Sekuriteitswagte van geldmaatskappy in Bloem beroof

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

Twee sekuriteitswagte van ’n geldafleweringsmaatskappy is Vrydagmiddag teen 13:10 van ’n onbekende hoeveelheid kontant beroof.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in die sentrale deel van Bloemfontein voorgekom.

“Die voertuig van die kontantafleweringsmaatskappy het buite ’n bank in Charlotte Maxeke-straat stilgehou. Twee wagte het uit die motor geklim, een van hulle met ’n sak vol kontant by hom. Voordat hy die bank kon binnegaan het twee gewapende verdagtes hom aangeval en twee ander verdagtes het uit die straat gekom en vuurwapens op die wagte gerig,” het Makhele gesê.

Die sak met kontant en die wag se aanvalsgeweer is tydens die aanval gebuit.

Geen skote is afgevuur nie.

Volgens Makhele het die verdagtes van die toneel gevlug in ʼn Mercedes Benz met vervalste nommerplate.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan Kapt. Jaap Coetzer van die Valke by 082 372 0386 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Hanna ·

Wonder maar net hoeveel van hierdie gevalle is inside jobs? Geen beserings, geen skote afgevuur nie… Klink nie vir my na die tradisionele Suid-Afrikaanse, “trigger happy” misdadigers nie. Ek mag verkeerd wees.

JR ·

Hanna jy is reg baie kere is dit Inside en baie kere skiet hulle nie wat baie goed is in die gevat want hoeveel mense sou dood of beseer gewees het dit is nie n maklik werk wat die wagte doen nie en as dit nie vir hulle was nie kon ons nie geld by die bank kry nie so resperteer die mense vir wat hulle doen ek het dit gedoen vir 15 jaar

Boet Fasie ·

Klink of hierdie rowers hulle werk goed gedoen het en presies die doen en late van die aflewering en die wagte geken het, gelukkig is niemand beseer nie. Seker ‘n redelike groot hoeveelheid geld gebuit.

JR ·

Jy is reg hulle het geweet wat hulle doen hulle hou jou dop vir ongeveer drie weke voor hulle die roof doen dis nie n maklik werk nie bly die wagte is nie geskiet nie en niemand is beseer nie en jammer hulle het weg gekom met die geld

JR ·

Jy is reg hulle het geweet wat hulle doen hulle hou jou dop vir drie weke voor die roof plaas vind die nie n maklik werk nie dankbaar die wagte is nie geskiet nie en niemand is beseer nie dankie vir die HERE

André ·

Ek kan nie verstaan hoekom daar nie meer sekuriteit betrokke is by geldafleweringsvoertuie nie. Dit herhaal oor en oor en oor. Die voertuig word in vasgery en/of opgeblaas of soos in hierdie geval word die wagte van kontant beroof en vuurwapens word gesteel.
Misdadigers hou daardie mense soos valke dop. Ek voel daar moet baie meer wagte wees sodat daar dadelik opgetree kan word indien misdadigers toeslaan. Ek voel ook dat ten minste 2 voertuie die geldafleweringsvoertuig oral moet vergesel.

snaaks ·

Ek bly in Bloem. Die snaakse deel is omtrent 20 swaar gewapende polisie lede het by Prellerplein se Absa bank opgedaag nef om uit te vind hulle is by die heel verkeerde plek…baie snaaks….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.