Slegte nuus vir motoriste

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van energie het Vrydag gesê daar wag volgende week slegte nuus op motoriste.

Die prys van petrol styg Woensdag met 44c per liter vir 93-oktaan en 43c vir 95-oktaan, het die departement aangekondig.

Die prys van diesel styg met 23c per liter, en paraffien met 30c per liter. LP Gas styg met 58c per kg.

Die departement skryf die verhoging toe aan die versterking van die rand teenoor die dollar en ʼn verhoging in die prys van petrol, diesel en paraffien in die internasionale markte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Cherokee ·

Okay Mr. African News Agency (en vertaler), verduidelik assamblief waarom die ‘versterking van die rand teenoor die dollar’ ‘n verhoging in brandstofprys tot gevolg het. Miskien weet jy nie dat ons dit koop in dollarprys en dat ‘n sterker rand positiewe gevolge behoort te hê.

Vra manet ·

Dit gaan nou elke maand opgaan tot Desember. Dis elke jaar se storie…

Johann Marx ·

So…hoe sterker die geld-eenheid, hoe swaarder kry ons? Dit moet hel wees om in Engeland te bly dan…en paradys in Zim…? Of wat mis ek?

Perdekrag ·

Belasting is ook in die verhoging verwerk meestal meer dan die verhoging self, dus ons betaal die verhoging en die bykomende belasting op die verhoging.

James ·

Waar dink julle moet die 40 biljoen vandaan kom vir die studente.

Jano ·

Petrol sal styg ,al word die rand sterker of swakker
Daar is definitief ander faktore

John ·

Dit is dalk nie meer so wys om lank voor die tyd by ver gelee duur vakansie-oorde te bespreek nie. Die toekoms hier tov van vele sake raak nogal duur en duister… en die ou spreekwoord se mos: Ver van jou goed is na aan jou skade…

sue-ann ·

Die skade aan universiteite beloop n aardige bedrag. Die minister van onderwys het mos gesê die herstel daarvan gaan uit belastingbetaler se sak kom……

Johanna Botha ·

Ag net nog stelge nuus …al so gewoond en vuisfoos dat dit al as normaal beskou kan word vir SA

Jan maak n Plan ·

Moenie kerm nie, die soustrein het geld nodig. Dis amper Kersfees en daar moet nog partytjies ook gehou word – alles op ons onkoste.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.