Die Nasionale Vervolgingsgesag het Maandag gesê hulle sal aansoek doen om teen die besluit van die Noord-Gautengse hooggeregshof te appelleer. Zuma se kantoor het egter laat Maandagaand in ʼn verklaring aangekondig dat die president, as die derde respondent in die saak, ook aansoek sal doen om teen die uitspraak te appelleer aangesien die hof se besluit hom “direk raak”.
Die Noord-Gautengse hooggeregshof het op 29 April beslis dat die besluit om 783 korrupsie-aanklagte teen Zuma oor die sogenaamde spioenasiebande te laat vaar, irrasioneel was. Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg nie.
Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die president, het gesê Zuma is oortuig dat die hof in verskeie opsigte fouteer het in die neem van sy besluit. Volgens Zuma is een van hierdie “foute” dat die hof bevind het die nasionale direkteur van openbare vervolging is nie daarop geregtig om ʼn vervolgingsaak te staak op grond van vervolgingswangedrag of misbruik van die vervolgingsproses nie.
Zuma meen ook die hof het fouteer in die beoordeling van bewyse wat deur die respondente voor die hof ingedien is, veral omdat die president en die nasionale direkteur van openbare vervolging se verweer nie in ag geneem is nie ten spyte daarvan dat dit nie deur die aansoeker (die DA) betwis is nie.
Ngqulunga het verder gesê die hof het fouteer deur te bevind dat Mpshe se besluit gegrond was op sy subjektiewe emosies van woede en verraad, wat veroorsaak het dat hy impulsief en irrasioneel opgetree het. Zuma meen ook Mpshe was nie onder “ongekende druk wat hom daarvan weerhou het om behoorlik oor die saak na te dink” soos die hof bevind het nie.
“Pres. Zuma glo dat die appèl belangrike regskwessies opper en ʼn goeie kans op sukses het,” het Ngqulunga gesê.
Lees alle vorige berigte oor die sogenaamde spioenasiebande-saak op Maroela Media.
Nou wonder ek; het sy hoogdrawendheid homself hierdie “foute” uitgewys? Of was dit sg. regsopinies waarvoor ONS betaal? En wanneer (nie as) hy steeds verkeerd bewys word en oor sy gulsige vingers getik word…weer die verskoning van hyt verkeerde advies gekry en “all was in good faith”?
Alles is net zuma zuma zuma waneer word daar regeer in die land …hy slaan net vure dood en maak die volgende skelm planne om die reg te ontduik …en die land en die Rand gaan tengronde intussen .. ons verdien rommel status !! Lees maar gerus dit vir meer insigte : http://www.biznews.com/thought-leaders/2015/06/01/andrew-donaldson-asking-rw-johnson-why-sa-only-has-two-years-left/
zuma kan nie lees nie, hoe sal hy nou die foute kan uitwys. Geleerde regters het almal eenparig besluit dat die nvg n fout gemaak het, maar zuma bly die martelaar speel en die satan is op sy rug het niks verkeerd gedoen nie.
As dit ek was wat aangekla was het ek lankal in tjoekie gesit
Hy hoef nie te worrie as hy aangekla word,want die aanklaer en verdediging gaan elk geval in dieselfde kamp wees
Irene ek stem. Ek is nou al so G..tvol vir die gesteel. Die Here sal moet toe tree want ons wit velle rig niks uit nie.
Gaan Zuma betaal vir die appel? Hy teken mos appel aan.
Ongelukkig gaan Zuma wegkom hiermee, want hy gaan net aanhou appelleer, totdat hy in die Grondwetlike hof eindig. Daar staan sy kader regters reeds gereed om vir hom ‘n vrypas te gee.
Ongelukkig is daar steeds die (grondwetters) wat wil glo dat die grondwet waarde het en nie besef dit is eintlik maar net ‘n papier waaraan Afrika hom nie hoef te steur nie. Ek wil my verstout om te sê dat die Grondwetlike hof ook een van Roelf Meyer se briljante “teenwigte” was.
Is daar nog iets in ons land wat rasioneel is? En natuurlik raak die klagtes JZ direk! Hoe dan anders? Die politieke magspel gaan voort!
Arak moenie vergeet van de klerk en wessels nie
Skuif hom hier – skuif dit daar, Appelleer hier en appelleer daar en sie daar die saak kom nooit uit die blokke nie. Ons moet eending altyd onthou en dit is dat hierdie saak nog enige appel vir Zumas nie n sent kos nie – ons as armgat belasting betaler tel die hele rekening op.
Zuma se rak lewe is al lankal verwy sy verval datum hy kon nooit onderskei wat reg en wat verkeerd is nie. Nou wil hy hom slimmer as die Regters kom hou. Vertragings taktiek. Hy dink die land is sy kraal waarvan hy die hoof indoena is. Los hulle die Appelhof gaan hulle uitmekaar skeur soos n stuk koerant papier hoe stupid kan jy wees. HULLO. Mors van goeie geld om blomme op bollie te pak
Zuma kan baie maklik uit alles loskom: hy moet net die regters wat teen hom uitspraak lewer, afdank en met regters vervang wat hom steun
Kan ons as belastingbetalers (net die wat belasting betaal) nie n se he in hoe ons geld spandeer…gebruik….geblaas…gemors word nie