Die Limpopo-polisie het Saterdag die name van ses van die sewe oorledenes bekend gemaak wat Donderdagaand in ʼn gru- trompop botsing buite Polokwane dood is.
Maroela Media het vroeër berig sewe mense, onder wie ʼn vierjarige kind, is omstreeks 22:00 naby die Shell Ultra City op die N1-Suid buite Polokwane dood nadat ʼn Polo Vivo en ʼn Opel Astra mekaar reg van voor getref het. Drie mense in die Polo, twee mans en ʼn vrou, en vier mense in die Opel, twee mans, ʼn vrou en ʼn vierjarige seun, is op slag dood. Een van die slagoffers is tydens die trefslag uit ʼn voertuig geslinger. Die res van die mense was in die voertuie vasgekeer en moes deur nooddienste uit die wrakke gesny word. Niemand het die botsing oorleef nie.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het Saterdag gesê ses van die mense is uitgeken.
“Norman Kone (34), die bestuurder van die Opel, sy vrou, Puseletso Marithabile Motsili (29), en hul seun, Andani Kone (4), is uitgeken. Hulle is van Lesotho. Die man wat saam met hulle in die motor was, moet nog uitgeken word,” het Ngoepe gesê.
Hy het gesê die bestuurder van die Polo was Braimah Eshiozimede (28) van Nigerië. Maano Nenghovela (33) van Thohoyandou en Samuel Lebese (25) van Zebediela was saam met hom in die motor.
Volgens Ngoepe is die oorsaak van die botsing steeds nie bekend nie en word dit ondersoek. Die polisie ondersoek ook ʼn saak van strafbare manslag.
Daar is niks om te ondersoek nie. Almal is dood. Genade tog.
Standaard prosedure
phillip bruwer, ngoepe, POLISIE ONGERSOEK SAAK V STRAFBARE MANSLAG? NIEMAND HET OORLEEF. TEEN WIE? COPY PASTE JY AL JOU ENDINGS V BERIGTE?
Dagsê Janetta
Ek verstaan nie eintlik jou stelling nie? Maar wat die saak van strafbare manslag aangaan, duur die ondersoek voort al het niemand oorleef nie om vas te stel wat tot die oorsaak van die botsing gelei het, vir verskeie wetlike redes en doeleindes.
Groete
Janetta Kruger, Ngoepe is die luitenant kolonel van die polisie.
Is die kommentaar daar om mekaar uitmekaar te skeur … as beriggewing jou so pla hou op lees … mense het hul lewens verloor
Vir die oningeligtes. Daar moet altyd ‘n ondersoek gedoen word. Daar is regs aspekte, eise van familie, versekering en derde party eise. Padongelukfonds, reddingswer ers en ambulansdienste wat betaal moet word. Geen geld kan betaal word as daar nie ‘n ondersoek was nie. So hou asb op vra hoekom. Want julle klink dom.
Mense van Nigerie en Lesotho. Was hulle wettig in die land?
Hulle het geen respek vir padreels jaag en maak soos hulle wil ek se net vandag vir iemand die meeste ongelukke is deer n polo,merc en bmw’s en ook die ouens met daai groot 4×4 want hulle vat omtrent die hele pad vir hulle self die N17 is seker die gevaarlikste pad op die oomblik in SA