SAPD soek ‘hartelose’ verdagtes wat vulstasie roof, motoris doodskiet

Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in Kamhlushwa in Mpumalanga is op soek na ʼn groep verdagtes wat vroeër vandeesweek ʼn vulstasie in dié dorp beroof en ʼn motoris in die proses doodgeskiet het.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het glo Maandagoggend baie vroeg plaasgevind.

Volgens Hlathi het ʼn groep van 13 of 14 gewapende mans omstreeks 03:00 die winkel by die vulstasie binnegestorm. Hy sê die verdagtes het die kluis opgeblaas en ʼn onbekende bedrag kontant en sigarette gesteel.

“In die proses het ʼn motoris by die vulstasie stilgehou om brandstof in sy motor te gooi, en die verdagtes het sonder waarskuwing op hom losgebrand. Die man het probeer ontsnap, maar is in die bolyf getref en het beheer oor sy voertuig verloor waarna hy in ʼn huis ingeploeg het,” sê Hlathi.

Die man is later op die toneel dood verklaar.

Hlathi sê ʼn tweede motoris het “wonderbaarlik” daarin geslaag om ongedeerd te ontsnap nadat hy ook tydens die rooftog by die vulstasie stilgehou het.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die “sinnelose” dood van die man veroordeel. Hy versoek lede van die publiek om op enige moontlike manier die “hartelose moordenaars” te help vastrek.

“Ons sal nie rus tot die hartelose moordenaars boete doen vir hul gruwelike dade nie. Ons doen daarom ʼn beroep op die gemeenskap om die polisie by te staan om die verdagtes vas te trek,” het hy gesê.

Mense met meer inligting kan ao. Mduduzi Shongwe by 082 389 8112 bel. Jy kan ook die misdaadnoodlyn by 0860 010 111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Fly on the wall ·

Wonder maar net hoekom die plaas moorde se verdagtes ook nie harteloos genoem word

Pop ·

Fly on the wall , ek wonder nou weer hoekom mense aanmekaar plaasmoorde noem as daar van ander moorde geskryf word. Die 2 het geen verband met mekaar nie. Dis of mense net jammer is as plaasmense vermoor word en nie enigiemand anders nie. Wonder ek net hoekom is dit so. Ons almal is targets. Ons leef almal in angs en vrees, want vandag is dalk die dag wat jy op verkeerde plek is en dan is jy dood. Uitgelewer aan boewe en moordenaars.

Afrikaner ·

Pop. dit gaan nie oor wie vermoor word nie maar wel oor hoe die moord hanteer word. Fly probeer die dubbel standaarde uitwys.

Stadsjapie ·

Ongelukkig hou die twee verband met mekaar. MEER aandag word aan politieke moorde en moorde by vulstasies gegee as aan plaasmoorde, mense mag natuurlik vrae vra oor HOEKOM alle moorde nie dieselfde aandag en afkeur van die politici en publiek kry nie. EK is ook ‘n stadsjapie en moorde in die stede is net so erg, die verskil is net die toename in plaasmoorde is angswekkend en die regering en politici sien dit glad nie as ‘n probleem nie.

Ai ·

Fly on the wall as jy die wreedheid en ure lange marteling sien waarmee plaasmoorde gepaard gaan, sal jy dalk weer ‘n keer dink.

Chris Ws ·

Kom nou SAP , WAAR IS DIE BELONING?Julle weet goed die’ wat inligting het staan bakhand.

Johann ·

Wonder net; na die hoeveelste koppie tee besluit 13 tot 14 van die barbare SAAM oor hoe hulle SAAM hulle herritage gaan uitleef…13/14 wat SAAM ok is met steel en verwoes en moor? Maar dan mag ek mos nie durf praat van n gemeenskaplike geneigdheid om van nature so te dink en doen nie…

Ada ·

Pop die plaasmoorde moet harteloos genoem word want dit is harteloos.
Daar word mense gemartel met warm strykysters en kookolie ens. So dit kan gerus genoem word. Ek weet ons leef almal in vrees maar dit is die arme boere wat verskriklik wreed vermoor word.

Willie ·

Komatiepoort se kant toe Sputnik, tussen al die ander snaakse name

Plot man ·

n Plaasmoord begin by die diefstal van n chappy by die Kafee. Hoe langer jy daarmee wegkom hoe groter kaanse begin jy vat.Geen onskuldige persoon staan een oggend op en besluit vandag word ek n Plaasaanvaller nie. Die gemors het gewoonlik n lang krimenele geskiedenis.Hul was net nooit suksesvol gearesteer nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.