Spioenasiebande-saak: Partye eis Zuma se kop

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Verskeie politieke partye het Vrydag reageer nadat die appèlhof in Bloemfontein uitspraak gelewer het in die sogenaamde spioenasiebande-saak teen pres. Jacob Zuma.

Dit volg nadat regter Eric Leach die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Zuma se aansoeke om verlof tot appèl met koste van die hand gewys het. Zuma en die NVG het die appèlhof genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit, om Zuma nie te vervolg nie, irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word. Zuma en die NVG is vir die koste van die appèl verantwoordelik.

Die DA het die uitspraak verwelkom en gesê die party gaan aan adv. Shaun Abrahams, die nasionale direkteur van openbare vervolging, skryf om aanklagte so gou moontlik teen Zuma in te dien sodat hy in die hof kan verskyn op aanklagte van korrupsie en bedrog.

“Ek gaan Shaun ‘die skaap’ versoek om hom daartoe te verbind om die 783 aanklagte teen Zuma weer in te stel en die mense van die land ʼn datum te gee wanneer die aanklagte hanteer gaan word,” het Mmusi Maimane, die DA se leier, tydens ʼn perskonferensie gesê.

Maimane het gesê Abrahams moet binne 10 dae ʼn antwoord gee. “Die aanklagte is reeds geformuleer en ons glo al die bewyse is gereed. Zuma moet so gou moontlik verhoor word.”

Die VF Plus het die uitspraak verwelkom en gesê dit moet as ʼn oorwinning vir geregtigheid beskou word.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê die uitspraak is baie tegnies van aard, maar was te wagte in die lig van die feit dat die president se eie regspan voorheen toegegee het dat die aanvanklike beslissing van die NVG om hom nie te vervolg nie, “irrasioneel” was.

“Die vraag is nou of die president met die nuwe vervolging ʼn kans gegun gaan word om redes aan te voer en vertoë te rig aan die NVG oor waarom hy nie vervolg moet word nie,” het hy gesê.

“Die VF Plus sal wil sien dat die president en die NVG die beslissing van die appèlhof eerbiedig en uitvoer en nie belastinggeld verder vermors in ʼn poging om hulle tot die konstitusionele hof te wend nie,” sê dr. Groenewald.

Genl. Bantu Holomisa, leier van die UDM, het gesê Zuma moet as president bedank en teregstaan op die aanklagte, andersins moet die ANC hom herroep.

Cope het ook die uitspraak verwelkom. Pakes Dikgetsi, die party se nasionale voorsitter, het die NVG ook versoek om Zuma so gou moontlik te vervolg.

“Die party was altyd van mening dat daar ʼn prima facie-saak van korrupsie teen Zuma is waarvoor hy in die hof verantwoording moet doen,” het Dikgetsi gesê. “Noudat die appèlhof duidelikheid oor die saak gegee het, verwag ons dat verdere stappe so gou moontlik gedoen moet word. Die bal is nou in die hande van adv. Abrahams en die NVG. Die NVG moet ophou om as die beskermer of verdediger van ʼn strafbare verdagte op te tree. Hulle moet die waarde van die Grondwet en beginsels van die NVG handhaaf.”

Lees meer oor die spioenasiebande op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Pietie ·

Zuma moet tronk toe. Maar hy weet om sy maats te kry om hom te beskerm.

Johann ·

Hoe vang jy n slang soos die wat teen n opdraande uit gly? Veral as hy die mag en pag van Shaun the sheep het wat hom hou waar hy is: ONAANTASBAAR! Wat my die siekste maak, is die vermetelde arrogansie wat hy mee operate…hehehhehhe. ANC LEGACY: só verwoes een magsbehepte bokwagter n land saam met sy mede vergrypers!

Plantasie Gorilla ·

Maar Oompie Jacob, as jy niks het om weg te steek nie gaan hof en bewys jou onskuld. Wat briek jy so, dan moet ek mos dink jy is skuldig.

Boerseun ·

30% van samelewing eis sy kop, kom ons kyk hoe werk julle demokrasie.

Buitestander ·

Die oompie sal allankal afgtereë het dan sal hy nog nie in die hof verskyn het nie.
Spaar julle asems.

Boerseun ·

Ek hou van die ou, hy seil om die liberale se taktiek keer op keer. My konklusie, Zuma is slimmer as n liberaal

Kobus V ·

Kan hulle asb die standard lig…..om leier van jou land te wees moet jy ten minste graad 6min of meer geslaag het.

magrietha ·

O.M.W KAN JY DIT GLO JY EN JOU MATERS BEHOORT IN TRONK.

Stem weer ANC ·

Daar sal absoluut niks met Zuma gebeur nie. Hy het nie verniet al sy maats op die regte plekke neer gesit nie. Terwyl die ANC of DA aan bewing is sal hy veilig wees.

Boet Fasie ·

Zuma is baie slim, hy gaan die klagtes vir nog jare laat sloer deur Shuan Abrahams en appele. Hy wil vir nog ‘n termyn dien as president van die land en daarna as hy aangekla en skuldig bevind word kry hy mediese parool. As Zuma klaar is met die land sal nie eers die askrappers die land wil he nie , want daar gaan niks wees wat hulle kan aas nie.

Domvraag ·

Hoop Shake Shabir sien dan ook weer die wêreld vanuit sy sel.
Almal veg dat geregtigheid moet geskied behalwe hulle wat hul siel vir geld verkoop het en alles probeer doen om misdadigers uit die tronke te hou en dan trots is op hul reputasie.. hoe siek.

John ·

Wat is die verskil tussen slim en slinks? Ons buur-president kom weg met alles en Afrika bewonder hom. Hy was nou die dag hier om raad te gee oor hoe dit gedoen word. Mogabe wen eensydige verkiesings en die wereld los hom uit. Hoekom hoor ons geen kritiek teem hom nie? Hy praat selfs nog gereeld in die VO. Sy vrou gebruik ‘karwatse’ en annekseer plase en niemand in die buiteland kwe nie. Kyk hoe lyk Afrika. Wat wag dus op ons? Hoeveel geld gooi die opposisie nie na hofsake en advokate nie en daar kom telkens dadels van. Bid blyk sowaar ons enigste reddingsboei te wees, maar die DA glo niks wat setlaars hierheen gebring het, is nuttig nie. Hulle moet dus maar bly hoop op aardse regters…

Anoniem ·

Zyma se baie sake in die hof is “fruitless and wasteful expenditure.”

pieterdp ·

Waar om moet ons belasting geld vir kwis word op die saak. Die wat die apel aantekin moet betaal vir hul uie toedoen. Dit sou n ander saak gewees het as hul geslaag het.

Eish ·

Zuma is die eerste persoon in die geskiedenis wat verkies is tot president terwyl hy ondersoek is vir bedrog en korrupsie. Dis steeds aan die gang.

Veronderstel jy werk vir n maatskappy met net meer as 500 werknemers wat die volgende personeel statistiek bevat:
29 is beskuldig van geweld teen hul lewens maat.
7 was al gearresteer vir bedrog.
19 se tjeks hop.
117 het reeds minstens twee besighede bankrot laat speel.
3 was al toegesluit vir aanranding.
71 kan nie n kredietkaart bekom nie agv swak kredietwaardigheid.
14 was al gearresteer vir dwelm verwante oortredings.
8 was al gearresteer vir winkel diefstal.
21 is huidig verweerders in regseise.
84 is in die laaste 12 maande gearresteer vir bestuur onder die invloed.
Dit is n totaal van 373 of ongeveer 70%.
Raai wie is die ” Maatskappy”.
Dis is die agbare 535 lede van die Suid Afrikaanse parlement. Die agbares wat jaarliks honderde nuwe wette produseer wat die res van ons in toom moet hou. Skandalig! Uiterste vorm van AIT!!

stefanie ·

Dan vra mense hoekom dit plaasvind dat mense gereg in eie hande neem.daar is te veel tegniese punte wat vir misdadegers ontvlugting bied en so kom hulle skotvry van misdade.Dit maak nie saak wie en wat jy is nie geregtigheid is veronderstel om almal oor die selfde kam te skeer maar in suid afrieka werk dit anders Let wel ek spel suid afrika in klein letters want dit is ons status van ons komidie land

John ·

?.. as ons tog net maar ‘n tekort aan water of ‘eish’ gehad het… dan het dit fantastiese gegaan in die bedroeflike land… wsnt dan het almal saamgestaan, gehelp en plan-gemaak teen die elemente… maar nou… Dis om van te huil. Sedert daai regter destyds Zuma die voordeel van die twyfel teen Mbeki gegee het, het ons die finale afdraaipad na die afgrond gevat.

Alida ·

Mnr Mbeki lag lekker vir ou grapjas. Wat jy saai sal jy maai JZ!

Cherokee ·

Haai, ek is terug vanaf vakansie en tot my verligting bestaan Maroela steeds.
Alida, jou Da-geit skyn nie ne deur maar dit vertoon as ‘n ‘spotlight’!
Hello julle ander, ek is bly julle het die Alida(s) in toom gehou :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.