Staat eis minimum vonnis vir Eskom-bedrog

Argieffoto: GCIS

Argieffoto: GCIS

Dawid Johannes Malherbe, voormalige uitvoerende direkteur van Eskom, twee minimum vonnisse van 15 jaar opgelê word nadat hy die staatsbeheerde instansie met R10,2 miljoen bedrieg het, het ʼn hof in Kaapstad Woensdag gehoor.

Malherbe (63) sal op 2 Desember gevonnis word op aanklag van bedrog en geldwassery.

Hy het Woensdag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville, Kaapstad, voor landdros Sabrina Sonnenberg verskyn.

Die hof het twee dae lank na getuienis geluister deur staatsaanklaer Derik Vogel en die verdedigingspan, adv. Reuben Liddell en prok. Keith Gess.

In teenstelling met die staat se voorstel vir ʼn dubbel minimum vonnis van 15 jaar (altesaam 30 jaar), het die verdediging die hof gemaan om Malherbe eerder te vonnis tot huisarres.

Liddell het gesê Malherbe is nie “tronkmateriaal” nie en tronkstraf sal wees om hom met ʼn voorhamer te straf.

Die verdediging moet die hof oorreed dat daar wesenlike en dwingende redes bestaan waarom ʼn ligter vonnis geregverdig word, indien Malherbe die voorgeskrewe minimum vonnis vir ʼn eerste oortreder wat skuldig bevind word op aanklag van bedrog of geldwassery van meer as R500 00, wil vryspring.

Die verdediging het gesê daar bestaan sulke redes, maar die staatsaanklaer het dit ontken.

Liddell het gesê dit is “ʼn man wat eintlik op pensioen moet wees” en om hom tronkstraf op te lê, sal onmenslik wees.

Die staatsaanklaer voer egter aan Malherbe het “die hele scenario” tot sy eie voordeel beplan en dat die vonnis ʼn boodskap moet stuur dat bedrog nie geduld sal word nie. Die staatsaanklaer het gesê Malherbe het versuim om die hof in sy vertroue te neem en te verduidelik waarom hy Eskom bedrieg het. Volgens die staat toon hy boonop ook geen berou nie.

Hy het gesê die gevangenis is nie net vir gewelddadige misdade nie, en diegene wat witboordjiemisdade pleeg moet besef dat die tronkdeure ook vir hulle wag, selfs vir eerste oortreders.

Eskom het ongeveer 23 jaar gelede ʼn vennootskap aangegaan met die maatskappye Electricite de France Internationale SA en East Midlands Electricity om Khayelitsha in Kaapstad van elektrisiteit te bedien.

ʼn Derde maatskappy, Phambili Nombane Energy Services (PNES), gebaseer in Bellville, is op die been gebring as ʼn Eskom-filiaal.

PNES se raad van direkteure het bestaan uit personeel van Eskom, wat in diens gebly het van Eskom, en onderworpe was aan Eskom se beleide en prosedures. Malherbe was die besturende direkteur.

Eskom het vroeg in 2008 besluit om PNES in ʼn afsonderlike maatskappy te omskep, en nie meer as ʼn Eskom-filiaal nie. Malherbe was verplig om seker te maak dat sy persoonlike en sakebelange nie teenstrydig is met PNES of Eskom nie. Hy was bewus daarvan dat, sodra PNES ʼn privaat maatskappy sou word, hy nie meer die besturende direkteur van PNES sou wees nie.

Hy het ʼn geleentheid gesoek wat hom in staat sou stel om steeds ʼn inkomste te verdien uit die PNES-dienste, en sy persoonlike belange het dus gebots met Eskom en PNES.

Malherbe was bewus daarvan dat sekere PNES-dienste uitgekontrakteer moet word, en hy het dit as ʼn geleentheid beskou om ʼn kontrak aan te gaan met Eskom.

Hy het die maatskappy Energy Utility Services (EUS) geregistreer, waarvan hy die enigste direkteur was.

Malherbe het doelbewus die PNES-raad mislei oor die BEE-status van EUS, aangesien dit in sy geheel deur hom besit en bestuur is. Hy het dus die PNES-raad bedrieg om dienste aan EUS uit te kontrakteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan ·

Mmmmm, twee minimum vonnesse van 15 jaar en dit vir R10m se bedrog.

Wouter ·

Hy het maarnet gedoen wat die ANC kaders doen net op n baie kleiner skaal. Maak hom President.

wilma ·

Vi wat huisarres. Bere hom baie diep weg. Hy moes aan die gevolge gedink het tu hy gesteel het. Tronk materiaal of ni. Dis sy verdiende loon

Simon ·

Ek wil geensins wat hier gebeur het probeer goedpraat nie.
Dat die oortreder gestraf moet word is onbetwisbaar.
Die graad van strafmaatreels is onder oorweging. Die Oortreding is erg, maar die ervaring in RSA het geleer dat maak nie saak wat die Oortreding is swaar strawwe alleen in uitsonder like gevalle toe gepas word. Dus moet beroeps op strafmaatreels wat geneem behoort te word gemeens te word vs strafmaatreels in soortgelyke gevalle waar sg voorheen agtergeblewenes vir soortgelyke dade gestraf word.

Dit val egter op dat verskillende norme geld vir verskillendegroepe mense
Daarom moet n demokratiese beroep gedoen word ten opsigte van strafoplegging in hierdie geval

Keelvol ·

Nou wanneer gaan Eskom kaders en Zupta gevonnis word vir die miljarde range wat hulle van ons die publiek gesteel het?? Nou, vat hulle vas!

E ·

Ja Wouter ek stem saam, maar wat sal gebeur as hy begin praat? Hy is defnitief nie die enigste een nie. Hy staan natuurlik voor in die ry want hy is baie lig van gelaat. Wat van die skaduwee?

snoefie ·

dertig jaar vir R10.2miljoen. hoeveel gee dit vir R256miljoen wat die staat moes oodok vie nkandla? as een tronk toe gaan moet almal mos.

Thea Gerber ·

Dit voel of jou plaat vasgehaak het, want hierdie vraag het jy al n paar keer gevra.

Koos1 ·

Skelm, ja. Bedrog gepleeg, ja. Geld onwetting bekom, ja.
Die man is ‘n kanidaat vir ‘n minsterspos onder die ANC!

Die R10mij, is slegs ‘n druppel in die emmer as dit vergelyk word met die staatskaping verslag.
Verstaan my goed, wat hy gedoen het praat ek nie goed nie, maar sal baie bly wees as die ondersoekers en howe die selfde maatstok begin gebruik om oortreders te te vang en straf, selfs vir eerste oortreders, soos die aanklaer dit noem!

Tong innie kies ·

Was sy Van Matwetwe en nie Malherbe nie,het hy niks oorgekom nie want dan was dit “Business as usual”

Sus ·

Hoekom is die mensdom tog so gierig?? As geld jou baas geword het, word jy een of ander tyd ‘ge-fire’!

Henk ·

Ongelooflik hoe klein kriminele oortredinge soos hierdie spoedig voor die hof kom, maar die Zumas en Guptas word nie eens ondersoek nie. Maak ek ‘n oningeligte stelling? Wel, verduidelik aan my wat het geword van die 783 kriminele klagte van bedrog wat teen Zuma staan, en die nuwe bedrog en korrupsie klagtes wat die DA daarna teen hom gemaak het en wat niemand nou weet wie dit ondersoek nie. En die korrupsie tussen Eskom en die Guptas wat al oor en oor in die media (met bewyse) voorgele is.

Elize ·

Ek hoop hulle doen dieselfde met die huidige bestuur na die ondersoek verby is. Snaaks hoe hard die wittes gestraf wod en die swartes word net oor die vingers getik.

lynette ·

Vervolg eers die man met 783 aanklagte en nou vele meer teen hom, voordat julle ander kleiner gevalle aaval. Ek beskou die geval as n aanval teen die man. As julle bg eerste straf, kan julle begin hoogheilig raak.

Daru ·

Die selfverryking, is verkeerd , maar wie het die voorbeeld gestel hoe om dit te doen , en indien jy uitgevang word , dan word daar niks aan jou gedoen , so om self te verryk is reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.