Seun (16) deur trein doodgery

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sestienjarige skoolseun is Maandagmiddag dood toe hy deur ʼn trein getref is.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 by die Tembisa-treinstasie in Johannesburg gebeur. Die is nie duidelik hoe die seun voor die aankomende trein beland het nie.

“By Netcare 911 se aankoms op die toneel was ʼn paramedikus van die Ekhurhuleni-nooddienste reeds met die seun besig. Die seun het egter voor hul aankoms reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk en is op die toneel dood verklaar,” het Mathe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Edward James Shawe Snr ·

As n gewese treindrywer gaan dit seker wreedklink wat ek nou uitlaat. Treine en treinspore is nie speelgoed nie. Daar is baie mense wat die treine as speel tereine aanskou. In my tyd as drywer het ek al op verskeie kere mense en karre gestamp. As jy nie wil luister na waarskuwings oor gevaar van treine nie, moet jy maar die gevolge dra. Want n trein kan nie binne enkele meters tot stilstand gebring word om jou bas te red nie. Op 60km per uur vat dit ongeveer 600 meter om tot stilstand tekom. Hoe groter die spoed, hoe verder die stilhou afstand.

m ·

Netso Edward. Dalk was die arme kind gestamp want kinders kan ma rof wees. Dit is baie tragies.

Gesiggie ·

Vir sommige kinders is treine baie interesant ” dit is so hartseer dat die kind sy lewe moes verloor… ja en ongelukkig kan n trein nie op so n spoed, dadelik tot stilstand kom… stem saam m… dalk kon iemand hom gestamp het, maar dit kon ook n speletjie gewees het dat hy wou kyk of hy voor die trein verby gaan, die treinspoor oor kon steek…op 16 kan mens al n bietjie meer verantwoordelik wees… jammer vir die ouers se verlies..

Riaan ·

As gewese treindrywer kan ek dit ook bevestig dat dit te veel moeite is om van die voetgangers brug gebruik te maak.

Karma ·

Ons bly reg langs ‘n baie aktiewe spoorlyn – gelukkig ‘aan die regte kant van die spoor’ – :-)). Daar is ‘n hoë, veilige treinbrug vir voetgangers oor die spore, seker so 300m van ons huis af, maar dink jy die mense gebruik dit om die spoor te kruis? Nee. Hulle gebruik dit as opelug-toilet. Die skoolkinders van die plaasskooltjie oorkant die spoorlyn hardloop soos ‘n spul bokke oor die treinspoor, selfs al kom daar ‘n trein aan en ja, hulle stamp mekaar selfs op die spore. Daar is al hoeveel mense – of dit nou mense is wat oor die spoorlyn gestap het, of in motors op die cruising gevang is – op dié stuk spoorlyn dood. Jammer, daar is nie pille vir onnoselheid nie. Trein vs. mens: trein = 1, mens = 0.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.