Die Suid-Afrikaner Gerrie Havenga is Sondag in die tweede plek aangewys tydens Mister Global, ʼn skoonheidskompetisie vir mans.
Mister Global word jaarliks in Thailand aangebied en 30 lande het Sondag aan die kompetisie deelgeneem.
Pedro Henrique Gicca van Brasilië is as Mister Global gekroon. Christopher Joseph Bramell van Engeland was in die derde plek, Fabián Esteban Vera Abello van Chile in die vierde plek en Thuân Nguyên van Viëtnam in die vyfde plek.
Havenga het ook die liggaamsbou-afdeling van die kompetisie gewen.
“Op pad huis toe, land môre 10:00,” het Havenga op sy Facebook-blad gesê. “Wat ʼn ongelooflike ervaring en dankie aan elkeen wat dit vir my moontlik gemaak het om deel te neem.”
Havenga woon in Thabazimbi in Limpopo. Hy is verloof aan die model en fotograaf Dajana Rijetkovic. “Wat ʼn prestasie! Jy het ons asem weggeslaan – en dit met jou eerste kompetisie ooit! Baie geluk met jou prestasie, dit is wonderlik! Jy bly ons wenner. Ons is baie trots! Ek is baie lief vir jou!” het sy gesê.
Trots om te kan se…ek ken die mannetjie…goed gedoen Gerrie…!!!Bosveld klong..!!
Baie geluk! Jy maak ons trots!
Mister Global vir mans ek wonder of daar dan n mister Global vir dames ook is?
Jy sal verbaas wees. Mag mos nie nie diskrimineer nie. So alle dames behoort n gelyke kans te kry om ook n Mister Global te wees…
Hy moes beslis gewen het! Baie geluk!
Baie geluk!!!! Knap gedaan!
Baie geluk!
Baie geluk !