Sesjarige se lyk langs treinspoor gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn sesjarige seuntjie is langs ʼn treinspoor op De Aar in die Noord-Kaap gevind.

Kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, het gesê die seuntjie se liggaam is omstreeks 07:00 Donderdagoggend deur ʼn verbyganger naby die treinspoor in Friedlanderstraat opgemerk.

Volgens Tawana is die seuntjie glo Woensdagaand die laaste keer gesien saam met ʼn man, glo sy ma se kêrel. ʼn Saak van moord word ondersoek. “Ons glo die man kan ons bystaan in die ondersoek en ons versoek hom dus om homself by die naaste polisiestasie oor te gee.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Joann ·

Ai foeitog. Ma moet mos weet waar kerel is en sy moes mos begin soek het toe kind nie huis toe kom nie. Slegte ma

MissDemeanor ·

Interesant, die man vermoor sy meisie se kind, en nou beskuldig jy haar daarvan dat sy die slegte persoon in die verhaal is. Miskien was haar grootste fout om die man met haar kind te vertrou, maar dit maak haar nie die slegte een nie.

Sê net ·

Daar is soveel mense wat smag na ‘n eie kindjie en wat alles sal gee om ‘n kindjie te kan hê. Elke keer wanneer mens hoor van mishandelde, weggegooide of vermoorde kindertjies voel mens verpletter. ‘n Kind kan hom/ haar nie verweer teen ‘n volwasse mens nie. Dis geen prestasie om ‘n weerlose kind seer te maak of te vermoor nie. Sulke mense verdien nie om vry rond te loop nie.

Irene ·

Wys jou die mens is a siek parasiet gebruik weer onskuldige kinders om hul doel te bereik. Vieslik dit gebeur on baie verhoudings

KarooKlong ·

Foeitog arme kind. Wat ‘n moeilik naweek en vorentoe.

De Aar ·

Die kind se ma is vermoor sy 19 jarige suster het na hom en sy ander boeties en sussies omgesien. Hulle het op die asgate gebly. De Aar Polisie en die gemeenskap het vir hulle n huis laat bou. Ons het verlede maand die huis aan die kinders oorhandig. Moenie die suster blameer nie. Hy het saam met n man geloop wat hulle vertrou het. Niemand het dit gesien kom nie. Maar ons het daai familie aangeneem. Ons harte is baie baie seer. RIP William

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.