S&P gradeer SA af na rommelstatus

geld ekonomie suid-afrika

Argieffoto

Die kredietgraderingsagentskap Standard & Poor’s (S&P) het Suid-Afrika van BBB-tot BB+ afgegradeer, met ’n negatiewe vooruitsig.

S&P het gesê pres. Jacob Zuma se kabinetskommeling is ʼn risiko vir fiskale en groei-uitkomste. “Die afgradering weerspieël ons mening dat die onenigheid in die ANC-beheerde regering wat tot veranderinge in die uitvoerende leierskap, insluitend die minister van finansies, gelei het ʼn risiko vir beleidskontinuïteit is.”

Rommel – oftewel spekulatiewe of niebeleggingsgraad – beteken daar is ’n hoër risiko dat die land nie sy staatskuld sal betaal nie.

Volgens S&P bly die tempo van ekonomiese groei in Suid-Afrika ʼn graderingswakheid.

Suid-Afrika se langtermyngeldeenheidgradering is in Desember deur S&P van BBB+ na BBB afgegradeer. Dit was twee trappe bo niebeleggingsgraad oftewel rommelstatus.

Talle ekonome het gewaarsku dat rommelstatus die land in die gesig staar nadat Zuma verlede week sy kabinet geskommel het. Die afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies was een van die groot redes tot kommer.

Dawie Roodt, hoofekonoom by die Efficient Groep, het in Oktober aan Maroela Media gesê slegs ʼn “klein wonderwerk” kan Suid-Afrika van rommelstatus red. “Dit is net nóg ʼn spyker in die doodskis. As ons afgegradeer word, sal dit beteken ons gaan ʼn baie meer wisselvallige geldeenheid hê. Dit beteken egter nie net dat die rand verder gaan verswak nie aangesien die rand reeds baie swak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

70 Kommentare

Johanna Botha ·

Presies wat almal voorspel het maar die mense luister nie so SA verdien dit nou loshande !

koos1 ·

Nog ‘n goeie storie om te vertel, met trots gebring deur die ANC!

Rynhardt ·

Standard and Poor het SA met sy hanswors-politici die gepaste titel gegee-Rommelstatus! Dit is n regte rommelparadys!! Ons Afrikaner/Boervolk was sefert NP dae al uitverkoop en die tradissie is voortgesit deur die Anc! Frikkie De Klerk en al sy natte asook bykomende rolspelers asook Zuma en sy kabinet moet vir hoogverraad aangekla word.Albei partye het gesorg dat die Afrikaner geen vryheid, geen toekoms mag he nie, en dat sy mense onderdruk en uitgemoor word! In 2016 het ek vir Maroela gese dat Indie en China gaan nog kom inmeng of probeer inmeng in SA se sake.SA is lankal as republiek (nou piesang-republiek), uitverkoop aan buiteland! Gigaba vertel vir land hoe Anc en Zuma nou beleggers gaan lok na n piesang’republiek???? Mense, die wiele gaan nou behoorlik afkom terwyl die sogenaamde opposisie nie n “clue” het van wat voorle vir SA nie! Die situasie is baie, en ek bedoel baie ernstig as wat talle mense besef! Anc-ondersteuners het nie n benul wat hul geliefde Anc aan SA gedoen het nie.

CL ·

En op Universiteit het ‘n ekonoom die klas kom toespreek en ekonome se uiterse bekommernis uitgespreek omdat SA so planmatig deur die ANC verander word in ‘n kommunistiese land. Ons sal almal ons verskilke opsy moet skuif en saamstaan indien ons SA vanuit hierdie gemors wil red.

apie ·

‘n land is net sosialisties tot die geld opraak – wat spoedig sal wees.

Ou Kredietgradeerder Lagvark ·

Dankie ANC. Dankie, dankie. Baaaaaaiiiiiiiieeeee daaaaannnnnnkkkkkiiiieeee ANC. Ons nageslagte sal julle vir ewig dankbaar wees. Julle het geskiedenis gemaak. Julle name is verewig. Julle is ons groot bevryders.Julle nalatenskap is groots. Mag die ANC vir ewig en ewig regeer. Julle lei ons na die land van die National Democratic Society, die land van melk en heuning. Sela.

Die ou dae ·

In die ou dae het ons spottender verwys na hierdie soort van genade. Nou het dit waar geword. Knap gedaan, doet zoo voort!!

Alida ·

St 3 bokwagter dankie vir die rioolstatus. Spring asb in daai longdrop.

Cherokee ·

Betroubare bronne het laat weet dat die ‘rommelstatus’ verwys eintlik ook ondermeer na die presidensie van SA.

Oom Klasie ·

Die Afikaners gaan in twee gedeel word volgens Siener.Die libs en ware Afrikaners. Die libs gaan vlug en ons ander gaan ons man staan en die wa deur die drif moet trek.Hierdie skeiding word die smeltkroes genoem. Dit beteken dat wanneer goud uit klip geskei word dit nooit weer saamgevoeg kan word nie.Die ware egte Afrikaners sal dan n gedugte span wees.Ons sal dan verlos wees van al die verraaiers in ons midde en vorentoe kan beweeg sonder onnodige bagasie.

Swanna ·

Oom Klasie ek hou baie van jou en dit is ‘n feit. Die smelrtkoers is in werking en ons gaan gelouter wird om suiwer anderkant uit te kom. Die res sal met die tyd verduidelik word. Groete en geseend is jy.

Bennie ·

Het nie ‘n idee wat jy met smeltkroes en suiwering bedoel nie. Baie verwarrende en simboliese retoriek. Sê liewers iets prakties soos die Afrikaners wat wil oorlog maak gaan nou wapens opneem en ‘n volkstaat vir hulle losskiet. Dis minder siener Van Rensburg-agtig. Ag nee wat julle moes lankal ophou dreig en vir julle ‘n spannetjie bymekaar kry. Hier is baie deperate praters op dié forum.

chrisp ·

Bennie.
Ons sal slegs deur geloof gelei word en nie deur mense wat ander probeer uitdaag om wapens op te neem nie(soos jy wat juis die begasie is waarvan Oom Klasie praat).Dit is mense wat ander opsweep om wapens op te neem en dan hulle weer uit te verkoop alla boeremag saak,wat verantwoordelik is vir baie pyn en leed.
Wat ek wel vir jou kan se is dat hierdie land op oorlog afstuur sedert die ontstaan van die reenboog droom. Ek raak in geen oorlog betrokke met mense soos FW en sy konkelaars nie,nooit weer nie en so ook nie my seuns nie.

Net vir jou….
Soet is die stryd,
deur ID du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Fanie ·

Oom Klasie Vakie. Daar is wel twee soorte Afrikaners, die gematigdes (Goddank die meerderheid van Afrikaners) en die verregse verkramptes (die selfverskrikkers).

ekke ·

Ja oom Klasie. Maar eers gaan die land rommelstatus bereik en gaan daar ‘n aardbewing in Botswana wees.

chrisp ·

Bennie.
Ons sal slegs deur geloof gelei word en nie deur mense wat ander probeer uitdaag om wapens op te neem nie(soos jy wat juis die begasie is waarvan Oom Klasie praat).Dit is mense wat ander opsweep om wapens op te neem en dan hulle weer uit te verkoop alla boeremag saak,wat verantwoordelik is vir baie pyn en leed.
Wat ek wel vir jou kan se is dat hierdie land op oorlog afstuur sedert die ontstaan van die reenboog droom. Ek raak in geen oorlog betrokke met mense soos FW en sy konkelaars nie,nooit weer nie en so ook nie my seuns nie.
Soet is die stryd,
deur ID du Plessis

Jy sê die stryd is verlore,
Ons nasie te arm en klein,
Ons taal uit ‘n drang gebore
Wat een van die dae verdwyn?
My broer, dit mag heeltemal waar wees.
Wie weet wat die toekoms gaan baar?
Miskien moet ons oormôre klaar wees.
Om weer hierdie droom te laat vaar;
Maar as ons net altyd moet strewe
Na wat tot oorwinning gaan lei,
Wat baat dan die stryd van die lewe
Waarin ons onseker moet bly?
Solank jou bedoelings maar goed is,
Gaan jy jou oor neerlae kwel?
Solank jy volhard en vol moed is –
Dis tog die probeerslag wat tel!
Nee, soet is die stryd vir die stryer,
Al moet hy uiteindelik verloor;
Maar die man wat sy deelname weier,
Is die man wat sy nasie vermoor.

Cecilia D ·

Oom Klasie,baie dankie vir u kommentaar. Dit het reeds begin en ek het dit aan my lyf gevoel gister in die kerk. Tygerberg Gesinskerk, Kaapstad. Die preek is op hul website.Die ds. het uitgebars in n rassistiese aanval op ons wittes en sowaar gese:”LANK LEWE DIE PRESÏDENT” (Hy is deur God gekies en ons moet hom eer en mag niks slegs van hom se nie) Mense, as julle my nie glo nie,luister die preek. Ek ly nounog aan skok. Ek verloor vriende. Maar ek kan nie saam met hulle aanbid nie. Dankie vir maroela wat n troos is vanaand. Dis seer!
Hartseer, want meeste mense sal agter die ds. aanloop. Mense is volgelinge, maar dankie vir die wat dit nie is nie.
Vir die oomblik is ek nou kerkloos. Maar huigel kan ek nie.

Hannes ·

Die ou Siener rep geen woord oor die ware Afrikaners wat oorsee woon wat nie gevlug het nie, maar getrek het omdat hulle nie werk kon kry in hulle eie land nie. Baie mense word valslik as sg verraaiers bestempel.

Jaco ·

@ Hannes, ek stem 100% saam met jou! Baie mense kry eenvoudig net nie meer werk agv hul velkleur nie, gaan soek hul werk oorsee is hul veraaiers en bly hul agter in Suid Afrika, eindig baie van hul op in wit plakkerskampe! En hoeveel van die ELITE wit Suid Afrikaners ontferm hul nou eintlik oor hul eie mense in die plakkerskampe???

Frans C ·

Cecilia D

Dit is die probleem met baie van vandag se Predikante,halwe waarhede vanaf die kansel. Miskien moet jy hom vra waarom die Profete van ouds nie geskroom het om regeerders wat gesondig het kaalvuis die waarheid te vertel nie.Hulle (Konings)was anders as ons President wat deur die Parliament en nie God gekies is nie, gesalf tot koning as God se verteenwoordiger van die uitverkore volk,wat ons nie as ‘n nasie is nie,hier op aarde.

Manie ·

Die land moet DE klerk en sy lakeie bedank saam met die klomp liberale die land nie gou genoeg kon oorhandig aan die anc. Ek glo Constand Viljoen het n groot taktiese flater begaan toe hy die geveg kon aanvat met die wapen in die hand en toe kop uittrek het

willie ·

Jacob Zuma nou verstaan ek hoekom jy standard 4 op skool geskaag het,jy bestuur die land soos std 4,jy is gewaarsku maar wil nie luister,so is al ons Suid Afrkaners verarm self armste van die armste.Ek is eerder n arm man in rykland as n rykman in n arem land.

Cherokee ·

Soveel van die politici lieg sommer doktorsgrade by hul opleiding. Jy is darem meer konserwatief met Zuma s’n. Gaan maak seker – hy kan g’n std vier agter sy naam skryf nie.
Anders gesien moet jy nie vergeet dat hy twee grade het nie…. graad 1 èn graad 2.

Loeis ·

Nie so lank terug nie wou Maroela Media in ‘n peiling weet hoeveel mense die idee van selfbeskikkimg ondersteun. Heelparty mense het geantwoord dat hulle hulself nie met sulke mense wil assosieer nie. Dus kies hulle hierdie sisteem. Hulle het gekry wat hulle wou hê.

Nico ·

Al vandag se probleme het sy oorsprong by daardie Februarie dag toe de klerk op ‘n skinkbord aan die abc geskenk is en later verder aangehits deur al 1992 se ja stemmers in die referendum!!! Verder het hy nog swak onderhandelaar gehad

Loeis ·

Jip, maar die mense het dit gekies sodat die land aan die wereldbeker krieket kon deelneem. Belaglik, maar dit is waar. En die rampe het toe in elk geval gekom. Maar dalk le die grootste daarvan nog voor.

vermeende ·

Daar kan baie gebeur soos, Zuma se sorry en stel Ghordan weer aan maar Gigaba het glo voor sy inhuldiging reeds die kern ooreenkoms geteken waarby Zuma glo 12 000 000 in sy sak sal steek.

Elke liberale blanke in die land moet nou maar vir hom kry, gaan koop nog op jou kaart ek kry vir jou daai spog huis en duur luukse motor, jy verdien dit.
Nou gaan alles die hoogte inskiet met die Rand wat so verswak.

E ·

L.W. ” hoë risiko dat die land nie sy staatskuld sal betaal nie”

AL ·

Thuli Madonsela het getwiet dat ons nie paniekerig moet raak nie. Goeie regering is oppad en so ook die Rule of Law.
Memse teken dai petisies. Ons het jul hulp nodig.

Swartluiperd ·

Dis wat Zumpies wil he, al daaraan gedink hoekom ? Nou gaan die Guptas n offer maak en S.A is hulle sin,,,,,, walla

Drakensberger ·

… en dan het, wil, gaan hulle nog R6000miljard se skuld aangaan vir hulle kernkragstasies … HKGK !

Hemel .. ·

In South Africa we live in heaven …

We heaven got petrol ..
We heaven got wek ..
We heaven got a cure for eds …
We heaven got lektriek …
And we heaven got a beta fewcha ..

Eish!!

w ·

Wie moet ons bedank?. Die SA President met std 3. Shame hu tragies. Ma dis Afrika.

zeno ·

Ek dink hy weet nie eers hoe die binnekant van `n skool lyk nie,,want so kan een “mens” nie `n land vernietig nie.

Engelbek ·

Die “Dunning-Kruger effect” begin vir my al meer en meer sin maak.

At ·

Die blaam le by die slapgatte wat boedel oorgegee het en toegelaat het dat die ANC die land plunder. Mooi broodjies bak, briefies skryf, petitisies saamflans….?!! Die ANC uitoorle jul telkemaal, want n sagte handjie benadering werk nie in Afrika nie. ONS FAAL ONS KINDERS EN DIT WAS ONS VOOROUERS ONS GEBIED HET.

Pastoor ·

Dit is nou Bidtyd. Sien julle by Bloemfontein. Ons gaan in die veld saam oom Angus kniel. Ons het God nodiger as ooit. Its time

Gerhard ·

En as dinge nie regkom as julle klaar gebid het nie, gaan hulle dan die manne se geld terug “Pastoor”?

jaco ·

wie gee wit lande en wit organisasies die reg om nie-wit derde wereldlande so te “straf” vir die geringste “hiccup” in hulle regerings en politiek? Dit lyk maar baie na die ou rassistiese opmerking van “black people are not competent to do it”. As die ANC oor wit rassisme teenoor swartes wil kla, moet dit nie net gaan oor stupid opmerkings van wit mense op sosiale media nie, maar ook oor skommelings in die Rand-Dollar en Rand-Euro wisselkoerse, afgradering na rommelstatus ens ens. Ek praat nie al ons regering se manewales goed nie, maar dit lyk tog maar na ‘n vooropgestelde houding en veralgemening van “black people simply cannot do it, just because they are black”. Dis mos nonsens en rassisme.

Whaha Jaco ·

Wat gee Zuma die reg om ons rentekoers en inflasie en pryse so te beduiwel? Wel hulle het presies gewys dit wat jy nou beweer, so dit is geen DROOM nie, die illusie het nou werklikheid geword, hulle kan inderdaad NIKS run nie, alles in die grond in run ja. Gaan kyk hoe lyk die munisipaliteite, Eskom die SAUK, die SAL, Gesondheidsorg. Dit gaan nie oor velkleur nie maar oor ONDERVINDING. Die ou rassisme en apartheid GESANIK van julle is nou outdated, die ANC kon ons gewys het of hulle die werk kan doen en dis DUIDELIK hulle kan nie. SO die BEWYSE is alles daar .. hulle KANNIE die werk doen nie, dis nie RASSISTIES om te se iemand kan nie WERK nie is dit? Jy is nog van die hoopvolles, wat ook soos ZILLE nog gaan sien wie staan aan jou kant .. hulle gebruik jou, kou jou soos ‘n chappie en spoeg jou uit, vra vir Helen wat het sy oorgekom!

Jannie van Niekerk ·

Nouja, nou het die vennootskap Zupta & Gupta hulle sin gekry. Die Republiek van Suid Afrika kan nou vir ‘n appel en ‘n ui verkoop word aan Gupta onbeperk.
Die nuwe naam sal wees Republiek van Korrupsia

humor ·

Mense wat n totale volk, verraai het en in hierdie gemors gedompel het verdien die galgtou.

Justice ·

Ons huidige leierskorps het nou onteenseglik bewys dat hulle nie ‘n ets terugstaan vir hul sielsgenote se swak en korrupte leierskap in Zimbabwe, DRK, Nigerie en al die ander Afrika state nie. Westerse beginsels en vermoeens is absoluut ‘n euwel wat ten alle koste vermy moet word.

Cherokee ·

Justice, wees regverdig. Moet seblief nie vergeet Westerse beginsels is kolonialisme.

Eugene ·

Mense nou is die tyd.
Sit af die TV, staan op van daai bank af en vat tot die strate om jou volk te beskerm.
Al moet ons saam met groepe staan wat ons nie van hou nie, staan sal ons moet staan. Dit help tog nie om te kla nie (soos ons onself altyd onself herhinner)
Demokrasie is meer as net n stem reg, gebruik jou regte, vededig jou regte.
Is ons dan n volk van lafaards? Gaan ons wegkruip en weghardloop na snoesige new zealand?
Staan op ek sê, staan op vir jou volk, staan op vir jou kinders, staan op vir jou toekoms
Hierdie is groter as ons kleinlike geskille
Staan op en staan saam!

jaco ·

staan saam met die EFF ja, En sê nou Zuma waai? Dan smelt die EFF weer saam met die ANC en word Malema met ‘n kabinetspos beloon, gevolg deur die ANC wat sekere EFF beleidsrigtings sal moet uitvoer. Die vraag is net watter beleidsrigting van die EFF gaan hulle kies: nasionalisering van amper die hele ekonomie of afvat van boere se plase of dalk die uitmoor van wit mense? Wees BAIE VERSIGTIG voor julle sommer saam met enigeen gaan protesteer en saam met hulle skree: “Zuma must fall”. Die staatshoof en regering wat na Zuma kom, is dalk die oorsaak dat jy met jou wit vel volgende val.

What a joke ! ·

GIGIGIGI,HEHEHE..Eischhh …
Hy stortkop numbawone voel vere vir Suid Afrika , hy voel net vir homself en sy meesters die Guptas!
Dis meer as hoogtyd dat ou humpty dumpty van sy hoe muur afgestamp word!
Die skade berokken deur hom en sy finansiele bed maaitjies aan die land, gaan lank baie lank vat om te herstel!
God save South Africa from this dictator!

Rooikop ·

Ek stem saam Eugene, ons moet saam staan ja. Maar wat het gister se “kom ons almal dra swart” nou eintlik bereik? En ek vra eerlik, wat gaan dit bereik om in groepe die straat af te stap? Al wat dit doen is om die paaie te ontwrig en daar IS mense daar buite wat dalk nood het, wat by hospitale moet uitkom, wat by familie moet uitkom etc, en al wat ons nou doen is om nog meer vertragings en stilstande te veroorsaak – en ek vra weer, gaan dit ENIGE iets verander? Ek stem saam met die wat sê, maak seer waar dit die seerste maak, as dit in jou vermoë is om belasting te weerhou, laat ons mense dan eerder SO saamstaan. Ons is nie ‘n volk van betogers nie. Ons word nou mee gesleur deur ander nasies se “tradisies”. Ons het verstand gekry, ons moet begin om dit te gebruik…dis hoe ons volk nog altyd oorwin het.

p botha ·

…en dan se die ANCWL laasnag : Verban Std en Poor uit RSA… he ..he…he..dieselfde mentaliteit en kennisvlakke as julle leier. Lagwekkende kop in die sand leierlose wesens. Insig is net n woord wat julle nog nooit kon verstaan nie. En begrip vir die realiteit net n frase wat vir julle in die lug hang. Staan saam Suid Afrika.

Oom Klasie ·

Hannes, die mense wat oorsee werk en ware Afrikaners is sal terugkom, moenie daaroor bekommerd wees nie. Wanneer die hel hier losbars sal hulle terugkom om te kom veg vir hulle land en hulle families. Dit sal in elk geval so onuithoudbaar oorsee wees dat almal na hulle geboorteland sal terugkeer. In Europa gaan daar ‘n rasse-oorlog uitbreek en Brittanje gaan die swaarste van almal getref word.Juis oor hulle sondes met die konsentrasiekampe. Die Duitsers gaan egter bly staan – en hulle is ons goedgesind. (kyk maar hoe gaan dit in Europa-ek hoef nie daaroor uit te brei nie) Die ou Siener het baie woorde gerep oor verskeie dinge maar dit is te veel om hier op te noem. Die manne wat oorsee werk en woon is nie verraaiers omdat hulle daar werk en woon nie. Verraaiers word op enige plek gevind – daar en hier. Hulle is gewoonlik die manne wat jou in die rug steek – jy kom dit maklik uit hulle praat, doen en late agter. Kyk uit vir hulle Hannes, kyk uit vir hulle. Hulle hardloop ook eerste weg.

Jean ·

Wel ZUMA bly ondersteuning kry van die ‘armes’. Hulle glo nog in hom, hulle glo nog hulle gaan almal werk en plase en huise kry. EK hou gisteraand ‘n kommentaar kolom dop net om te besef die ‘mense’ is ‘gereed’ om Zuma te ‘verdedig’. Hulle vergeet van al die korrupsie, van die myn (Aurora) wat sy eie NEEF laat bankrotspeel het en duisende mense werkloos en geldloos gelaat het nou R50 biljoen gaan kry uit die Nuclear deal. Die ‘massas’ wag nog om die 4 miljoen blankes se werk en eiendom te bekom, en die 35 000 plase te roof. Hulle vergeet hulle is 50 miljoen mense wat sit en wag vir 4 miljoen mense se eiendom. Vreemd dat die massas steeds vaskyk teen apartheid en ‘grond wat gesteel’ is van hulle. As jy nou 20 is en ek 40, wat se grond het ek van jou gesteel? Ek besit niks behalwe die erf waarop ek bly wat ek vir die BANK skuld nie. Watter blankes het WAAR grond gesteel? Dit is ‘n mite, ‘n persepsie wat by die mense geskep word en solank die fokus op die BLANKES se eiendom is, so lank kyk hulle al die GUPTA en NUCLEAR gemors mis. Hulle vredien vir ZUMA as President, hy kyk NET na homself en sorg NET vir sy familie!

hiehie ·

Sal graag die ANC wil hoor wat hulle aan hul kinders se kinders gaan vertel dat wie die rommelstatus veroorsaak het en die posisie waarin SA is??????

Pieter ·

Zuma weet nie eers wat is 1+1, hoe sal hy weet wat is BBB+ of BBB.

Frans C ·

Ek weet nie waarom mense so verbaas is oor dit nie.Dit was die vooruitsig van die begin af.Suid Afrika se ekonomie was soos ‘n olifant.Maar selfs die reusedier sal beswyk aan bloedsverlies as jy aanhoudend pyle in sy lyf skiet.Dit is wat die ANC-gedoen het,swak bestuur en aanstellings van ‘Comrades’
en onhaalbare politieke besluite soos gratis onderwys,gratis,huise,gratis elektrisiteit en reuse salarisse sonder teenprestasie het ,grootskaalse geldvermorsing die ekonomie stadig,maar seker doodgebloei.

Iemand wat dit nie sien kom het nie,het met oogklappe rondgeloop,want dit was duidelik sigbaar met die samestelling van die groter stadsrade.
So bv het amptenare van Daveyton as daar ‘n geldtekort was,doodeenvoudig raadsvoertuie op informele vendusies verkoop.So het tot die burgermeester se voertuig in die slag gebly. So is ongeveer 38 voertuie van die saamgevoegde bateregister verwyder as ‘n gebaar van versoening!

As jy nie ‘n klein dorpie of tuisland kan bestuur nie hoe de duiwel gaan jy ‘n land bestuur.Dit is nou maar eenmaal so’n as jy jou agterent uitleen,poep jy naderhand deur jou longe.

Hansie ·

Julle moet dit maar probeer geniet daar in Suid-Zimbabwe ouens!

Chaparel ·

Die grootste klap vir SA moet nog kom wanneer alle oorseese belegging maatskapye en bedrywe en projekte hulself gaan terugtrek uit SA en SA niks meer kan invoer of uitvoer nie.
Die ontwikkelings geld wat Europa aan SA uitgee elke jaar gaan dan ook stop gesit word en so kom alles tot n totale stilstand.
Groot investeringe wat op die buitelandse agenda staan wat goed sou wees vir SA se ekonomie word nou uit die agenda geskrap.

Charlene ·

Ek glo nie zuma kan trots op himself wees nie. Enige persoon met logiese denke en in beheer van ‘n land moet tog die basiese beginsels van ekonomie ken. Ek dink zuma moet by ‘n vuilgoed stortings terein gaan werk sodat hy kan verstaan wat rommelstatus is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.