Skoolhoof met mes gesteek ná dreigemente

Argieffoto

ʼn Skoolhoof van Kaapstad wat tydens die eerste skoolkwartaal verskeie dreigemente ontvang het, is Woensdag voor 07:00 in die voorportaal by die skool deur twee aanvallers oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek.

Wayne Abrahams, skoolhoof van die Bishops School of Skills in Bishop Lavis, is in sy nek, skouers en bors gesteek. Die twee aanvallers het op die vlug geslaan toe die skool se opsigter by die toneel opgedaag het. Abrahams is kort daarna na ʼn hospitaal gehaas.

Debbie Schäfer, die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, en Brian Schreuder, hoof van die departement, het in ʼn gesamentlike verklaring die voorval bevestig. Volgens die verklaring het Abrahams dreigemente ontvang nadat hy dissiplinêre stappe teen ʼn leerder gedoen het wat na bewering ʼn 15-jarige leerder op 27 Maart vanjaar in die been geskiet het. Die skietvoorval het glo met bendeaktiwiteite verband gehou.

Abrahams het aan die einde van die eerste kwartaal aangemeld dat hy gedreig word dat iets met hom sal gebeur indien hy met die dissiplinêre proses voortgaan.

“Hierdie wrede aanval word op die sterkste moontlik manier veroordeel. ʼn Aanval op iemand wat sy lewe daaraan wy om die jeug in hierdie provinsie op te hef en die regte ding wou doen deur dissiplinêre stappe te doen om sy leerders te beskerm, wys net hoe skeefgetrek sommige mense se waardes is,” lui die verklaring.

Senior beamptes van die departement van onderwys, asook metropolisiebeamptes is na die toneel ontbied om die voorval te ondersoek. Vier ekstra veiligheidswagte is deur die Safe Schools-program by die skool ontplooi terwyl die metropolisie ook twee ekstra beamptes ontplooi het om die skool te beveilig.

Die departement sal ook berading beskikbaar stel aan persone wat dit benodig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mickey Ritter ·

En die oninspirerende miesies Zuma kry beskerming? Sy sal haar teenstanders laat doodgaan van verveling.

Theresa ·

Amper asof die landsstatus pas by die optrede: rampokkeragtig.

Veritas ·

Wat gaan aan in die Kaap? Die bendegeweld kan skynbaar nie gestop word nie. Het die polisiemag só versleg dat hulle nie eers ‘n klompie daggakoppe kan vasvat nie of betaal die bendeleiers groot geld om ongehinderd met hulle rampokkery voort te gaan? Die DA regering blyk ook nie juis die pyp te rook met wetstoepassing nie. Die situasie het nou al so versleg dat kinders loop en spog met hul kriminele kwalifikasie ipv akademies. Dalk moet die politici wat hierdie toedrag van sake laat voortsleep, in die bek geruk word. Of strek die bendeleiers se tentakels verder as wat ons dink.

LB S ·

Die DA se hande is afgekap deurdat die ANC nie op nasionale vlak ondersteuning wil gee dat gespesialiseerde taakmagte op die been gebring kan word om die dwelmbase vas te vat nie.
Moenie die DA vir alles blameer nie, kry jou feite eers reg ☺

kobus ·

Hy het aangemeld dat hy gedreig word, wat het die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys gedoen om sy veiligheid te waarborg. Niks wat ek hier kan raak lees nie

olie ·

My hart is seer oor ons land se mense …..wat gaan gebeur …..hoof is verkeerd hippppeeee….. kinders wat geen respek het vir ander nie….bring die lat terug punt en geen sielkundigge verskonings nie. Ouers leer julle kinders asseblieffffffffffff.

Catherine ·

n Totale skande! Leerders kan maak net soos hulle wil, en die personeel ly daaronder. Die arme man…….

Ano ·

En die veiligheidswagte ook te laat …………….. hoe de hel dink die mense? Wag eers tot iemand seerkry NA die aangemeld is dat hy bedreig word en dan word metro polisie as wagte geplaas? SERIOUS?

Carel ·

Alle sterkte aan die skoolhoof. Hoop jou herstel is spoedig en daar is geen ernstige beserings nie. Ek hoop van harte daai twee kriminele word opgespoor en gevonnis (nie net gearresteer nie, dan is die werk nog nie klaar nie!). Geen genade, hulle is nie kinders nie, hulle is kriminele.

Elsa ·

Waar is sekuriteite dan? skrik wakker en begin waaksaam wees oral… dis rof oral en geen sigbaarheid van Polisie of Sekuriteite nie….iets moet nou gedoen word anders is dit chaos chaos en dit kom nie tot ‘n einde

Anta ·

Nee,hierdie is aanvaarbaar!! Het jul nie nuus gekyk ..model c schools soos dlamini zuma gisteraand op nuus gese,blanke onderwysers lees swart kindersdat die anc korup is…en weet nie watse strooi nog nie….plaas dat hul kyk wat rerig aangaan …swart onderwysers slaan kind met n besemstok..kinders word verkrag deur hoof..nou weer hierdie berig..word net wakker anc..as jul jul oe oopmaak sien jul wit..as jul oe toegaan sien jul wit..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.