SAUK-skorsings: Twee is van RSG

Foeta Krige het die foto op Facebook gelaai.

Foeta Krige het die foto op Facebook gelaai.

Die drie senior SAUK-personeellede wat met onmiddellike inwerkingtreding geskors is, sluit die uitvoerende regisseur en ʼn verslaggewer van RSG se Monitor en Spektrum-programme in.

Foeta Krige, uitvoerende regisseur van Monitor en Spektrum, en Suna Venter, ʼn senior verslaggewer, is Donderdag saam met Thandeka Gqubule, ʼn sakeredakteur, geskors omdat hulle, volgens die openbare uitsaaier, klank- en beeldmateriaal van gewelddadige betogings uitgesaai en dus ʼn direkte bevel verontagsaam het.

Die drie senior personeellede is individueel ingeroep en gedwing om briewe te onderteken ter erkenning van hul skorsing. Alle navrae oor die aangeleentheid is na Kaizer Kganyago, woordvoerder van die SAUK, verwys. Hy kon egter nie vir kommentaar bereik word nie.

Suna Venter het die foto op Facebook gelaai.

Suna Venter het die foto op Facebook gelaai.

Die bevel hou verband met Hlaudi Motsoeneng, bedryfshoof van die SAUK, se aankondiging vroeër vandeesmaand dat die SAUK nie meer beeld- of klankmateriaal gaan uitsaai van stakers wat openbare eiendom beskadig of aan die brand steek nie.

Die drie senior personeellede is glo verder aangesê om nie kontak met enige ander personeel van die SAUK te hê nie en hulle mag nie Johannesburg verlaat nie. Hulle is onmiddellik uit die gebou vergesel en moes ook hulle toegangskaarte inhandig.

Die drie personeellede se skorsing volg ʼn dag voordat die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika (Okosa) se openbare verhoor oor klagtes, wat deur die Media Monitoring Project teen die openbare uitsaaier aanhangig gemaak is, begin. Die klagte hou verband met die besluit om nie meer beeldmateriaal van die vernietiging van eiendom tydens gewelddadige betogings uit te saai nie.

Okosa het bevind die saak moet dringend aangehoor word. Die openbare verhoor vind Vrydag om 13:00 by Okosa se hoofkantoor in Sandton plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

alida ·

Wat wil die SABC wegsteek? Tipies ANC taktiek. Die wereld moet sien wat hier aangaan.

Deon ·

Hulle mag nie Johannesburg verlaat nie! Wie en wat dink hulle is hulle? Ek het nog altyd my TV lisensie betaal maar nou is dit klaar. Ek dink dit is tyd om op te ruk SAUK toe.

Johann ·

In n reeds HOOGS verdagte personeel aksie?????? Iemand verbied om JHB te verlaat? Magsbehepte ANC cronies

Gerhard ·

Van wanneer af het die sauk die mag om mense te beveel om nie Jhb. te verlaat of om met personeel te praat nie…sover ek weet kan net n’ hofbevel dit doen

Speedguard ·

Dit is die belaglikste wat ek nog ooit gehoor het, is die beperking van beweging op skrif, idien wel roer hulle, hulle het hoegenaamd geen reg om julle bewegings te beperk of te monitoe nie, selfs met wie julle mag komunikeer , soek maar vir julle ‘n job , gestapu is nou in volle swang !!Sterkte vir julle !

Aster ·

Nou word hulle geskors omdat hulle hulle werk doen…die SAUK wil die werklikheid wegsteek. Ons moet mos weet wat aan gaan of moet die werklikheid nou skielik weggesteek word? Eish! SA is klaar in sy glory in!

maritz ·

Nee hel ek wil net weet hoe kan jou Werkgewer jou onder huis aress sit . Wie gee hulle die reg en van wanneer af is hulle n hof ?

Pammy ·

Kan nie glo wat ek lees nie. Tipies ANC mentaliteit ! Wil alles toesmeer en weghou van die oë van die wêreld af, maar hulle moet onthou dis nie net die SAUK wat die nuus versprei en toesmeer nie, daar is baie ander maniere om die nuus in die wêreld in te stuur. Magsbeheptheid soos net die ANC ! Net nog n manier om nog minder stemme te werf ! En dan boonop die vermetelheid om iemand te beperk tot die grense van Johannesburg !

estelle ·

Welgedaan Futa En Suna!
Seker julle Sal met groot v erligting SABC ad smerige stof van julle voter afskud !
Drink nie julle gaan enigsins suckle om ander werk te kry nie! Jammer maar ek luister regtig nie meer graag na RSG nie, dit was altyd my gunsteling stasie.

JC ·

Laat hulle maar alles toe maak in ‘n kas. Dit sal altyd uitkom….. hulle vat mos altyd alles weg en steek dit weg. Ander lande moet weet wat hier aangaan en solank ons social media het sal ons dit verkondig. Word wakker SAUK !!!!!
Julle gaan maar moet toemaak want ek sal nie weer my TV aan sit nie ek sal ook nie my licence betaal nie ek kyk eerder op my laptop!

hans brits ·

Daar is nie plek vir blankes in hierdie land nie,jy word gehaat en weet nie hoekom nie.

Koos ·

Sluit by bosveld stereo aan volgens my die beste radio stasie in Suid-Afrika maat hulle nodig ‘n program soos spektrum

Peter ·

Kom Kaap toe Suna en Futa. Bokradio kan julle gerus by hul wenspan insluit..

Leon ·

Laat hulle vlieg hulle is mos nou op afrikaans gemik. Oor hulle nie vertaan nie nou wil hulle dit weg haal waars die geweld van die petrol stasie wie gaan hulle daar af dank???? Maar ons moet stil bly geen komentaar lewer nie stem saam jo jc hulle het alles al ek gaan nie betaal vir lisensie nie vir wat hulle alles weg steek nie.

Piet Pompies ·

Voel nou sommer goed, dat ek vir meer as 30 jaar lank al, nie vir n’ Tv lisensie betaal nie!
Die A&C en hulle kaders, sal nie rus voor de laaste wit gesig, nerens te sien is, of leweloos is.
Dis nou te se, as ons net gaan aanhou praat, sonder om enige iets aan hierdie haatlike situasie te doen nie…

Gerhard ·

Leon jy vat die woorde so uit my mond uit.
Wie gaan hulle afdank want dis ook geweld gewees.
Ons land en mense moet begin saam staan Die SAUK kom met moord weg.
Ons en ons kinders is in afrikaans geleer nou wil hulle dit van ons weg neem.
Volgende moet ons afrikaans mense Zulu en hulle taale takel.

Melt Olckers ·

Dit is dalk tyd dat Afriforum sy eie uitsaai platform begin. Dit moet dan ook toeganklik wees vir behoeftiges.

vernon ·

Kom ons hou dit by SABC want toe dit SAUK was het als laas nog gewerk.

Irene ·

Soek iets om van hulle ontslae te raak net soos Afrikaans Pasop as die wiel draai

Wiltrud ·

Skokkend! Maar hier kom groot eise wat deur belastingbetalers betaal sal moet word. Waar gaan hulle die streep trek? Is dekking oor moorde en diefstal nie ook maar dieselfde nie? Dit is tog ook berriggewing oor die persoon wat die misdaad pleeg? Hou hierdie spasie dop.

Flintstone ·

Reken die narre dat hulle deur afdankings,die weersin teen hulle veragtelike optredes,in die niet gaan verdwyn?Hierdie onderdrukkende optrede vuur net die minagting verder aan.Wat gaan hulle met sosiale media maak-Mark Zukerberg ook “fire”????

riana ·

Belaglik verby, as mens nou nieveens meer mag weet wat in die land aangaan nie wag net tot na die verkiesing dan word verbod gelig,

Sterretjie ·

Nee regtig!!!!!! Social media gons met foto’s van die betogings.

Stella ·

Het hulle vergeet van Facebook?? Ons sien dit tog alles daar….

Roekie ·

Ek is feitlik seker dat Thandeka Gqulule nie wit is nie. Maar ja, ek stem saam – dit begin klink soos die ou dae!

Marius Aggenbach ·

As ek sulke berigte lees kom daar so n wroeging op dat indien ek sou se wat ek dink van die hoof van die SAUK sou die media dit verwyder. So ek sal volstaan deur te se dat hulle moet passop Zuma gaan nie vir altyd regeer nie die wiel draai stadig maar maar dit draai wel.

Petrus Moolman ·

Wanneer gaan adverteerders begin om die SAUK te boikot ? Dis tyd dat kykers/luisteraars begin ernstig raak in ons besware. Hulle luister nie na ons nie, so laat hulle voel waar dit die seerste byt: Hulle sakke! Ons maak hulle sakke vol en hulle skryf aan ons voor waarna ons mag kyk en luister! Hou net op adverteer!

charmaine ·

Ons is mos daarop geregtig om te sien en hoor hoe geweldadig en verwoestend die betogers is. Moet húlle optrede onder die mat gevee word. ??

Danie ·

Het die sauk n skuld gevoel of is dit maar weer jan van ribeeck se skuld waner gaan hulle groot word ag jy weet hulle het geen magtiging om enige werker of geskorsde werker enige beveel te gee nie net n hof kan dit doen julle antwoord n advokaat wat die sauk kan aanvat en hof toe sleep

Lourens ·

Mense hier kom n werklike oorlog snaaks die anc het teen die np geveg oor goed wat gesensor word nou doen hulle dit

Annatjie Kruger ·

Die drie werknemers van die SAUK en veral die twee van RSG is my ondersteuning. Ek luister nou reeds geruime tyd na RSG en die radiostasie sal nie meer dieselfde wees sonder hierdie twee uitmuntende verslaggewers nie. Ek wens hulle alle sterkte toe en hoop dat hulle binnekort weer op RSG gehoor sal word. En dat hulle dieselfde toeweiding in die verskaffing van nuusgebeure sal openbaar as in die verlede. Ons wil die waarheid weet.

Fourie ·

Wat het van demokratiese beginsels in Suid Afrika geword om nie eers van arbeidswetgewing te praat nie! Twee uitstekend joernaliste hulle werk kwyt agv goeie joernalistieke etiese toegewendheid. Doen eerder aansoek by Radio Afrikaans Sonder Grense waar julle gerespekteer sal word vir goeie werk en nie onderwerp word aan demoraliserende praktyke nie.

Paul ·

Ek het nie geweet dat RSG saai beeldmateriaal oor onluste uit nie! Ja-ja … en die betogers luister na RSG! Hoe belaglik is die skorsing.

Patrys ·

Ek is sprakeloos! Hierdie land is oppad na ‘n diktatorskap. Nr. 1 se foto pryk op die ANC se verkiesingsplakkate. Dit ten spyte vd feit dat hy in die hof skuldig bevind is daaraan dat hy die Grondwet oortree het, dat hy die belatingbetaler se geld gesteel het vir Nkandla. Hie-hie-hie is besig om hom voorteberei om soos Zimbabwe se nr. 1 aan bewind te bly tot die dag van sy dood. Geen ander party kon in Zimbabwe wen nie, al het die stembriewe dit gewys! Hierdie mense doen net wat hulle wil. Die SABC is lankal ‘n pion vd ANC. Ons staan magteloos. Kyk wat het met Piet Retief gebeur.
Hierdie mense gaan sit om ‘n onderhandelingstafel maar weet die oomblik as hy by die deur uitstap het hy van besluit verander! Wanneer gaan ons leer dat hulle NOOIT te vertrou is nie!! Hulle wil ons nie meer in hierdie suidland hê nie, punt!

Beatrice Grobler ·

Ons vryheid van spraak word nou weggeneem…is dit nue in ins Grondwet vervat nie.

Roelof Paul ·

Ek dink ons as Suid Afrikaners moet die selfde doen soos ander lande. As hulle nie van ‘n produk of maatskapy hou nie dan ondersteun hulle nie die maatskapy of produk. Die SABC besluit namens sy kykers wat hulle mag en nie mag kyk nie. Ek dink dat as almal saam staan en hull TV lisensies kanselleer en nie meer maatskapye ondersteun wat die SABC gebruik as uitsaai medium nie sal hulle wakker skrik . Ons as suid Afrikaners het die reg om te weet wat in ons land aangaan. Dit is tog Suid Afrikaners wat hull produk moet bemark en waarom ‘n medium gebruik wat geld uit hulle maak maar hulle die reg ontneem om self te besluit wat hulle kyk of nie kyk. Die SABC is tog afganklik van ons geld hetsy dit uit TV lisensies of uit advertering gegenereer word. As ons ons produkte via ander media bemark en nie die SABC sal hulle moet besluit om hull standpunt in oënskou te neem. Ons geld hou hulle tog aan die gang. As groot maatskapye hulle onttrek by die SABC en ander media gebruik sal die SABC nie meer ‘n monopolie wees nie en die uitsaai owerhede sal dan geen ander opsie hê as om na ons te luister. As hulle nie meer ondersteun word nie sal hulle of moet privatiseer of geheel en al ontbind as uitsaaier.

Esme ·

Dit is lagwekkend aan die een kant maar skrikwekkend aan die ander. Die waarheid MOET onder ‘n dekmantel gehou word en joernaliste se bewegings word ingeperk. Ek het voorheen vir Foeta gekontak en hy is ‘n ware heer wat sy werk met oorgawe en passie doen. Ek dink mense wat net in afkortings praat het beslis iets om weg te steek – ANC, JZ, SABC… Dink Radio Suid-Afrika het destyds veel beter vir my gewerk. Die waarheid kom ewensieel uit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.