SR-lid ‘wat wittes wil doodskiet’ geskors

Luvuyo Menziwa. Foto: Facebook

Luvuyo Menziwa. Foto: Facebook

Luvuyo Menziwa, die lid van die Universiteit van Pretoria (Tuks) se studenteraad wat glo wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodskiet, is van die raad geskors.

“As gevolg van klagtes wat AfriForum Jeug teen Luvuyo Menziwa gelê het, is hy sopas van Tuks se studenteraad geskors,” het die organisasie Dinsdag omstreeks 13:00 op Twitter aangekondig.

AfriForum Jeug het Maandag bekend gemaak dat die organisasie klagtes teen Menziwa voorberei nadat Menziwa na bewering op Facebook ʼn lys van redes geplaas het hoekom hy wit mense met ʼn AK-47 of ʼn bazoeka wil doodmaak. Hy het in die inskrywing redes gelys waarom hy wit mense haat. Die redes is onder meer “wit voorreg, wit arrogansie, wit monopolie van kapitaal en wit meerderwaardigheid”.

“Ter afsluiting, f** wit mense. Gee my net ʼn AK-47 of ʼn bazoeka sodat ek die regte ding kan doen en hierdie demoon-besete mense kan doodmaak,” lui die inskrywing.

Volgens Henrico Barnard, AfriForum Tuks se woordvoerder, beskou AfriForum Jeug Menziwa se inskrywing as lasterlike uitsprake, aanhitsing tot geweld en intimidasie.

Anna-Retha Bouwer, woordvoerder van die UP, het aan Maroela Media bevestig dat hy geskors vir oortreding van die studenteraad se gedragskode. “Enige verdere ondersoeke deur die universiteit in terme van die dissiplinêre kode vir studente gaan nog voort,” het sy gesê.

'n Skermskoot van die inskrywing soos die AfriForum Jeug verskaf.

‘n Skermskoot van die inskrywing soos deur AfriForum Jeug verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

78 Kommentare

Werner ·

Enige persoon wat sulke uitlatings maak moet uit die land verban word nie net van die raad nie. Hoe moet ons vrede en eensgesindheid handhaaf met sulke mentaliteit?

Piet Snot ·

Kan nie sê dat ek al verneem het vd DA se ontsteltenis oor dié uitsprake nie.
Of is hulle dalk nie só ontsteld nie.

Johan ·

Waar is sy skorsing van die universiteit? Skorsing van die raad beteken niks……gaan hy ook boete van R150 000 betaal?…….hoop AfriJeug gaan dit nie daar laat nie…..

anne ·

Goeie vraag ? Hy gaan seker nou weer wegkom met ‘n waarskuwing!!!
Dis tyd dat daar ook ‘n voorbeeld gemaak word met een van hulle, waar is die R150 000 boete ????

Hettie ·

Ja stem saam Johan! Hy moet ook boete (R150,000) kry en betaal!!!!

Johann ·

Ek voel in persoon bedreig en bekommerd oor my reg en vioreegte bunne die wetgewing van nie net Suid Afika nie; maar binne die reg soos beskerm deur die demokrariese Wêreld Regsstelsel. Ek verwag van die SUID Afrikaanse Regering on hierdie blatante deeigemente ONMIDDELIK met ville erns op te neem en die booswig onmiddelik te arresteer!!!!!

Charmaine ·

Ek stem saam…..Laat die regering optree om ons te beskerm soos daar talle male teen die blankes opgetree word!!!!

Anoniem ·

Stem Johann….Ons voel nie meer veilig in ons eie land wat ons opgebou het nie…….En die regering hoor nie ons pleidooie nie…….Dis tyd dat ons as n volk begin saamstaan teen booswigte……Vraag is…… Kan ons?

Balu ·

Ja en dit raak net erger, so maak maar reg om jou gesin te kan beskerm teen wat nog voorle.

Johan ·

Kom ons kyk of die minister dit gaan ondersoek soos die “haar kwessie”…

Deon Koegelenberg ·

Stem saam Johan ons sal maar sien of die minister enigiets gaan doen Die verlede wys natuurlik hy gaan niks doen nie

Ben ·

Ek sien dat spelling en grammatika nie sy stertepunt is nie en nog minder sy menseverhoudingsvermoeë. Net “van die raad afgedank” ? Hy behoord huistoe gestuur word vir “keeps” of minstens ‘n R150’000.00 boete te kry.

Stormrider ·

Kan julle dalk asseblief uitvind of daar strafregtelike aanklagte teen hierdie kalant aanhangig gemaak gaan word? Sy hatige uitlatings en doodsdreigemente vergelyk nie eens naastenby met die dinge wat Penny Sparrow gesê het nie, en sy is bitter swaar gestraf. Ek hoop dat AfriForum Jeug aanklagte by die SAPD aanhangig gaan maak. Hy hoort nie in die samelewing nie.

Tinktinkie ·

Ek stem saam met jou Stormrider!!! Dis niks anders as n dreigement om my en my kinders en familie se lewens te neem nie!!!

Louw ·

Kom nou Menseregte Kommissie wys julle onpartydigheid, hof toe en boete asb, niks minder as R150 000.00

Daan ·

@ Louw-Ek stem saam met jou, maar dit sal nog nooit gebeur nie, want, ons is mos ???????

Jean B ·

MRK…waarvan praat jul nou? Hul brille is donker en kyk net na buite.

Sandra ·

Die dames is uit die koshuis verjaag en dit oor swart gesigte. Nou waar lê die erns van die uitlatings en die straf wat dit verdien. Ons is die minderheids groep in SA…… nou hoe bly ons die bedreiging ?

Koos1 ·

Wat my meer bekommer as sy woorde, want woorde kan my nie seer maak nie, is wat gaan in sy kop aan??? Waar is hy met hierdie haat geleer (want onthou Mandela het gesê ons kinders word nie met haat gebore nie maar dit word aangeleer), wat beteken hy sê net wat al die ander wat hom geleer het, ook voel. Ek moet my kinders grootmaak om by Suid Afrika aan te pas, maar duidelik is die nie die norm elders nie.

Hannatjie ·

Ek stem….iemand naby hom moet so n haat teenoor ander aangevuur het..

Cherokee ·

Koos, dit is nie eens naastenby soos jy en Hannatjie vertel nie. Dit is blote opswepery en pogings om indrk te maak op sy mede-opgesweeptes. Niks anders nie.

Morne ·

Sy politieke leiers leer dit vir hom, wie anders?!? Dit word dan van die podiums af gesing…

Sarie ·

Die haat word reeds in die leerplanne van ons onderwys op ‘n subtiele manier vasgelê. Bestudeer gerus die geskiedenis en lewensoriëntering leerplanne. Dan dra die media ook nog daartoe by. Vergelyk Max Du Preez se artikels wat gedurig vra wittes moet afstand doen van hul kultuur.

Anoniem ·

Ons moet as volk n petisie saam Afriforum begin teen al die haatuitsprake……..

Weezie ·

Ja wat, Dis hoekom die geleerdheid in sy dinges is, want plaas hulle leer gorrel hulle sulke goed. Genade kind, tel eerder jou boeke op en leer, dan het jy ook n kans op monopolie van kapitaal, net soos die wit mense dit moes doen. Wonder hoe het hy in TUKS gekom………. oh ja wag 30% is mos n slaag en as dit nie werk nie dan hou ons n “bring a tyre braai”

Lance ·

Tyd vir ander slegse maar wonder hoe lyk sy punte …darm moeilik as mens so haatdraed is …leef in die verlede en sal altyd n swak toekoms he met so n negatiewe uitkyk ….dink dis maar jaloesie

Herman ·

Waarom word hy net van die SR af geskors? Waarom verwyder Tuks hom nie as student nie?Waarom is daar nie ‘n hofsaak teen hom nie? Haatspraak en rassisme geld vir swart persone ook.Hy het immers erken dat is wat hy geskryf het.Blanke studente is vir minder as dit die universiteit belet.

leon - Centurion ·

“…..reject all value systems…” Dit is waar ons vriend se problem is. Sy radikale uitsprake, hoe gevaarlik ookal bewys sy bankrot denke. ‘n Man wat so sy mond oopmaak is gewoonlik waar dit bly net ‘n skadelose, dwaasagtige geskree. Mooi, weereens Afriforum Jeug, wat die stryd vir die wittes opneem. Hy moet gestraf word! Nie net van SR af nie maar ook van UP. Ek glo egter nie De la Rey sal teen hom optree nie. Daarvoor is sy te papbroekig. Dit is handig om die seun se naam te berg om later sy loopbaan te volg. Sulke uitsprake haal jou uiteindelik in.

Alex ·

Wat goed is vir die een is goed vir die ander!!! Boete boete boete boete boete!!!!

CC ·

Die probleem is die woordjie mense regte. Die kinders word groot gemaak met dit is jou reg om skool toe te gaan, dit is jou reg om universiteit toe te gaan dit is jou reg om ‘n werk te he, dit is jou reg om te staak. Twak man!!! Dit is alles voorregte nie regte nie. Ons lewe in ‘n demokratiese land, maar die vlak van norme en waardes verskil hemels breed. Geld wat stom is kan nie regmaak wat krom is nie. Wees liewer bekommerd oor ons kinders wat op skole en universiteite hiermee gekonfronteer word. ‘n Demokrasie kan slegs werk as opvoeding en norme en waardes op ‘n bepaalde vlak is.

Alida ·

O aarde waar is Lesufi en kie nou. As die haarspraak van swart na wit is, is hulle tjoepstil. Dit moet gladnie daar gelaat word nie. Dons hom op en dagvaar hom vir R150 000.00.

Paul Dippenaar ·

Waar is die politieke partye veral die ” DA ” wat altyd aan die voorpunt staan as iemand durf waag om enige opmerking te maak wat as rassisties beskou word, waarom is hulle nou so stil is dit omdat dit n swart persoon is wat rasistiese haat spraak gemaak het dat dit vir hulle aanvaarbaar is!!!!!!!!!!

Rina Kotze ·

Hy moet sommer van die Universiteit ook geskors word.
Geen Blanke student is veilig met hom in die omtrek nie!

En om te dink hy het die FINANSIES portefulje hanteer?

Nee wat, ons land het nie sulke mense nodig nie, hetsy dit wit of swart is nie!

Robert Strauss ·

En skielik het die Mense Regte Kommissie van die aardbol afgeval. Sou dit n blanke wees wat dit teen swartes gemaak het, sou ons weer nie die einde daarvan gehoor het nie, met ondersoeke en boetes van die regering tot die hoog heilge MRK.

chris ·

Paul, die verkiesing is mos nou klaar en het hulle het gerky wat hulle wou hê. Magtie maar ek is spyt ek het gestem .

Jeanne ·

Mooi so, hou hom geskors dat hy nerens kan studeer nie . nogals ‘n SR lid .. wat se mentaliteit is dit? Neewat .. tyd vir hom om elders sy haatspraak en rassisme te gaan verkondig. Zimbabwe of erens anders waar dit toegelaat word.

Petra Doubell ·

Wat studeer hy voor. Hoe gaan hy in Sy toekomstige praktyk sonder vooroordeel teen die “wittes” kan handel. Met daardie verdraaide denkwyse sal hy nooit neutraal kan reageer nie. Hy is tog na 1994 gebore so hy is mos in die demokratiese era. Geen rede vir hierdie denkwyse. As hy nie boete kan betaal vir Facebook uitlatings nie, laat hy community tussen die “wit arm gemeenskappe en wit oumense wat swaarkry” doen. Miskien sal hy daarby leer en baat vind. Whats good for the goose is good for the gander too.

Derik ·

Hierdie keer moet daar n voorbeeld van HOM gemaak word! Hierdie voorval moet sommer oor die WERELD heen uit basuin word!

T ·

Kyk op faceboek wat is sy profile pic vandag dis die stakende skool kinders dit se alles … laat hy boete betaal en geskors word uit Tuks. As hy wit was was hy nou in tronk.

Johann ·

Wonder ek nou skielik hardop: wat was en of is die beswaarde seun se hoofbekleedsel status? Siende dat die stand van hare..SKUUS SKUUS SKUUS…bedoel sake; so krities van aard is? Mag dalk n geleentheid skep vir n IMPIRIESE STUDIE vir hom? Beurs en al…en die gevaarlikste wapens wat hy wettig sal mag dra sal waatskynlik gespesialiseerde haar kamme en tange en borsels etc etc etc wees! S.O.T

Esther ·

Was daar enige haatspraak soos die uit ‘n blanke se mond is dit onmiddelike skorsing van die Universiteit, en baie meer ,,, met baie minder wat gesê word is strawwe verregaande.
Die Lesufi en trawante maag sê wat hul wil met geringe indien enige gevolge. Ons ken mos nou al die patroon.

foxi ·

As dit my kind was wat sulke uitbarstings gemaak het……sou hy/sy die loesing van hul lewe gekry het! In elk geval…….wat jy saai sal jy maai ou maat!!

hans ·

N drukgroep en petisie moet nou begin word om die Rektor en UP bestuur te dwing om die student onmiddelik te skors en die kampus te verbied. Dit is die enigste eerbare optrede.

Piet ·

Glo dit of nie maar baie mense sien niks verkeerd met sy uitlatings nie – Sus hou b.v. dalk van sy gedrag. Gaan kyk gerus na haar ander kommentaar as sy haar verlekker daarin as skole nie meer reels het nie. Dit moet nou aanvaarbaar wees as skoolkinders haarstyle het wat erger staan as n kalkoen se stertvere. Van kleins af word kinders in sekere gemeenskappe geleer om gesag te verag en enige waardelose mense geniet dit gate uit. Hulle is soms so onnosel dat hulle totaal blind is vir die gemors wat hulle self in die land veroorsaak het.

Dis moord in wording. Hang hom. Daar is nie plek vir sulke mense in ons land nie. Hy stook onnodig. Daar is reeds swaarkry en moeilike tye vir ons almal. Raak ontslae van hom ·

Raak ontslae van hom. Daar nie plek in SA vir sy soort nie…..

Johann ·

Was daar nie vaniggend op JAKARANDA tydens Rian se program n hoogdrawende Prof van TUKS nie? Sy was vol van “nuwe reels toepaslikheid”… waar is haar verandwoordelikheid teeior die aanhutser van geweld op haar kampus? O weee nee…dis mos rassisties! SELOUT TUKS BESTUUR!!!!!! Maar kyk maar hoe vat ons ins geld en dink en doen elders in Afrikaans.

Alida ·

Skors die gemors en stuur hom huistoe en verbied hom by AL die Universiteite. Hy is n kommunis. Hoekom was die minister nog nie daar nie wil ek weet. Hy is n gevaar vir blanke studente. Soek sy gesig op TV en voorblaaie van koerante. Aandag soek.

jimminy cricket ·

Maar gaan hy ook so skuldig hanteer word soo Penny Sparrow? Ook gereeld hof in en hof uit? Ek twyfel.

Andre ·

En die DA en de Lille is doodstil! Ons praat nie eers van die anc se verwagte stilte nie.

Amelda ·

Dis net nog ‘n slapgat wat aandag soek. Hy kry seker nie genoeg nou probeer hy naam maak. Daar gaan net vir hom gesê word om omverskoning te vra en dan is alles vergete en vergewe want hy is mos die verontregte. Daar sal niks van kom nie en hulle weet dit.

hercules ·

verseker het hy nog nooit iemand geskiet nie, of….?? kyk mooi na die afgelope paar jaar se uitlatings – die oomblik as ‘n bravo in ‘n gesags posisie kom dan mag hy se wat hy wil :-(

Sydney ·

Dit is veral lag wekkend dat hy gister op TV gese het dat ons as wit mense dit verkeerd op geneem het. Hoe kan sulke uitlatings gemaak word en nie dink hy teenkanting kry nie. Mag hy sy dag kry in die hof kry. As ons as blankes dit sou se was ons reeds toegesluit en as rassiste uitgekruit. Ons sou opgespoor gewees het deur die comrades en hulle sou ons lewe hel gemaak het,

Pieter ·

Ek dink dit is tyd om op ons kniee voor God te kom. Dit is ons enigste redding

Bernice ·

I don’t understand, they say whites had the privilage to go to school and become something. (if blacks didn’t !!! what they all doing in goverment, mines and big businesses )
They say we dominate to get what we want, ( do you see white people toytoying to get what we want)we talk and resolve our problems.
They say we are arrogant, no I just think we are proud to have self respect and understanding in tuff situations,
and that we have the monopoly,??? Don’t see much whites in goverment, SABC mostly now black programs and owner’s there are so many, we don’t have the monopoly , and we don’t go around killing black people just because they are black, we learn to live together and make thing work, nothing comes for free in life, and most of them must still learn that, and if you work for something you appreciate it more, than what you do if you get it for free. ( good example look at the farms given for free to blacks, nothing left of it)

Jan ·

My vraag is hoekom het TUKS aanvanklik niks gedoen nie maar gewag vir AFRIFORUM om op te tree, in Stellenbosch het die Universiteit onmiddellik teen die studente opgetree .. Nou wil hy redes aanvoer HOEKOM hy wittes haat, ek stel nie belang nie, niemand stel belang nie, as hy nou 19 of 20 is het hy nie eers in apartheid grootgeword nie en as hy die voorreg het om te studeer het hy niks om oor te kla nie, ek is al so moeg daarvan dat tot jonges die rassistiese en apartheidstrein ry terwyl hulle nie veel daardeur geraak is nie. Soms maak witmense ook uitlatings teenoor swartes oor REDES bv dat hulle gesinne vermoor is of aangeval is of hulle gekaap is deur swartes, hoekom is hulle redes dan nie geldig nie, maar sy redes oor arrogansie, en superiority van wittes is? Mag wittes nou geen bestaansreg meer he omdat die Meneer besluit het ‘n witte is no sleg nie . nonsens man, verwyder hom sommer uit die samelewing uit .. tronkstraf sal nie ‘n slegte ding wees nie want ek is seker as wittes GEWELD aanhits sal hulle in die tronk sit, hoekom mag hy verder studeer?

E.K. ·

Dring aan dat ‘n minister ook die UP besoek en aandring dat die student om verskoning meot vra. Wat vir skole geld moet sekerlik ook hier geld, hierdie is 1000000x erger as om ‘n herrie oor hare te he!

E.K. (vra net) ·

TEKEN asb die petisie aanlyn wat boontoe ‘n skakel het mense!

Anoniem ·

Skors hom en laat hom strafregtelik vervolg. Dit is haatspraak.

Martie ·

Daar word so groot bohaai gemaak oor die skoolmeisies wat beledig is oor bv hul hare (ensovoorts)…..maar wat van ons witmense wat soos gemors behandel word by staatshospitale…ek was geskok om te sien hoe bitter ou mense..in hulle sewntigs en tagtigs moedswillig in verkeerde toue geplaas word en dan vir die heel dag ge ignoreer word net sodat hulle more weer moet terug kom om net weer verder af gejak en verneder te word…mense daar le baie trane in die gange van die staatshospitale…dis siek witmense wat geen ander uitweg het as om die staatshospitaal te besoek nie…ek beleef dit gereeld want ek is self n buite pasient…waar is die jeug van Agriforum…kan daar nou wragtig niks aan die mense se lot gedoen word nie…so verskoon my as ek se…ek het GEEN simpatie meer met enige swart verontregte nie….

Deon Koegelenberg ·

Sy skorsing uit universiteit is reg maar hy hoort ook strafregtelik aangekla te word oor rassistiese en moord uitsprake teen wit mense .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.