Staatsrede 2016: Skokgranate vir oproerige skare

Polisiebeamptes beheer die skare voor die staatsrede in Kaapstad (11 Februarie 2016) Foto: ANA

Polisiebeamptes beheer die skare voor die staatsrede in Kaapstad (11 Februarie 2016) Foto: ANA

Polisiebeamptes is Donderdag genoodsaak om van skokgranate gebruik te maak in Kaapstad se middestad om groepe mense te beheer wat voor pres. Jacob Zuma se staatsrede, saamgedrom het.

Aanvanklike berigte dui daarop dat die polisie skokgranate op ondersteuners van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) naby St George-katedraal gevuur het.

ʼn Paar omstanders kon ʼn bejaarde toeristepaartjie help wat in die chaos beland het. Hulle was op pad na die Adderley-hotel waar hulle tuisgaan.

Die polisie het ook betogers in Adderleystraat en in Darlingstraat teruggedwing in die rigting van die parade, weg van die parlementêre distrik.

ʼn Groep mense is ook tussen Pleinstraat en die stadsaal voorgekeer deur polisiebeamptes in pantservoertuie.

Die stad het sy goedkeuring gegee dat drie optogte op verskeie punte in die stad mag plaasvind. Die Ses’Khona People’s Rights Movement, die Demokratiese Alliansie en ondersteuners van die #ZumaMustFall-beweging het toestemming ontvang. Verskeie ander groepe, waaronder die EFF en die Wes-Kaapse tak van die ANC het ook Donderdag in die middestad bymekaargekom.

Volg die president se staatsrede regstreeks:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rynhardt ·

SABC3 het gewys dat daar talle Anc-ondersteuners was wat klippe gegooi het , voordat polisie hul verdryf het.Massas is buite beheer!Zuma en Anc weet dit!

harry ·

los hulle-die anc het hom daar gekry hulle sal hom weer weg vat

Fanie ·

Die meerderheid wil hê hy moet weg, kry hy nou nog nie die boodskap nie?
Hulle, die ANC, het niemand om aan te wys as volgende President, nou klou hulle aan die laaste strooihalms!

johny ·

As ek so n groot salaris verdien gaan ek vasbyt tot iemand die ligte afsit.en die ander wat ook n groot salaris verdien gaan my ook daar hou deur dik en din

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.