorn Gimnasium, voor die hof gedaag vanweë hul Christelike godsdiensbeleid.

Die Federasie vir Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas) verteenwoordig hierdie ses skole in die saak, met AfriForum wat as vriend van die hof by die saak betrokke is en die skole met regskoste steun.

In 2015 het AfriForum ’n veldtog van stapel gestuur vir die behoud van godsdiens in skole en ter ondersteuning en bewusmaking vir hierdie hofsaak. Ds. Henk Stavast en Derick Francis het 6 000 km per fiets oor die hele land afgelê as deel van dié veldtog om geld in te samel vir die saak, maar ook om mense in te lig oor die situasie en die moontlik negatiewe gevolge indien godsdiens uit skole geneem word. Hykie Berg, AfriForum en Laerskool Jacobsdal het ook ’n staptoer in die Drakensberg om dieselfde rede onderneem.

“Die ondersteuning vir die projekte was uiters positief en het opnuut bewys hoe belangrik godsdiens oor die algemeen en Christenskap in besonder in en vir skole asook leerders en ouers is,” het sy gesê.

Mense wat AfriForum wil ondersteun met ’n bydrae tot die hofsaak, kan R10 skenk deur hul naam na 38313 te SMS (SMS’e kos R1).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

Elsabe ·

WAT GAAN AAN IN ONS LAND. EEN VAN DIE DAE GAAN HULLE JOU NOG PROBEER BOICOTT OM TOT GOD TE BID

Katryn ·

Ja! Daar begin dit nou! Wees paraat! Die antichris sal alles probeer om soveel siele as moontlik te werf tot sy voordeel! Elkeen is verantwoordelik vir sy eie siel. Waar wil jy jou oe oopmaak? In die Hemel of in die hel. Jou keuse.

Knuffel ·

Indien teen die skole bevind word gaan die repurkussies erg wees.

Onder die grondwet het publieke (staatsbefondsde) skole die reg om godsdiens van die keuse van die meerderheid leerlinge te beoefen. Daardie reg word bv in die strengtse sin opge-eis en gebruik deur publieke skole waar bv oorgrote meerderheid vd leerlinge Moslem is. Sulke skole volg dan 100% Moslemdradisies en godsdiens deur skooldrag, rituele, deurlopende gebede ens. ‘n Uitspraak teen godsdiensvryheid sal dan outomaties beteken dat publieke Moslemskole OOK sal moet afsien van hul godsdiensgebruik en tradisies in die skool. Wonder hoe maklik hulle dit sal aanvaar of watter dubbelstandaarde dan op hulle van toepassing gemaak sal word.

Sal seker net so eierdans afgee soos die regering wat na hoeveel jaar nog nie besluit maak ook halaal “branding” op produkte nie. Handelaars betaal die vyf Moslem halaal-sertifiseringsinstansies vir die “reg” om items halaal te merk en dan word daardie kostes van die 90% Christene in die land verhaal wat die halaal-produkte verplig moet koop. Dus ondersteun die Christene die 1.5% Moslems finansieel. Slim ne?

johan hennig ·

Bja dankie Afriforum, GOD sal julle seen, en ek sal julle ondersteun tot my dood, staan op vir ons GOD en Godsdiens

Bloues ·

Ek wonder tog hieroor. Ek is baie lief vir God en is Sy kind. Maar ek wonder tog. Wie gee hierdie Christelikke “lesse” in die skool. Die skoolhoof wat so dronk raak langs n dam dat die kinders hom in die water gooi? Die onderwyser wat die volgende periode vloek en onder die dogters se rokke probeer inloer of miskien die getroude jufrou wat ‘n verhouding het met n skoolseun? Is dit nie miskien die louheid waarvan God praat wat hy verafsku, wat aan die kinders oorgedra word nie.

Sjoe ek weet nie moet nog meer hieroor dink

Walter ·

Die oorgrote meerderheid van onderwysers in Afrikaanse skole is goeie Christelike mense. Enige verval van morele waardes wat jy van praat is juis as gevolg van die hedendaagse tendens van mense om hul God te vergeet.
As jy stem om Christenskap uit skole uit te haal bevorder jy net díe proses.

Burger ·

Bloues , absoluut . Om jou kind te stuur na n eensydige omgewing en jy weet nie wat die agtergrond / geestelike pad is van die een wie nou aangese is om dit aan te bied nie , is mynsinsiens geestelike mishandeling . Elke kind word as n skoonboek gebore , mense kom skryf daarin . Maak seker wie daai pen vas hou . Dis jou kind se lewe .

John ·

Al word alle Christelike godsdiensonderrig verbied sal die Nuwe-Orde-ateiste steeds aandring op die verkondiging van evolusie-teoriee as waarhede en gode-diens onder die dekmantel van filosofiee of wat ookal inwerk. As die duiwel die pinkie kry dan… Ons sal soos die Jode ons luiheid moet los en na skool ons kinders Bybelonderrig moet laat kry. Die prez praat uit die Bybel as dit hom pas, maar sy dade spreek die teendeel. Baie regters is deesdae vreeslik liberaal, dalk ateiste en tel selfs onder diegene wat dele in die Bybel bevraagteken.

Adele ·

John- weet jy wat die term teorie in Wetenskap beteken. Duidelik nie, dit alleen wys vir my jou kennis oor die Wetenskap is uiters gebrekkig. Ek vra nou nie eers meer vir mense of hulle weet wat evolusie is nie maar eerder of hulle verstaan wat dit is. In jou geval is die antwoord nee.

Frikkie ·

As gevolg van die christenskap in skool is ons land en skole geseënd(nie wat dit moet wees nie maar is……..) min Woord min seën, glad nie Woord niks maar niks seën en baie Woord baie geseënd! Amen!!!

Adri ·

Dit is ontstellend om te sien hoedat ons mense gebreinspoel is deur die liberalisme.

Walter ·

Ek stem saam. Dis omdat die Afrikaner so vinnig besig is om sy kultuur te verloor as gevolg van al die breinspoeling in die media en tot in skool kurrikulum.
Godsdiens wat verwyder word uit skole is maar net die volgende stap.
Die liberaliste het hulself ingewurm in elke aspek van onderrig en kultuur en hulle het dan ook die hardste stemme.

Eugene ·

Miskien hardloop mense weg van die konservatiewe posisie af omdat bloot net te walglik is en klaar te veel nonsens in die land veriorsaak het

Adele ·

Dink jy dis liberales wat gebreinspoel is of die gelowiges? Waar kom jou geloof vandaan? Deur honderde jare se blootstelling deur ouers, voorouers, skole en gemeenskappe. Liberale het dalk net al geleer om vir hulleself te dink.

Beulah ·

Ek hoor wat almal se maar dit maak dinge vir my baie moeilik. Ek is n jeug evangelis wat met die skole werk om jong mense te help. Die deur word in ons gesig toe geklap oor hierdie tipe van goed. Wat mense nie besef nie is dat een ding wat mens toelaat nou n geweldige effek op die toekoms kan he! Ek sal baklei om God in die skole te hou tot my laaste asem! Tieners is honger vir liefde en aanvaarding. Ons moet daar wees!

Walter ·

Beulah – Hou aan met julle goeie werk. Moet nooit opgee nie.

Burger ·

Beulah , as jy n pad met die Here stap en jy skep n vry omgewing waar kinders die ware vrug kan ervaar , dan se ek dankie vir jou. Daar is min soos jy .

Adele ·

Kry ander gelowe dieselfde geleentheid in die skole waar jy is of is dit net Christene? Word hierdie aktiwiteite in klastyd , pouse, voor of na-skool gehou. Indien dit in klastyd is, is dit nie vrywillig nie en kan tot uitsluiting van leerders lei, al is daar net een kind van ń ander geloof.

Adele ·

Personeel by skole is nie bekwaam om onderrig in godsdiens te gee nie. Onwillekeurig sal hulle,hulle tipe dogma aan kinders opdis. Party onderwysers is Jehowas ander dalk Scientologists, hulle hoef nie hulle geloof bekend te maak op ń aansoekvorm nie. Gaan jy dan aandring op godsiensonderrig of gaan dit jou dan nie meer pas nie? Nee wat, hou dit uit die klas, hou die groepies vir pouses,voor of na skool. Slegs dan is dit 100% vrywillig, meng nie met klastyd in nie en gee almal ń gelyke kans.

Walter ·

Ek het dieselfde ding gesien gebeur in Amerikaanse skole, met al dieselfde argumente wat hier voorgesit word: Liberale ateiste vertel mense dat almal nie Christelik is nie, en dat Christenskap by die huis hoort.
Christene, met hulle grootendeelse “live and let live” houdings sê dat dit maar reg is.
5 moslems betree die skool en dring aan dat dit hul kultuur is en dat dit rassisties is om hulle die reg te ontneem om by die skool te aanbid.
Wat doen hierdie selfde liberale ateiste? Hulle veg dat die moslems se “kultuur” nie vergaan nie, en voila: godsdiens is weer terug in die skole. Netsolank dit nie Christenskap is nie.
Afrikaners is ‘n Christen nasie. Ons was altyd, en as ouers hulle kinders reg grootmaak, sal dit altyd so bly. Hou Christenskap in die skole.

Hennie ·

Klaas het dit mooi opgesom. Ook waar dat baie ouers nie die agtergrond het om hulle kinders Christelik op te voed nie. Op skool het ons meer geleer oor die geskiedenis aspekte in die Bybel, wat my ‘n goeie platvorm gegee het totdat ek ‘n wedergebore is. Praat met kinders wie dit nie gehad het nie en jy kom agter hulle het geen platvorm om op te bou nie, hoe kan hulle dit dan verder neem? Hoe gaan hulle hul kinders eendag leer as hulle geen Christelike agtergrond geleer het nie? Dit wat ek in die skool geleer het, het vir my persoonlik oneindig baie beteken en ek kan praat van ondervinding, hulle wie teen Christelike onderrig is het dit sekerlik nooit gehad nie. Ek stem saam, mag FEDSAS hierdie saak oortuigend wen!

jaco ·

Ek onthou goed watse monopolie die NG Kerk op godsdiensonderrig in die ou SA se wit Afrikaanse skole gehad het. Halelujaliedere is gesing, asook psalms en gesangen. Die doppers moes maar net saam gesange sing en die kinders v.d. AGS moes maar saam sukkel met die 16de eeuse trekkerige wysies v.d. psalms en gesange. Dogmatiese goed soos kinderdoop is as die enigste waarheid verkondig EN apartheid is uit die Bybel uit geregverdig. Dit ALLES in die godsdiensklas! Na die godsdiensklas het dieselfde onderwyser wat sopas mooi oor die Here gepraat het, geskel, geslaan en gevloek (selfs Godslasterlik) oor huiswerk wat nie gedoen is nie, dommes wat nie skoolwerk verstaan nie ens ens. Diezelfde monopolie van net een kerk sal homself zeker nie herhaal nie, maar daars soveel kerke en gelowe vandag. So los liewer godsdiens uit die skole.

Adele ·

Dit was NG kerk bo alles!! AGS was as ń sekte beskou in my tyd en Jehowas moes buite sit. Vandag moet my kinders hande in die lug staan en Halleluja saam met ń orkes wat in klastyd kom dogma versprei.
Net mooi alles kon in daardie jare aan die hand van die bybel regverdig word, diskriminasie, rassisme, onderdrukking van vroue.
Ek is mal oor hoe net die mooi stukkies aan kinders vertel word. In die skool waar my kinders is moet elke kind ń beurt kry om ń stukkie uit die bybel te lees en te bid, hulle het nie ń keuse nie. Ek maak seker ek gee vir hulle ń stuk waar slawery goedgepraat word en hoe min hulle werd ia, beter nog is die stukke oor verkragting, menslike offers of moord op ń nasie se seuns. As hulle wil bybel hê moet hulle alles vat. Ek weet nie hoekom nie maar my kinders hoef dit net een keer te gedoen het en is ook onderbreek. Toe ek die juffrou daarna vra het sy gesê hulle wil net mooi stories hê en die kinders moenie bang gemaak word nie want ouers hou nie daarvan nie. Go figure!

Walter ·

Ek was self betrokke in ń CSV groep op skool en dit was ń positiewe, leersame ervaring. Met jou logika kan ń mens maar netsowel alle kerke ook afskaf.
Ek persoonlik? Hoe meer my kinders van God kan leer, hoe beter.

Francois ·

Ja jy kry sekerlik ‘n paar onderwysers wat slegte voorbeeld stel maar, as daar ‘n paar vrot appels in die mandjie is beteken nie jy moenie alles weggooi nie.

My onderwyseres wat Christen Godsdiens onderrig gegee het, het ‘n geweldige goeie invloed op my lewe gehad so ook die CSV.

MIskien is dit die enigste plek waar die kind hoor van ‘n verlosser Jesus Christus wat hom/haar liefhet

Baie kinders se lewe het ten goede verander as gevolg van godsdiens onderrig.

Die paar mensies wat nie godsdiens onderrig wil he nie kan mos lewens vaardighede of morele, etiese klasse doen of iets anders.
Niemand dwing jou kind om dit by te woon nie.

Deon ·

Ek neem aan dat die mense wat kommentaar lewer, dat christlike opvoeding nie by die skool hoort nie, het nie hulle kinders laat doop nie en het nie `n doopbelofte afgelê nie. By die doop het jy as ouer voor die gemeente (as getuie) en voor GOD beloof dat jy jou kind sal opvoed en laat opvoed in die kennis (vrese) van die HERE. As jy nou sê dat die christelike opvoeding nie by skole hoort nie, hoe gaan jy jou kind laat opvoed? Ek wonder of hierdie ouers nog enigsins op die Sabatdag opgaan om saam met die gelowiges te aanbid, of hulle nog hulle kinders laat doop en of hulle enigsins nog `n voorbeeld vir hulle kinders stel.

Walter ·

Deon – Ek glo jy is reg. Een of twee praat asof hulle Christene is, maar dis maar moeilik om te glo as hulle hul kinders wil ontneem van nog ‘n kans om van hul God te leer. Soos wat met die doop beskryf word.

Burger ·

Deon ,

Toe hy gebore is , toe dra ek hom op aan die Here. Ek het n pad met hom gestap , maar ook mense wie ons geestelik vertrou het. Op 15 se hy vir my dat hy Jesus aanneem en deur die water wil gaan soos wat Jesus gese het hy moet doen. Hy doen toe se . Ek kon vir niks meer gewens het nie .

jaco ·

Eks in n kerk net volwassenes doop. So my kinders is nie gedoop nie. Gaan my kinders nou hel toe?

lw ·

Dankie AFriforum dat julle opstaan vir godsdiens. Ek sal my bydrae gee. Godsdiens leer kinders morele waardes, verdraagsaamheid en respek vir mekaar en om onderwysers te respekteer. Weereens sal die skole moet help waar die ouers faal in die kind se opvoeding. Deur die genade van die Here is my kinders godvresende en goed opgevoede kinders – ek het heelwat komplimente gekry maar die eer kom my nie toe nie

Kobus ·

Hierdie bewys dat die Bybel en die profisiee daarin waar is, ek bid vir julle, afriforum, mag ons Vader aan julle n oorwinning gee oor n goddelose land en regering, jul het my ondersteuning en ek sal almal wat ek ken aanmoedig om te sms, Shalom !!

wilma ·

Mense wie so gekant is teen Godsdiens in skole. Kyk bietji om julle rond hu God ons straf met droogtes en versengende hitte. Word wakker en bely jul sondes en weet God Is Liefdevol. Dink jul ongelowiges dat die wind het per toeval Jacob Zuma se speach kortgeknip. God Slaap NIE

Eugene ·

Wilma, ek wil jou nou nie in die gesig vat nie maar die droogte is ‘n straf vir aardverwarming nie, sondes nie. Die el nino gee nie om oor jou sondes nie

jaco ·

Ek verseker Julle. Dit het regtig gebeur. Die 2 skoolhoofde (laerskool en hoërskool) was albei stoere NG lidmate. Albei was Broederbonders. Die hoof vd hoërskool se broer was n NG dominee én ‘n Broederbonder. So dit was maar erg. Veral laerskool het soos n verlenging v.d. NG Kerk gevoel. Die ergste was dat ons in die skool se godsdiensklas gehoor het dat NET kinderdoop reg is en dat apartheid, selfs in die vroeë 1980’s, die wil van God is. Toe die leier v.d. CSV na n charismatiese kerk begin gaan het, is hy gedreig dat hy sy leierskap daar en sy plek in die leerlingraad sou verloor. 2 maande later het hy selfmoord gepleeg. Dis hoe NG Kerk gedomineerde godsdiens in die ou SA se wit Afrikaanse skole skeefgeloop het.

Frikkie ·

Onthou Jaco dit gaan nie net in skole maar is in die kerke ens……ook so, maar onthou daar is ander onder hulle wat opreg is, en dit is hulle wat ñ verskil maak en kan maak. Ons kan nooit Christenskap uit skole hou nie. Ons kan nie hande vou en laat God’s water oor God’s akker loop.nie

MCS ·

Dankie, Liewe Heer dat ek die voorreg het om my kinders tetuiskool. Die land is in sy maai, teveel geure en kleure om tevrede tehou! Die punt is lankal gemis waarom ons eintelik op aarde is , wat net ons tydelike woning is, anyway!

Pierre ·

Swaartekrag is ook n teorie. Ek stel voor dat jy wat ander Dwaas noem dit gaan toets deur van n gebou af te spring. Ons staan by vir jou antwoord.

Henrietta Klaasing ·

Art. 15 van die Grondwet van SA. Vryheid van godsdiens, oortuiging en mening . Daar is bepalings wat model C skole in elk geval nakom.

Will ·

Watter bepalings moet model C skole nakom? Wie beskerm die kinders wat kies om nie die godsdiens by te woon nie as hulle deur die “christene” geboelie word na die tyd?

Len ·

Ek stem dat Godsdiens in skole aangebied moet word. Ek self het tot bekering gekom by een van die CSV kampe wat my hele lewe positief verander het. Ek self was CSV leier en so het ek geestelik volwase geraak en gegroei. Mense wat dit weg wys het self nie die wonderlike pad gevolg nie of het self nooit daarin belang gestel nie. Laat Jesus Christus vereer word so veel as moontlik. Neem Hom weg uit skole uit dan sal daar gaos en wanorde wees. Kyk hoe sleg gaan dit reeds daar waar Jesus weg gelaat word. Jesus self het gesê bring al die kindertjies na My toe en moet hulle nie terug hou nie. Hy wil hulle seën. Laat Sy woord verkonding word en leer kinders on Hom te volg en te dien. Neem dit weg dan sal almal weer huil en kla oor die wanorde en gaos in die skole. Dink mooi voordat enige een dit afskiet. In my dae toe Godsdiens (CSV en KJA) nog daar was het alles goed gegaan. Jesus is lief vir julle almal.

Izak ·

Ek het my 5 jaar terug ontrek van die Christelike leer aangesien dit nie oortuigend ooreenstem met die Torah en die Profete nie. Sabbat en Sondag aanbidding, Verlosser Jeshua wat Jesus geword het ens. Ek gaan absoluut uit my pad om my twee dogters in die Waarheid groot te maak en die Christen geloof op skole doen afbreek daaraan. Die Christen geloof is deurspek met heidense gebruike wat deur die Romeine en Grieke be-oefen was/is lank voor die koms van ons Hemelse Vader na hierdie aarde 2000 jaar gelede. Ek stem saam, raak ontslae van godsdiensgebruike (meestal uit die susterskerke) by skole sodat ons ons kinders vir ons Hemelse Vader in Waarheid tuis kan groot maak sonder die Christelike suurdeeg, Sela

John ·

Christus se self dat niemand die Vader kan nader ‘behalwe deur My’ nie. Om nou af te sien van Hom… ? Joodse gebruike is eeue gelede, selfs vC, deur die res van die wereld oorgeneem en hul eie gemaak. Daar is baie gebruike soos die name van die dae van die week wat wel uit die antieke bygelowe spruit, dis waar, maar ons aanbid nie die gode nie en baie sulke gebruik was ook in Christus se tyd op aard toegepas. Ons Christene moet geloof behou tussendeur alles en kan nie in afsondering leef waar ons nie die Christelike Lig kan laat skyn nie. Christus het vir die Jode gese, as hulle nie in Hom wil glo nie sal hulle elke jota en titel van die wet van Moses moet nakom… Dit is veel gevra… en diegene wat nie Jode is nie?

Eugene ·

Mense gaan nou weer skree dat die wereld eindig, maar ek ondersteun die verwydering van goddiens uit skole. Daar is genoeg plekke waar kinders en hulle ouers God se teenvoordigheid kan in neem, skole is nie die regte plek vir dit nie. Geloof en staat moet nooit meng nie. Ek stel voor as kinders wil bid hulle dit doen soos wat Jesus vir ons gesê het, agter toe deure

Ruby ·

Eugene, so godsdiens hoort nie in die skole nie….om die braaivleis vuur…..by die werk….of waar ookal.

Sommige mense KIES waar God hoort, net nie by die affair nie ook nie by my tjommas nie.

Jy is in of jy is uit, om “lou” te wees is nie die ‘n wyse keuse.

‘n Familie vriend wat ‘n paramedikus is, vertel ons dat hy gereeld mense teëkom wat ‘n paar minute weg is van die dood, dat hulle hom dan vra om vir hom/haar te bid en Jesus se vergifnis te vra, dis mense wat God nie geken het nie en ook ontken het. DAN tref die waarheid hulle.

Will ·

Wat is die punt om kommentaar toe te laat as julle slegs kommentaar plaas waarmee julle saamstem? Alle mense het ‘n reg om hulle opinie te lig, al stem jy nie saam daarmee nie

Anton ·

Ek kan nie glo wat ek lees by party mense nie. Jesus hoort in elke skool. Julle wat so slim is, julle dag sal kom.

Anne ·

Stem saam met jou Anton godsdiens hoort in die skool, die ouers wat nie sy kind christelike opvoeding wil gee nie laat hy/sy die klas verlaat, maar moet dit nie uit skole verwyder nie.

Veritas ·

Medegelowiges moet nie moed verloor nie. Indien die gesante van Satan wel daarin sou slaag om huil duiwelsplanne uit te voer en die Christendom te muilband, sal ‘die klippe dit uitroep’. God slaap nie en Hy sal sy kinders nooit versaak nie. Ons weet dalk nie hoé nie maar God sál Sy kinders bemagtig om Sy Evangelie te verkondig. Net ‘n woord van waarskuwing aan die meelopers van die Antichris: Julle speel met vuur, God laat Hom nie verkleineer nie en Sy oordeel sal finaal wees.

Prok ·

Die Bybel leer dat ons elke geleentheid moet benut om ons kinders van God te leer. As ons opstaan, as ons gaan slaap, as ons op die pad is. Kinders is die grootste deel van hul dag by die skool. Hoe kan jul hul die geleentheid ontse? Julle is seker nie lief genoeg vir jul kinders om hul die hel te wil spaar nie.

danie ·

Atiese, liberale, en wat nog, ek dink die christine moet begin om ander gelowe en nie gelowe die selfde respek te gee as wat julle verwag. Nie almal stem saam met julle leer stellings nie en dit maak nie van hulle slegte mense nie. Die skool en werks plek is waar baie verskillende mense by mekaar kom en almal verskil oor poletiek en godsdiens. Ek glo nie in christus nie en dis nou maar my indaba. En dit beteken ek glo ook nie in die duiwel nie. Ek rook nie , ek drink nie, al meer as 21 jaar by die selfde vrou. Het n dogter op varsity, baie goeie werk en inkomste. Leef n reverdige lewe volgens my morele waardes. En ek het nooit op skool deel geneem aan enige godsdiens vakke nie. So godsdiens is nie so belangrik soos baie dink op skool nie. Ek dink meer dit is iets wat jy y die huis en in jou kerk kan doen

John ·

Danie, wie het jou en die heelal gemaak en waar gaan jy heen na jou dood? Dit gaan nou baie goed met jou. Wie bedank jy daarvoor? Wonder jy nooit oor hoe pragtig die wette in die natuur saamwerk, hoe dit moontlik is dat die geur van ‘n roos presies by hom pas nie, of Wie die plante en diere onderhou en die wilde diere, selfs die kleinste miertjie so geskape het dat dit kan oorleef sonder jou en my nie? Jy dink seker tog soms oor dinge as die maan vol is, die presiese afstand van die aarde om jou hart te roer, en as die wind hartseer snags huil oor die baie siele wat reeds hul lewe verloor het en wie hulle was, oor hul lewensgange wat moeiliker was as joune maar ten spyte daarvan tog op die Hemelvader vertrou het nie (‘n ouma of oupa)? Stort jy tog soms ‘n traan as jy pragtige musiek hoor… of?

broos ·

as jy nie hou van wat in die skool aangaan nie MOENIE jou kind in daai skool sit nie!!!! sekerlik het jy VOOR die tyd geweet dis ‘n skool wat bid? sekerlik het jy VOOR die tyd geweet die skool is afrikaans? in ons heel eerste “saal” het die kinders se hoof die skool se reels en regulasies voorgelees en baie mooi duidelik gesê dat niks gaan verander nie – as jy van enige iets hou nie stel hy voor jy skryf jou kind by ‘n ander skool in, en DIS hoe dit moet wees!!

Adele ·

Ek sal graag wil weet watter skool se skoolhoof so iets in ń saalopening sê. Ek sal hom persoonlik laat vervolg agv sy diskriminerende uitsprake. Dis so goed hy sê kinders mag net wit wees.

Adele ·

Hierdie saak is die regte roete om te volg,sodoende word diskriminasie en uitsluiting in die kiem gesmoor. Indien een spesifieke geloof by die skool beoefen word is dit diskriminasie teen ander leerders.
Om dit regverdig te maak behoort alle gelowe gelyke blootstelling te kry. Om dit te bewerkstellig gaan hierdie tipe aksies in pouses, voor of na skool beoefen moet word om seker te maak dit is 100% vrywllig. Sodra selfs net een kind ń klas moet verlaat agv godsdiens is dit diskriminasie. Onderwysers is in elk geval nie bevoeg om godsdiensonderrig te gee nie en dra maar net hulle spesifieke dogma of weergawe daarvan oor. Wat maak jy die volgende skoolhoof is ń Scientologist en dring aan dat kinders daaraan ook blootgestel word? Gaan jy dan nog steeds veg om godsdiens in jou kind se klas te hê? Ek het nog nooit Wetenskaplikes in kerke en Sondagskole sien instap en aandring dat kinders geleer moet word dat die aarde nie net 6000 jaar oud is nie, tog voel gelowiges hulle mag godsdiens in Wetenskapklasse inbring.

TDW ·

Die klein verskille wat van mense aartsvyande maak is vir my altyd interessant. Groot doop, klein doop, psalms, gesange, orrel, kitaar, Yeshua, Jesus, Sabbat Sondag, Sabbat Saterdag. Dis die klein geskille wat altyd iets fantasties na iets horribaal maak. Jesus het die Leviete daaroor gewaarsku in die NT. God kyk na ons harte en kyk hoe ons Sy woord volg tot die beste van ons vermoë soos ons dit interpreteer. God is te Groot om in een boks gedruk te word.
Daar is juis ‘n grap dat as 2 mense op ‘n eiland strand, sal daar binne ‘n maand 2 kerke en 2 politieke partye wees.

TDW ·

Ek kies om my kind in ‘n skool te sit met Christelike waardes. Ek sal baklei vir Christenskap in skole wat reeds hierdie beleid het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.