Skuldige agter wêreldwye kuberaanval bekend

tablette-skootrekenaars-slimfone-blogger

Foto: Unsplash/Pixabay.com

Nadat duisende rekenaars wêreldwyd vroeër in Meimaand deur kuberaanvalle geteister is, het kundiges van die VK en VSA nou glo die skuldiges vasgetrek.

Duisende rekenaar-gebruikers se toestelle het tydens dié kuberkrisis ʼn sogenaamde “virus” opgedoen wat elektronies beheer oorneem totdat die slagoffer ʼn losprys daarvoor kan betaal.

In ʼn verklaring het die sagteware-onderneming Eset gesê kundiges meen alle ondersoeke dui nou daarop dat die Noord-Koreaanse Lazarus-groep agter die jongste kuberaanval sit.

Maroela Media het vroeër berig die virus – wat intussen as Wannacryptor geïdentifiseer is – het hospitale, groot maatskappye, universiteite en regeringskantore wêreldwyd geteiken. Meer as 100 000 rekenaars is in die kuberaanval geraak. Tekens van die virus is ook in Suid-Afrika aangemeld.

Volgens die verklaring wou die National Cyber Security Centre in die Verenigde Koninkryk nie in dié stadium kommentaar lewer nie.

ʼn Ander bron het egter aan The Guardian vertel dié organisasie het reeds sy ondersoek voltooi, en dat alle aanduidings op die Lazarus-groep dui.

Slagoffers kon hul rekenaar slegs ontsluit deur ʼn bitcoin-betaling te maak. Volgens navorsing van Elliptic, ʼn Britse firma wat spesialiseer in bitcoin-betalings, is daar egter nog geen bewys van onttrekkings uit die geld wat reeds deur slagoffers betaal is nie.

Die uitslag van die National Cyber Security Centre sal weldra bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Houtoog ·

Koningryk = koninkryk (par. 5)
Ontrekkings = onttrekkings (par. 7)

Cyril Blackburn ·

Dagsê Houtoog

Baie dankie vir jou kommentaar! Ons vra om verskoning vir die oorsig – die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Cyril nms Maroela Media

Henk Stander ·

Hahaha Houtoog… meer soos valkoog! Mooi so, hou ons taal suiwer.

HV ·

Regtig? Alle aanduidings dui daarop = nonsens. Tipies yank propaganda om n land wat hul nie van hou muishond te maak. Yanks propaganda sê Noord Koreaane is agter af. arm onnosel mense, nou lyk dit dan daar is n paar slim oukies daar rond.

John ·

Nou toe nou. En dit was sowaar nie Russiese kuberkrakers nie… Waarom is die lyk van die vermoorde broer van N-Korea se leier nie geruil vir die VSA-student se vrylating nie? Dit kon dalk betyds sy lewe red. Die Weste is skynbaar kwaad vir hul eie onvermoe en neem nou ‘n volgende dwase houding in. Se hulle hiermee dat die Lazarus-groep soveel meer kundiges het as alle ander rekenaarnetwerke? Was dit dalk nie die klimaatsverandering se skuld nie… of… dalk net Trump?

HB ·

Ek stem 100% saam john. Dit is dieselfde kommerwekkende scenario as die keer toe Amerika vir Saddam Hussein van chemiese “Weapons of Mass destruction” beskuldig het
n Aantyging wat hóóg bo Irak se tegnologiese vuurmaakplek gesit het. Nou weer dieselfde met N-korea. Oudste taktiek in die boek. Besmeer jou vyand in die oë van die publiek, sodat jy hom ‘uit wraak’ kan timmer

HB ·

Hoe gerieflik is dít nou nie vir die Amerikaners nie… Mý wêreld

Hulle gryp na grashalms daai klomp yanks.
Op hierdie stadium is die enigste mense wat die Amerikaanse regering glo die Amerikaners self. Wat seker al mense is wie die regering móét flous ?

anton ·

Nou as jy van beter weet, wie sal jy dan sê is die skuldiges?
En ja HV, ongelukkig is Noord Korea n muishond en gladnie n goeie land nie. Gaan lees maar bietjie op oor hulle. Hulle is so kommunisties, dit is net nie waar nie en hou n groot gevaar in vir die hele wêreld!

Reti ·

Gaan liewers kerk toe as om sulke anti dinge uit te dink. Wat het Amerika of Trump aan julle gedoen?

Daizy ·

Nee regtig ek stem saam met Houtoog. Daar is mos so iets soos “spell check??

Piket ·

Ek is werklik bly die klomp “slimmes ” is presies waar hulle is en nie
in beheer van sekeresake nie!

HV ·

Ons weet nie wie is die skuldiges is nie, maar ons wil ook nie met nonsensens gevoer word en dit sluk nie, Probeer maar om bietjie wyer te lees , dan kom daar n beter insig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.