Sluier van geheimhouding oor Stellenbosch-bylmoorde 

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Die Van Breda-gesin: Marli (16) en haar ma Teresa staan voor. Henri (20), Rudi (22) en hul pa, Martin staan agter. Foto: Facebook

Meer as twee maande ná die bylaanval op die Van Breda-gesin in hul huis op die De Zalze-landgoed net buite Stellenbosch, is daar steeds geen duidelikheid of en wanneer iemand in verband met die moorde in hegtenis geneem gaan word nie.

Lt.kol. André Traut, woordvoerder van die polisie, het Woensdag aan Maroela Media gesê daar is nog “geen verwikkelinge” nie. Hy wou geen verdere kommentaar lewer nie. Die polisie het vroeër verlede maand gesê daar is “beduidende vordering” met die ondersoek, maar dat die vordering in dié stadium nie met die media gedeel kan word nie.

Die Van Breda-gesin is einde Januarie in hul huis aangeval. Martin van Breda (55), sy vrou, Theresa (54), en hul seun Rudi (22) het aan hul beserings beswyk. Marli (16) is ernstig beseer in die aanval en haar broer, Henri (20), het ligte beserings opgedoen.

Marli is vroeër verlede maand uit die hospitaal ontslaan en in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem waar sy verdere behandeling ontvang. Adv. Martin Coetzee, wat deur Marli se voogde as haar regsverteenwoordiger aangestel is, het Woensdag aan Maroela Media gesê hy kan nie verder kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het ook verlede maand bevestig dat hy die moorddossier ontvang het, maar kon nie bevestig of iemand binnekort in hegtenis geneem gaan word nie. Rapport het destyds berig die dossier bevat genoeg bewyse om ʼn verdagte aan te kla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

JB ·

Ek wonder tog of daar nie nou vooraf onderhandel word vir pleit ooreenkomstes ens. nie????? Dit blyk n onnatuurlike land tydperk te wees met n dig toegetrekte geheimhouding. Iets is nie pluis nie.

SNEL ·

Ja, JB, ek stem, en wat maak die saak so besonders dat niemand niks mag weet nie. Dis die eerste keer in my lewe wat ek sien geen nuus van die gebeure word of mag deurgegee word aan die media nie.

Chris ·

JB en SNEL ek stem saam met julle twee. Ons moet ook onthou, hiers groot geld betrokke. Geld is die oudste en praat die hartste.

Anneli ·

Hul gaan sloer totdat die hele pak dokumente spoorloos verdwyn!!!

Carol ·

Hier speel groot geld die hoofrol. Was hierdie nou mense wat nie so invloedryk was nie, sou daar lankal iemand in hegtenis geneem wees. Ek dink hulle weet wie is skuldig maar geld praat en die inligting word vir eers stilgehou.

Lize ·

Daar is genoeg geld om almal betrokke se stilswye te betaal…….

jjobson ·

Hierdie tipe misdaad gebeur net onder invloedryke mense – iewers moet info vanaf die Van Breda gesin uitgelek het, as daar i buitestaander is. Hierdie geval neig na die GRIEKWASTAD geval – Erfgeld laat jou hele menswees verander, maar jou gewete sal jou viraltyd agtervolg.

SNEL ·

Chris, ek het ook so gedink, maar toe wonder ek hoe kan dit wees want wat dan van Oscar, sy goed was dadelik op die lappe, baie geld of de nie, tensy hierdie mense geld se baas is. Ja, ek weet nie, miskien sal ons nooit hoor wat gebeur het nie, die hoekoms, waaroms en wie.

Gert ·

Snel, onthou Oscar se uitslag en die vonnis en die optrede van die regter teen die staat. Dink jy nie geld kon hier ook n rol speel nie. Adv. vir verdediging was te arogant want ek dink hy en regter het iets onderduims aan. Dit sal so oor twee jaar op die lappe kom.

Ladybug ·

Die saak gaan net soveel opspraak wek soos Dewani, skote petoors, Griekwastad ens.

Hannelie ·

Nog ‘n Griekwastad geval? Word daar nie geleer uit daardie saak nie? Of moet ‘n jaar ook eers verby gaan. Ek bid dat Marli volkome sal herstel en dat die moordenaar sal boet!!!

jjobson ·

Honeysweet, Marli sal moet praat en niemand beskerm nie, bloed of te nie-sy is reeds te veel leed aangedoen. Sloertyd is verby, boettyd moet nou geskied.

Cornelius du Rand ·

Gee tog regverdige kommentaar. Ek dink soms die media dink die algemene Afrikaner is onnosel. In my opinie sal enige regsdenkende mens wat die feite lees wat deurgegee word die logiese afleiding maak vir homself dat die “seun” wat die tragedie oorleef het die hoofverdagte is en dat dit hy is wat aangekla gaan word.

Rosa Brindle ·

Cornelius, ek het ‘n gevoel jy slaan die spyker op sy kop ! Maar die geheimhouding laat my, en volgens al die ander mense se opinies hier ook dink dat daar iewers…. defnitief ‘n vrot Rot is…. Of wag hulle nou vir die arme Marli om te praat ?

Neptunus ·

Bedaar mense, in hierdie geval sit die owerhede met ‘n 16-jarige meisie wie ernstige kopbeserings toegedien is. Dis belangrik om eers ‘n verklaring by haar te kry wanneer sy volkome herstel het en ‘n samehangende gesprek kan voer. Sy sal vir dae lank intense kruisondervraging moet weerstaan as die saak dalk eendag op verhoor gaan. Die saak berus waarskynlik grootliks op omstandigheidsgetuienis en probeer die staat dalk eers ‘n waterdigte saak saamstel, want soms sukkel regters om die kloutjie by die oor te bring, selfs wanneer eenvoudige regsbegrippe ter sprake is en die meeste aspekte gemeensaak is tussen die staat en verdediging. In Oscar se geval het die polisie eers na sowat ‘n week agtergekom hy het TWEE iPhones gehad, en toe was die meeste inligting reeds afgevee van die een wat later aan hulle oorhandig is…

Celia Tjaden ·

Daar loop n byloordenaar VRY rond.Het die publiek nie die reg om aan te dring dat hy gearresteer word nie?. Hy kan dit weer doen. Hy kan dit aan sy voogde doen- gee hulle vir hom n toelaag? Het hy die gebruik van dwelms gestaak?
Dit kan ander jongmense idees gee… hy kom weg! Dit skep regtig n president. Hy weet bv. sy suster word beter. Pas n wag haar op? Is haar lewe nie in gevaar nie? Sy kan enige oomblik onthou.
Wat makeer die polisie ondersoek beamptes? Wag hulle dat n 16 jarige meisie HULLE werk vir hulle moet doen!
Dis net in S A wat so iets kan gebeur. n Skande!
Geen geregtigheid vir arme Rudie, die ouers en Marli nie!!
Dit was van di wreedste dade denkbaar. Dit was met voorbedagte rade (nuwe byl is gekoopEN skerpgemaak) Wanneer n byl gebruik word in n aanval/moord is dit ook geweldige haat wat agter dit sit.
Die situasie is absoluut onaanvaarbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.