Sersant steeds vermis

Michael van der Watt.

Die soektog na sers. Michael van der Watt (35) van die Motherwell-taktiesereaksie-eenheid in die Oos-Kaap gaan Woensdag volstoom voort.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die taktiese span van Kabega-polisiestasie asook lede van die berg-eenheid is steeds op soek na hom.

“Ons fynkam in hierdie stadium al die groot fietsryroetes in die hoop om ʼn positiewe leidraad daar te kry. Die gebied is baie groot en die bosse baie dig. Die gemeenskap is ongelooflik – soveel mense het al ingespring om na Michael te help soek,” het Naidu gesê.

Naidu het gesê dat hulle enige inligting opvolg.

Maroela Media het vroeër berig Van der Watt het Sondag vermis geraak. Hy is laas gesien deur ʼn kollega wat hom Sondagoggend ná ʼn nagskof by die huis gaan aflaai het. Hy is as vermis aangemeld deur sy vrou wat nog nie sedert Sondagaand van hom gehoor het nie.

Volgens Naidu het bure beweer hulle het Maandagoggend iemand in fietsryklere die huis sien verlaat.

Van der Watt se fiets is ook vermis, maar al sy persoonlike items soos sy selfoon is by die huis.

Die polisie het mense met inligting gevra om die Kabega Park-polisiestasie by 041 397 6801/02 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

lorayne ·

Mag hy ongeskonde gevind word. . . Sterkte aan sy gesin en kollegas!

Bosbok ·

Sy vrou het sedert Sondagaand niks van hom gehoor nie, maar die bure het Maandagoggend iemand die huis sien verlaat in fietsry klere? So sy was seker ook nie by die huis oor die naweek nie. Hoop hy word veilig gevind

AL ·

Sterkte aan sy gesin en familie. Die onsekerheid moet erg wees.

Liza ·

O genade….hoop hy word veilig gevind, Al jy is reg daardie onsekerheid, ek sal mal word….sterkte aan die familie…..

Bep ·

Hulle het nou net oor radio-nuus gesê dat die soektog afgelas is. Blykbaar is daar ‘n leidraad.
Bid dat dit positief is

Janie Monsieur ·

Dagsê Bep,
Dankie vir jou kommentaar.
Maroela Media het pas weer met kol. Naidu gepraat en bevestig dat die soektog nog aan die gang is.Die polisie het selfs hul soekgebied vergroot.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.