Só lyk brandstof­prys­verwagting vir November

Argieffoto (Foto: Activ-Michoko, Pixabay)

Die Automobiel-Assosiasie (AA) het Maandag sy verwagtings bekend gemaak vir brandstofpryse in November.

Die inligting is gebaseer op petrolprysdata wat in die middel van die maand deur die Sentrale Energiefonds (SEF) vrygestel is. Volgens die AA het die verswakkende rand sedert die aanvang van Oktober die laer internasionale brandstofpryse teengewerk.

“Die prys van petrol het sedert die begin van Oktober met byna 20c gedaal, maar die rand se verswakking teenoor die Amerikaanse dollar het tot ʼn verhoging van 22c per liter gelei. Die wisselkoers het dus die daling in prys geneutraliseer en, gebaseer op die huidige inligting, sal die prys van petrol dus met 2c per liter styg.”

Volgens die AA sal die prys van diesel selfs duurder wees, aangesien die internasionale prys van diesel met tot 6c per liter gestyg het. “Diesel kan teen die einde van Oktober met tot 28c per liter styg en paraffien met tot 20c.”

Die AA het gesê die jongste inligting wys hoe kwesbaar Suid-Afrikaanse brandstofverbruikers is vir politieke en ekonomiese kwessies wat ʼn negatiewe impak het op die rand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Boerseun ·

Jip so reg vir kers tyd verhoogings. Nou het retail n verskoning vir buitensporige verhogings. Dan word nie boer blameer en gekruisig want hy deel kastig nie

sarel ·

Ag julle weet die petrol prys is n scam die regering maak net geld uit ons uit meer vir hulle om te verkwis laasjaar was olie prys amper 114 n fat nou 56 maar die prys van petrol bly die sekfde hoe de hel verstaan mens dit seker een wat beeste op gepas het wat so n som kan maak

Raymond ·

ja die petrol storie in ons land is ‘n joke ! Ons voer petrol uit na Lesotho en daar draai dit omtrent R7.00 ‘n liter … Hoe verduidelik mens dit ?

Leahim ·

Die Brandstof belasting moet hersien word so gou as moontlik.

Rina Scheepers ·

Stem saam met Sarel en Raymond, dit is n joke!!!. Ek vra weereens, hoekom doen die taxi bedryf niks aan hierdie verhogings nie,? Kry hulle n kickback? maar SARS betaal nie die boere vir hulle brandstof nie…..korrup, korrup dis al wat ek kan se

MM ·

En so gaan alles op en die ANC se korrupsie gaan net aan en aan en aan en aan.

Erika ·

‘n mens gaan glad nie eers op vakansie kan gaan nie, en ‘n mens gaan ook nie meer bekostig om werk toe te gaan nie

SARIE VAN HEERDEN ·

Wanneer brandstofpryse styg styg alles in die winkels. Kom die brandstofprys AF bly die verhoogde pryse van goedere dieselfde maar kom nie ook af nie. Erens is ‘n slang in die gras.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.