Só lyk SA se damvlakke

Grootdraaidam. Foto: Charlene Nicholson op Facebook via Reënval in SA.

Grootdraaidam. Foto: Charlene Nicholson op Facebook via Reënval in SA.

Damvlakke in sekere dele in Suid-Afrika word vir die eerste keer in ʼn lang ruk nie meer ʼn as ʼn krisis beskou nie.

Sputnik Ratau, woordvoerder vir die departement vir water en sanitasie, het gesê die Vaaldam was vanoggend om 6:00 reeds 88,4% vol en die departement verwag die dam sal binnekort 100% vol wees. ’n Eerste in jare. Twee van die Vaaldam se sluise sal teen Sondag oopgemaak word.

Die Bloemhofdam is 74,34% vol – water het teen 1822,2 m3/s in dié dam ingevloei. Ratau het verduidelik dat hidroloë voorspel dat dié dam teen Saterdag 100% vol sal wees en dat daar gevolglik agt sluise oopgemaak sal word op te voorkom dat die damwal bars.

Ratau het gesê meeste van die reën van die afgelope week is die nadraai van ex-Dineo (eers ʼn tropiese-sikloon, daarna ʼn tropiese-depressie en later net ʼn laagdrukstelsel) is. “Die departement wil alle gemeenskappe wat naby vloedgebiede woon aanmoedig om so gou as moontlik te skuif omdat daar moontlik vloede in die gebiede kan voorkom,” het Ratau gewaarsku.

Volgens Ratau was daar lewensgevaarlike kitsvloede by die Augrabies-watervalle in die Noord-Kaap. “In Noordwes is al die damme 100% vol behalwe die Molatedi- en Klein Marico-dam. Die departement hou die situasie by die Mearnsdam in KwaZulu-Natal fyn dop. Die vlakke daar het tot ʼn ongelooflike 121,83% gestyg,” het Ratau gesê. Die departement het in samewerking met provinsiale rampbestuur die gemeenskap daar gewaarsku om onmiddellik te hervestig.

Die Umgeni-opgaarstelsel is tans 54,32% vol. Die De Hoop-dam in Limpopo is 100,39% vol en die Grootdraaidam was Woensdag 108% vol.

Intussen het die departement vandag op sy Facebook-blad die provinsiale damvlakke bekend gemaak. “Ons wil gemeenskappe aanmoedig om asseblief steeds water spaarsamig te gebruik en nie te mors nie,” lui die boodskap.

Die departement het ook gemeenskappe aangemoedig om die meeste van die afgelope week se reën te maak deur soveel as moontlik daarvan op te vang en op te gaar. “Dit sal help om die druk op die damme te verlig.”

Die provinsiale damvlakke is as volg:

  • Noord-Kaap – 100,8 %
  • Wes-Kaap – 33,2%
  • Oos-Kaap – 62,1%
  • KwaZulu-Natal – 49,%
  • Vrystaat – 64,3%
  • Noordwes – 82,3%
  • Gauteng – 87,8%
  • Limpopo – 70,1%
  • Mpumalanga – 68,8%

Nog ʼn paar individuele damme se vlakke:

  • Albert Fallsdam in KwaZulu-Natal – 29,36%
  • Inandadam in KwaZulu-Natal – 63,59%
  • Midmardam in KwaZulu-Natal – 67,45%
  • Nageldam in KwaZulu-Natal – 87,45%
  • Springrove in KwaZulu-Natal – 74,55%
  • Molatedi in Noordwes – 50%
  • Hartbeespoortdam in Noordwes – 100% (sluise is oopgemaak)
  • Roodekoppiesdam in Noordwes – 106% (al agt sluise is oopgemaak)
  • Gariepdam – 71,8%
  • Grootdraaidam in Mpumalanga – 102% (sluise oop)

Die departement het bygevoeg die Marico-, Krokodil-, Vaal-, Vals-, Wilge-, Caledon-, Oranje-, en Tugelarivier vloei sterk. Water in die Krokodilrivier het laat gistermiddag teen 1 200 m3/s gevloei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Hendrik ·

Hoe Groot is God
Wie is ons om te twyfel.
Dankie pappa God dankie dat U
ons nie in die steek laat soos onse dierbare rigering nie

Alle eer aan God
Amen

Scalla ·

Hoekom kan daar nie nou al sluise oopgemaak by die bloemhofdam om die instroming wat oppad is en ook bekend is te kan akkomodeer nie, sal seker eers wag tot dit 100% vol is en dan al die sluise oopmaak dat alles weer ondertoe oorstroom. Lyk my Sputnik is maar stadig.

brie-brie ·

Alle eer aan God, Hy is Almagtig en Hy alleen kan ons hier uit red….Dankie Here

Rita ·

Alle dank en eer aan ons Liewe Heer. Hy is Groot. Ons het Hom gesmeek vir reen. Hy het vir ons in oorvloed gegee. Dankie Heer. Weereens vir U goedheid. Amen.

m ·

Dankie Vader vir die goeie reens wat geval het. Ons bid vir verligting in die Wes Kaap ook.

Jaco ·

Dis great nuus!! Maar wat van die waterbeperkings, wanneer word dit opgeskort? Of sal ons hiervoor ook gestraf word weens die regering se onvermoe om nog damme te bou? Ek hou van tuinmaak!!

jakes ·

Dank die Heer vir die goeie reën.Ons bid vir julle in die Wes Kaap… julle beurt gaan kom.

thelsa ·

Ek het probeer om my bierglas 108% vol te maak maar daar het ‘n helse klomp vloeistof op die tafel beland. Hoe word iets 108% vol ????? Afrika wiskunde ???

Gjorgi ·

Is dit nou nodig? Dink jy hulle suig dit uit hulle duime? Dammed se 100% vlak word met ‘n veiligheidsfaktor uitgewerk.

Dries ·

Om dit kortliks met jou bierglas te vergelyk as jy die bier vinnig genoeg in die glas kan gooi na dit vol is behoort die vlak van die vloeistof bokant die boonste vlak van die glas te wees dus terwyl jy ingooi is die vloeistof bokant die vol vlak. Daarom 108% vol. Vlak..

johann ·

Ek is bly oor die reen. Ek eis net om te dink hoeveel water gaan wegvloei as damme ‘vol’ is. As ons net beter kon beplan en meer en groter damme bou. Huidige damme kan uitgebagger word om waardevolle slik te verwyder. Waardevol want dit is vol voedingstowwe. Die Nyl delta het vir duisende jare gefloreer op sulke slikneerslae met vloede van die Nyl. Nou sak daardie waardevolle slik af in die Aswan dam.

Johanna Botha ·

Mens moet maar nogsteeds water spaarsamig gebruik asb.

Christa ·

Watter dam is die naaste aan die Wes Kaap? Kan daar nie op ‘n manier water aan hulle voorsien word nie?

jaco ·

Eks nie die beste speller nie, maar die korrekte spelling is Augrabies-Waterval. Ek het 40 jaar gelede op laerskool reeds geleer dis die korrekte spelling. Om na “watervalle” te verwys, is ‘n direkte vertaling uit Engels (“falls”) en dus ‘n Anglisisme. Kom ons prober darem ons Afrikaanse taal, wat oral teen gediskrineer word, redelik suiwer hou.

Willie van Wyk ·

Ag tog shame, Sputnik het geen idee wat hy praat as dit kom by damwal wat gaan bars nie, hy kan wel paniek veroorsaak deur so ‘n uitlating. Sputnik—- Daai damwal is gebou met pap en brandewyn laaaank voor jou geboorte, ni vandag se omkoop kontrakteurs ni!!!!!!

dries ·

Wanneer gaan die land saam hande vat en vir die grootbaas se dankie.

Mopanie ·

Al wat ek van weet is die De Hoop dam Naby Steelpoort. Was soortvan ‘n wonderwerk was want dit was blykbaar net ‘n jaar laat en 25% oor begroting. Selfs Numbawone het kom kyk. Die retikulasie van die water netwerk is egter op standaard. Nog steeds nie klaar nie en blykbaar skrikwekkend oor die begroting. Baie dankbaar vir die reën wat die liewe Vader gestuur maar sal ook asseblief vra vir wysheid vir die regering

jennefer ·

Modimolle /Nylstroom dorpsdam 32% vol, die invloei van water “match” nie die invloei van bevolking. Ons kry nog steeds water van Pretoria, en daarvoor moet betaal word.

Brian Vos ·

Here , wie is soos U , wie kan met U vergelyk . Die God wat wonders doen , die God wat reen stuur en die aarde voed. Baie baie dankie Here , al die eer aan U.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.