‘Slang in die gras met kernkragooreenkoms’

Omgewingsaktiviste buite die Wes-Kaapse hooggeregshof. Foto: Catherine Rice/ANA

Die VF Plus het Woensdag gesê ʼn beslissing deur die Wes-Kaapse hooggeregshof dat die staat se verkrygingsprosesse vir sy kernkragbouprogram onwettig en ongrondwetlik is, is aanduidend daarvan dat die proses waarskynlik “met groot ongerymdhede gepaardgegaan het”.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, het in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die hof se beslissing. “Ons verwelkom ook die hof se bevel dat die regering die partye se regskoste moet betaal, al beteken dit dat die belastingbetaler eintlik moet pa staan vir nog ʼn poging van die ANC-regering om die staatskas te plunder,” het gesê.

Maroela Media het vroeër berig regter Lee Bozalek het in sy uitspraak, wat hy voor ʼn volgepakte hofsaal gelewer het, die Suid-Afrikaanse regering se ooreenkomste met Rusland, die VSA en Suid-Korea ter syde gestel. Die hof het ook bevind Tina Joemat-Petersson, die voormalige minister van energie, het onwettig opgetree toe sy in 2016 die verkryging van kernkrag na Eskom oorgeplaas het.

Alberts het gesê Earthlife Africa en die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskap se Omgewingsinstituut (Safcei), wat die hofaansoek gebring het, moet geloof word vir die hofstryd wat hulle twee jaar lank gevoer het. “Die VF Plus het nog deurentyd gesê daar is nie vuil kragsentrales in Suid-Afrika nodig nie, en ons is daarom verheug oor die uitspraak. Daar kan genoeg krag vir die land opgewek word deur ʼn kombinasie van bestaande kragbronne en hernieubare bronne soos son en wind te gebruik, wat ʼn snelgroeiende bedryf is,” het hy gesê.

“Die hele [kernkragproses] is duidelik deur die ANC gedryf bloot om hul eie sakke te vul. Eskom het byvoorbeeld reeds ʼn surplus krag. Waarom dan ʼn kernkragsentrale wat Suid-Afrika in ʼn bodemlose skuldput sal dompel net om ʼn paar mense ryk te maak?”

Die DA het op sy beurt ook die hofuitspraak verwelkom en dit as “ʼn oorwinning vir alle Suid-Afrikaners” beskryf. Gordon MacKay, die DA se skaduminister van energie, het gesê die party sal nou seker maak dat Eskom alle werk wat deel van die kernkragprogram vorm staak.

“Wat beteken dit vir die regering se kernkragooreenkoms? Eenvoudig gestel, beteken dit daar is geen wettige besluit deur die regering om kernkrag te verkry nie. Alle kernkragverkrygingsprosesse is gestaak,” het MacKay gesê. “Die stryd om kernkrag te stuit keer nou terug na die parlement en die DA sal alles in sy vermoë doen om hierdie onbekostigbare en korrupte ooreenkoms te keer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Ja shure. En Zuma en sy Zumaikies en Guptonia gaan hulle hieraan steur hoe? Hofbevel na hofbevel en apel na apel en miljoene se regskostes, en ons betaal!

Stem ·

…….but God. Dis nog n stap in die regte rigting. Medupi was en is nog n uiterste duur les. Die projek sou veel erger gewees het.

Rupert Ashford ·

Goed en wel. Maar enigiets waar organisasies soos Greenpeace (Earthlife Africa?) betrokke is vat ek met ‘n knippie sout. Hulle veg nie regtig vir die welvaart van die mense nie.

jaco ·

Net koeberg kernkragstasie is klaar n tikkende tydbom. Ek wag vir die dag wat ‘n regstellende aksie aangestelde eskom-amptenaar die verkeerde knoppie daar druk en ‘n nuclear meltdown tot gevolg het. Dadelik sal 3.7 miljoen mense in Kaapstad se lewens bedreig word.

Kosie ·

Ek verkies kernkrag bo steenkool-aangedrewe kragstasies. Koeberg, Tjernobil en Foekoesjima was eerste-generasie kernkragstasies. Sedertdien het die bedryf, veral weens Tjernobil, dramaties verbeter en tegnologies ontwikkel. Rusland het byvoorbeeld “pellets” wat in sekere kragstasies gebruik word as brandstof. Die afval en berging is tans nog `n risiko, maar die tegnologie om dit te verwerk, verbeter. Ek kyk daagliks Europese nuus: hulle son- en windenergie kragprojekte SUKKEL; dis nie die towerstaf wat almal gedink het nie. In Belgie het hulle selfs hul ou steenkoolkragstasies heraaangesit omdat die ander probleme gee. (Weliswaar net tydelik) Kernkrag kos geld, maar hoeveel verloor ons nie weens fabrieke, aanlegte, besighede, wat nie kan werk nie weens te min krag? Jy het krag nodig om `n ekonomie aan die gang te kry en te hou. (En van die hernieubare kragtoerusting word vervaardig in fabrieke wat deur Koeberg voorsien word.)

Knapie ·

Stem volkome met jou saam. Weet nie hkm regering/eskom die ontwikkeling van die PBMR (Pebble Bed Modular Reactor) gestaak het nie. Daar was goeie werk virrig in daardie navorsing ( Dalk is dit presies die rede…)

Die groot probleem is die gebrek aan deursigtigheid met die nuwe planne. So al asof iemand homself besig hou met iets waarmee hy nie moet nie.

Leendert ·

Dit sal net (het al) verdere korrupsie in die hand gewerk vir hul eie gewin. Rosatom, Duduzane en die steenkoolmyne.

Torrie ·

Die VP+ sê deurentyd “ons het nie vuil (kern) kragsentrales nodig nie” Dit is nie die punt nie, ons het nie korrupsie nodig nie! Kernkragsentrales is nie vuil nie. Julle stel my teleur. Ek het gestem vir julle.

Rudi ·

Jy weet nie wat jy van praat nie. Kernkrag is nie koedkoper as son nie en het afvalstowe​ wat duisende jare met ons gaan wees.

Mabula ·

When WORKING for for wealth is not considered an option, then STEALING for it becomes a necessity. In this lies the root cause of what is happening in South Africa: There is absolutely no consequence for any illegal action, as the Roman Dutch Rule of Law has no value for Africa.

Leendert ·

En Rosatom, Duduzane en die uraan myne. Hulle sal nou maar in die toekoms moet uitvoer.

John ·

Duitsland beweeg weg van kernkrag weens die gevare en die tekort aan stortingsterreine vir kernafval. Afrika is ook nie bekend vir sy volhoubare hantering van enige tegnologie nie. As Eskom se steenkoolkragopwekking al klaar so ‘n geharwar afgee, gaan kernkrag nog meer angs opwek. Waarom nie die prys van krag verlaag sodat mense in die winter nie gasverwarmers hoef te gebruik nie. Maar nee, hulle moet nog meer belas word sodat krag aan bankkrot-bure verskaf kan word. Afrika loop dom ekonomiee met dom uitkomste wat die dom burgers arm en versukkeld hou. Wit fisici por atoomkrag aan maar hulle gaan net die giftige vrugte van hul pogings pluk. Andere gaan die poste vul en die kundiges gaan tuis sit en die laaste paar slim grys hare uitpluk wanneer hul grootse planne verkeerd loop. Is ondergrondse skuilings teen kernfoutjies volgende op die lys vir die uitgemergelde landsburgers na duur sekuriteitsverbeteringe en gas-komponente en jo-jo’s vir water en… en…

Rupert Ashford ·

John, Duitsland voer nou hulle krag van hulle buurman Frankryk af in. Raai hoe wek Frankryk krag op? Dit is maklik om ‘n politieke statement te kan maak as jy die goed van elders kan invoer, en daarby moes hulle van hulle Steenkoolkragsentrales weer aanskakel wat hulle in die sop het by die Parys-ooreenkoms. Oor die krag wat so hemelhoog duur is – die pryse sal nie weer daal nie. Dit is kunsmatig verhoog wereldwyd met belastings ensomeer op fossielkrag sodat dit sg hernubare bronne kan subsidieer en ook om die hernubare krag kompeterend te laat lyk. Toegegee in Suid-Afrika kom die korrupsie- en onkunde-faktore ook nog by wat die prentjie verder vertroebel.

Steve Stephansen ·

Kosie, ek stem saam dat ‘n kernkragstasie geensins ‘n problem is nie. maar dit gaan nie daaroor nie, dit gaan oor korrupsie, geld in die verkeerde hande en sakke, en die arme belastingbetaler moet daarvoor opdok. Ek het jare vir Eskom gewerk en my opinie is dat daar ‘n oorvloed van elektrisiteit is om aan ons volk te voorsien op hierdie oomblik. Ekstra kragstasies is net ‘n mors van geld.

CWS ·

Grrrrrr..!!!!! Ja Nee…dankbaar vir Kosie ens met positiewe antwoorde….ons manne wat baie jare in Evkom se diens was en boonop met krag gewerk het sal weet….Net jammer so min kom na vore om mening te gee…dankie maroela vir geleentheid en boonop gratis!!!!

WDP ·

Ministers Peterson en Ghordan is ge-fire om KernKrag deal te laat deurgaan. Die Zumas en Ghuptas gaan nog baie bribes kry hiervoor en lekker skep. Gelukkig kan hulle nie die geld saam tronk toe vat of na die lewe hier na nie…

John ·

Steve, waar is korrelbedkernkragsentrales in gebruik in die res van die wereld, soos die planne vir plaaslike toepassing? Korrupsie is maar een faset. Atoomkrag is meer soos pes sonder ‘n teenmiddel, net baie erger… Enige wetenskaplike wat atoomkrag vir Afrika aanbeveel terwyl ons oor genoeg steenkool, wind, son en hernieubare moontlikhede beskik, moet sy dominee dringend gaan spreek.

Rupert Ashford ·

John ek stem saam met jou SOLANK as wat die regering steenkool as ‘n bron erken en nie probeer dooddruk op aandrang van die bewaringsgesindes nie. Daar moet ‘n bron van baseload krag wees en hernubares kan dit nie bied nie. Ek sien die IPCC manne begin hoeka in hulle koffie te stik want hulle begin sien dat Indie se praatjies in Parys en wat hulle in die praktyk doen nie ooreenstem nie (te veel Steenkoolkragsentrales word gebou en beplan). Modi en die Chinese het duidelik gese hulle gaan nie afsien van steenkoolkrag om hulle massas wat tans nie toegang tot krag het daarvan te voorsien nie, en dat hulle CO2 uitsette gaan aanhou styg tot na 2030. Noudat die manne oor die euforie van die geskiedkundige fees kom, begin hulle besef dat die Indiese en Chinese stygings alleen alle ander verlagings gaan kanselleer en dat die ponzi skema dalk gaan disintegreer as ander lande begin agterkom dat hulle aan die neus rondgelei word. Die fonds van $100miljard/triljoen (ek kan nie presies onthou watter een nie) waarvan gepraat is in Parys is toe ook nie eenmalig nie maar ‘n jaarlikse bedrag wat die ontwikkelende lande wil he.

Kosie ·

Dit is nie net korrupsie nie, maar ook swak bestuur. My swaer se swaer se broer verskaf elektriese waaiers (fans) aan kragstasies. Hy sal inspeksie doen, en sien dat twee vervang moet word. Die bestuurder van die kompleks, wat nooit uit sy kantoor beweeg nie, vra: “Hoeveel waaiers is daar?” “Tien, maar net twee is stukkend”. “Goed, vervang al tien”. Watter maatskappy gaan in so `n geval net twee verskaf? Hulle vervang al tien, versien dit en herverskaf dit.

Oom Johan Willemse ·

Sal graag die vlieg teen die muur wees as ons Joema Patterson en Numba One met die kokkedore in Rusland gesprek voer. Om die proses sover te kry as wat dit was voor die hof ‘n stok in sie speke gesteek het, dui daarop dat nie genoteerde betalings gedoen is. Gaan dit openbaar gemaak of terugbetaal word? Die aanname mag foutief wees, maar die tempo wat senior regeringslui en politici kapitaal versamel laat ,mens wonder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.