Saak teen oud-Valke hervat binnekort

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Saak van korrupsie teen twee voormalige lede van die Valke moes Vrydag weens ʼn oorvol hofrol uitgestel word.

Kapt. Siyaza Patrick Siyale en Wilfred Arno Mentoor het onskuldig gepleit op aanklag van korrupsie, diefstal en dwarsboming van die gereg. Siyale het ook onskuldig gepleit op twee aanklagte van uitbuiting. Hulle staan tereg op die aanklagte voor landdros Sabrina Sonnenberg in die Bellville gespesialiseerde handelsmisdaadhof.

Nicodemus Moeng, president van die Frans-Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid, is glo onwetend by die sogenaamde Swart Dollar-swendelary betrek.
Volgens die klagstaat het die Kongolees David Kilato, Moeng genader om betrokke te raak in Kilato se beleggingsmaatskappy. Kilato het aangevoer hy is die enigste seun van ʼn weermag-generaal van die DRK wat in ʼn sluipmoordaanval dood is. Hy het aan Moeng gesê hy vrees vir sy lewe en is op soek na ʼn vennoot in Suid-Afrika om hom te help om sy besigheid na Suid-Afrika te ‘migreer’.

Moeng het glo ingestem en ongeveer R300 000 verloor wat Kilato gesoek het om die geld na Suid-Afrika oor te dra. Moeng het vier klein kluise van Kilato gekry wat hy in veilige bewaring moes hou. Kilato se geld en Moeng se R300 000 was glo in die kluise, maar daar was inderwaarheid slegs stukke papier wat so groot soos dollarnote gesny en swart gekleur is.

Staatsaanklaer Denzyl Combrink voer aan die twee beskuldigdes het Moeng onderskep nadat hy die vierde kluis gekry het en het toe glo R10 000 van hom probeer afdreig om te sorg dat hy nie vervolg word nie.

Die saak hervat op 29 Julie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.