Nagenoeg 50 van SAL se vlugte is Woensdag vertraag of gekanselleer nadat kajuitpersoneel gestaak en geëis het dat hul internasionale kostoelaag van $130 (R1 710) na $170 (R2 236) verhoog word.
Die SAL het egter ’n tussentydse bevel van die arbeidshof in Johannesburg verkry dat stakende lede hul werk moet hervat.
Saza Sibanyoni-Mugambi, president van SACCA, het gesê hul lede het teruggekeer werk toe om die wet te respekteer. “Ons regspan is egter besig om die hersiening op te stel. Ons is net nie seker wanneer dit reg sal wees nie,” het Sibanyoni-Mugambi, gesê.
Volgens die SAL se beëdigde verklaring was die staking onbeskermd. Die lugredery het gesê hy is bereid om verder met SACCA te onderhandel deur middel van ʼn gefasiliteerde proses oor die volgende twee maande.
“Ons hoop dat ons ʼn vriendskaplike ooreenkoms met die vakbond sal bereik wat kajuitpersoneel betref, terwyl ons die finansiële volhoubaarheid van die lugdiens beskerm,” het die SAL gesê.
As julle nie wil lê nie staan dan maar
Gaan maak vir DUDU wakker en vra vir haar waar die miljarde is wat sy die SAA aan verliese kos? Maar nou ja: hier kom klippe op.die aanloopbaan en vliegtuie aan die brand?
Geen wonder hulle is almal oorgewig nie, hoeveel moet jy eet om $170 n dag op te eet?