‘SAUK se rol moet ondersoek word’

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Hlaudi Motsoeneng. Foto: news.iafrica.com

Die VF Plus het Dinsdag gesê die raadslede en bestuur van die SAUK verstaan die presiese rol van die uitsaaier en hul rol by die SAUK verkeerd.

Pieter Mulder, leier van die VF Plus, het kommentaar gelewer na afloop van ʼn vergadering van die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie. Faith Muthambi, die minister van kommunikasie en die SAUK-raad moes aan die komitee verslag doen oor onder meer die onlangse omstredenheid by die openbare uitsaaier.

Mulder het gesê dit is duidelik uit die afdanking van agt joernaliste by die SAUK en die bedanking van Jimmi Matthews sensuur word op groot skaal by die SAUK se nuusdienste ten gunste van die regering toegepas. “Alle Suid-Afrikaners word verplig om lisensiegeld te betaal en die Uitsaaiwet spel dit uit dat die SAUK ʼn openbare uitsaaier in belang van al Suid-Afrika se mense moet wees en nie ʼn regeringsuitsaaier in belang van die ANC nie,” het hy gesê.

“Die rol en finansiering van die SAUK behoort ondersoek te word om die presiese rol en plek van die SAUK te bepaal. Dit is duidelik die raadslede en bestuur van die SAUK verstaan hul rol verkeerd. Die SAUK behoort nie aan die SAUK-raad of aan die minister of aan mnr. Hlaudi Motsoeneng nie, maar aan al Suid-Afrika se mense.”

Mulder het verder gesê dit is ook vir hom duidelik die ANC is intern verdeeld oor hoe die huidige probleme by die SABC hanteer moet word. “Mnr. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het hom onlangs duidelik uitgelaat oor die SAUK se probleme en gesê ingryping is dringend nodig. Daarop het die ANC-lede in die parlementêre portefeuljekomitee by ʼn vorige vergadering ingestem ʼn ondersoek na die SAUK se probleme is nodig,” het Mulder gesê.

“By vandag [Dinsdag] se portefeuljekomitee-vergadering het die minister al die besluite van die SAUK-raad verdedig en Motsoeneng en die ANC-lede van die komitee het opgespring en verklaar geen ondersoek is nodig nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lance ·

Dit is seker baie waar as jy kan lieg oor jou kwakifikasies en die plek probeer beheer met geen idee van die uitsaaiwese …dis asof hy n goue handdruk wil he …

Oupa D ·

Lieg oor ‘n eenvoudige kwalifikasie soos matriek en maak en breek soos jy wil! Lieg oor kennis van waarvoor R250 miljoen op jou huis spandeer is en maak soos jy wil! Tref die vergelyking…..

Jcwf ·

En die ANC gaan natuurlik probeer daaroor te lag, maar deur wat nou gebeur in die munisipaliteite is hulle nie meer so seker van hulle saak nie.

Joann ·

Maar kan niemand die man verwyder nie?? Wat is hy dan nou so hoog aangeskrewe? O ja sy kwalifikasies is baie meer as zuma sin.

John ·

Ons moet bid teen weerwolwe in die leierskorps… as hulle bloed ruik en kyk…

Pieter ·

Dis hoekom ek nie lisensie betaal nie want daai le ogies weet nie wat hy doen nie.

Klong ·

Ja hulle sal skep en die krane word oop gelos daarom voel Ek draai toe die krane
STOP DIE LISENSIE GELDE . STOP ADVERTENSIES
As dit gebeur sal hulle gou reageer

erica ·

n Winsgewende myn.Laat my dink iemand wil dalk die myn eweskielik he dalk die gumpas en kie.

Louisa Krügel Pieters ·

Allamagtag!1 Gaan niemand dan iets aan die ou doen nie?? Hy gaan net aan en aan en aan!!
RSG nou in sy fisier!!

Louisa Krügel Pieters ·

Kan niemand die man dan keer nie?????
Nou sy fisier op RSG…

Anti-Haas ·

Dis hoekom ek al vir BAIE jare GEEN TV lisensie betaal nie.
Ek het twee volle DSTV met alles wat jy by kan kry.
Hiervoor betaal ek met ‘n smile☺☺☺ oor die R800-00 per maand.
Ek kyk my sport in AFRIKAANS.
Ek kyk my nuus in AFRIKAANS.(KYKNET)
Ek kyk alle sepies wat ek mis later. (Beide Explora’s)
Kyk lekker flieks ook……..
Kyk NOOIT kanale van SABC 1, 2 ,3 en e-TV nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.