Sassa sê oor verval van kaarte

Argieffoto

Die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) het ontvangers van maatskaplike toelae gerusgestel oor die verval hul Sassa-kaarte.

Sassa het in ʼn verklaring gesê hy het met Cash Paymaster Services (CPS), die Betalingsvereniging van Suid-Afrika (Pasa) en Mastercard vergader en ʼn ooreenkoms bereik waarvolgens Sassa-kaarte sonder enige probleme gebruik sal kan word ná die vervaldatum van 31 Desember 2017 wat op die kaarte verskyn.

Volgens Sassa sal sy kaarte dus by alle handelaars aanvaar word ongeag die vervaldatum wat op die kaarte verskyn. “Die rede hiervoor is dat die tegnologie en die aanvaarding van die kaart binne die nasionale betalingstelsel geen verbeterings benodig nie aangesien dit reeds aangebring is.”

Sassa het ook benadruk dat die kaarte met die kleure van die Suid-Afrikaanse vlag steeds die enigste amptelike kaart is en nie deur enige ander kaart vervang kan word nie.

Pearl Bengu, uitvoerende hoof van Sassa, het gesê ontvangers van maatskaplike toelae hoef nie meer paniekerig te wees nie aangesien die kwessie uiteindelik opgelos is. “Ons het ooreengekom dat Pasa ʼn kennisgewing aan alle handelaars sal uitreik dat hulle Sassa-kaarte kan aanvaar en dat die kaarte behoorlik sal werk ondanks die vervaldatum op die kaarte.”

Bengu het ook die versekering gegee dat die betaling van maatskaplike toelae soos gewoonlik sal voortgaan.

Vir enige navrae kontak Sassa by 0800 60 10 11.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Adri ·

Miskien moet iemand net gou die opskrif verander van karate tot karate.

Manuela ·

ek wou juis sê karate se standaard in SA is nog baie goed!

Francois ·

Wou ook nounet iets oor die karate plaas. Dankie tog dit was noe onwelvoeglike woordjie nie.

Jan ·

Nou laat weet hulle almal nadat ons nou navraag gedoen het, maar dit het al 1ste Augustus in die Citizen verskyn. Hoekm nie in al die media nie.?

John ·

?.. en as iemand dood is? Kry die spoke ook nog die geldjie… en niemand vra niks nie?

Se maar net ·

My dogertjie wat gebore is met down sindroom is afgekeer ek het ‘n rekonsiderasie eis ingesit en dis weereen afgekeer. Sy word nie gesien as “care dependant” nie. Hul weet definitief niks van down sindroom nie.

Rachel ·

Jy kan by jou belasting ook trug eis van al die mediese tot terapie ens vind net uit by n dr vir nodige briewe ens en rekkening mester hoop jy kom reg ekt my baba na 3mande oud verloor oor sy net 1hart kamer gehaat het sy was ook n downe sindroom ?

koos harmse ·

MY SKOONSEUN HET VERSKRIKLIKE PSORIASE.AANSOEK AF GEKEUR WANT HY KAN WERK.HY KRY NIE WERK AS GEVOLG VAN DIE TOESTAND.SY HELELYF.ANDER WAT NIKS MAKEER NIE KRY N TOELAAG. EK VERSTAAN NIE HOE DIT RYM NIE OF IS EK TE DOM OM DIT TE VERSTAAN.

Marina Viljoen ·

Ons sê dankie Maroela Media om ons op.hoogte te hou. Groot waardering. Groete

Alida ·

Watter deel verstaan julle nie. As jy wit is soek hulle enige rede om NIE te betaal nie.

Michelle ·

My hart gaan uit na die mense wat die ondersteuning regtig nodig het, dit is die probleem met kleur. Daar is mense wat te sleg is om te werk dan het hul nou net kind gehad dan sit hul weer ons almal ken dit as All Pay, daar word nie vir die klompe kinders gesorg nie, hul staan by ‘n robot en bedel terwyl drank gekoop word, die verbode immigrante trek net soveel voordeel hier uit.

Annelize ·

Ek wil net graag weet hoekom as hul vir oumense pensioen gee vat hul weer van dit terug ook? Ek weet van gevalle waar mense se geld met R80 hier en R40 daar net minder word. Dis nie reg nie, hul het dit so nodig

JANE RADEMEYER ·

mensies wees dankbaar vir die sassa wat julle kry.Daar is baie wat niks het nie.julle kry dit verniet.

MM ·

Die grootste en enigste proleem van SASSA is- BATHABILE DLAMINI – raak van haar ontslae as die Minister en al julle probleme is opgelos – zumpie kyk bietjie regs en links ook asb – baie “ministers” moet afgedank word – en duidelik bedank jy die verkeerdes af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.