Seun vas oor bedrog van R93 miljoen, pa in hof oor korrupsie

Argieffoto

Tseko Mojalefa Rabotho (29) het Vrydag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn op aanklag van korrupsie.

Rabotho is op 17 Augustus deur die Valke in hegtenis geneem op aanklag van bedrog, korrupsie en geldwassery ten waarde van R93 miljoen, het lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, gesê. Hy het aanvanklik op 21 Augustus in die hof verskyn waar dit aan die lig gekom het dat hy ʼn aantal bates, insluitend twee luukse eiendom en 19 motors, bekom het, wat nooit gefinansier is nie.

“Net voor Rabotho Donderdag vir sy aansoek om borgtog in die hof sou verskyn, wou sy pa, Jackie Nicholas Rabhoto (57) die ondersoekbeampte by die Valke se kantoor in Pretoria glo met R52 000 kontant omkoop,” het Netshiunda verduidelik. “Hy is dadelik in hegtenis geneem. Hy het ʼn verdere R48 000 kontant in sy besit gehad.”

Jackie het Vrydag in die hof verskyn op aanklag van korrupsie.

Die twee mans moet weer op 31 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Alida ·

Natuurlik n kader. Die pappas leer hul seuntjies mooi maniere.

Deidré ·

Goeie genugtig! Teen die tempo wat geld in hierdie land verduister en verkwis word, is rommelstatus ons voorland tot in ewigheid!

Alida ·

Deidre wat het jy dan gedink? Dit sal nooit stop nie want hulle word nie vervolg nie en word ook nie gestraf nie. As jy R10.00 steel by jou werk gaan jy dieselfde dag nog tronk toe. JZ het 700+ klagtes teen hom en pronk soos n pou mannetjie want hy is no 1. Ons kan nie wen nie.

Lizan Burger ·

Wat vir my interessant is, is die feit dat die eiendomsagente en motirhandelaars nir hierdie aankope gerapporteer het nie. Dit word tog duidelik gestel dat selfs ‘n vermoede van geldwassery gerapporteer moet word. Of is dit na aanleiding van een van bostaande se aanmelding dat hy gevang is?

Spyker ·

Dis n hengse klomp geld….as kind wou ek ook n miljoener as beroep op neem,maar my pa het my mooi laat weet om maar van daai gedagtes te vergeet.werk hard genoeg en hopenlik sal geld eendag opdaag.wag nog steeds…….

SARIE VAN HEERDEN ·

Net soos Zuma niks oorgekom het met sy mannewales nie net so sal hierdie knaap ook niks oorkom met die bedrog van R93 miljoen nie. Om die waaheid te se sal ons ook nooit weer hiervan hoor nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.