Staatsrede 2016: ‘Zuma soos bottel sonder gas’

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede van 2016. Foto: Elmond Jiyane / GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens sy staatsrede van 2016. Foto: Elmond Jiyane / GCIS

“Die staatsrede van pres. Jacob Zuma vanaand was verbeeldingloos en sonder om werklik die ernstige Suid-Afrikaanse ekonomiese probleme aan te spreek,” het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus, ná afloop van die geleentheid in die parlement gesê.

Mulder het gesê ʼn aankondiging dat die staatsdiens verklein of Eskom geprivatiseer sal word, sou as beduidend beskou kon word en ʼn baie sterk boodskap van besparing en erns uitgestuur het. “Ongelukkig is die geleentheid om so ʼn boodskap uit te stuur deur die president misgeloop,” het hy gesê.

“Die staatsrede was grootliks ʼn herhaling van wat in vorige jare gesê is sonder enige nuwe inisiatiewe. Die president en die ANC was deurlopend gedemp en sonder entoesiasme. Dit is duidelik dat die gas uit die bottel is.”

Mulder het gesê die president erken die erns van die droogte, maar daar was geen voorstelle oor hoe handels- en kleinboere op hul plase gehou sal word nie.

“Die voorstelle van die president dat buitelandse ritte, onthale en konferensies beperk gaan word, stuur ʼn simboliese boodskap van besparing uit wat verwelkom word. Dit gaan egter nie werklik ʼn groot finansiële besparing meebring nie, maar is wel ʼn tree in die regte rigting,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Winston ·

As dinge reg loop vir jou, in jou opinie, waarom moet jy veranderings maak? Niks is erken of ontken, van die dinge wat werklik saak maak nie. Ons bly net op die “wenpad”.

Frederik ·

Vir hom bly dit steeds ‘n goeie storie om te vertel, ongeag die werklikhede.

Elize ·

En ons glo hom? Dis hééltemal te lekker om die belastingbetaler se geld te mors ten koste van die mense in die land.

Berhalet Beukes ·

Nee, hy is eerder ‘n gas met ‘n reukie in die wind…

HEVW ·

Berhalet, jy bedoel dus al sy woorde is holwoorde as ek jou reg verestaan. Sonder betekenis.

Dawie ·

Niks nuut wat voorspel word buitelandse reise en staatsbesteding word besnoei kom Ons kyk eers wat gaan gebeur.Die hele wereld het gesit en wag vir dinge soos die eiendoms herverdelings kwessie , sterker ekonomiese beleid , hulp vir boere maar wat kry ons absoluut niks.Hier in die agtergrond wink rommelstatus ook nog.Ons kan dit nie eers meer n sirkus noem nie want ek dink n sirkus is baie beter georganiseerd.Welkom in AFRIKA.

johan ·

Ja, zuma. Dit is dudelik dat jy geen insette gelewer het met die skryf van jou staatsrede nie. Jy is so deurmekaar dat jy nie eers kon onthou waar jy onderbreuk is en moes die eerste klomp snert weer oorlees.
Jy het niks nuuts vir die land genoem nie. Jy is werklik belaglik, die land en mense is skaam dat jy so ‘n patetiese no1 is.

ELMARIE ·

Die konstante verwysing na herdenkings van allerhande soorte goed het veel eerder ‘n verdeeldheid as vereniging gebring. Die eensydigheid vd opmerkings was n bitter pil om te sluk.

TTh ·

Ek dink hy is eerder soos ‘n ou Heyena sonder tande … wat nie begryp dat hy by almal ongewild is nie en reeds verstoot is, ek dink hy moet ‘n paar beeste aanskaf daar by Nkandla en tyd saam met hulle deurbring, dalk kom hy tot sy paar sinne…

Rynhardt ·

Die politici in parlement druip almal die toets! Elkeen in die parlement kyk net na sy bankbalans! As enige politikus iets in hom gehad het, moes hulle die volgende gese het:”Zuma en Anc moet strafregtelik vervolg word vir die vernietiging van Republiek se ekonomie! Die 22jaar dien as bewys!” HULLE in opposisie is n klomp lamsakke!

katryn ·

En dan kan hy nie eens ordentlik lees nie! Verminder sy eie “staats-gebabbel” tot ‘n drink-party deur “cheers” te sê na hy water drink! Hoe lank gaan “dié nar uit Afrika” ons nog spook?

johan ·

Ek wil net sê dat die som geld wat Zuma moet terug betaal is maklik. In 2008 is R86 miljoen goedgekeur deur Kabinet. Die verskil van R160 miljoen moet deur Zuma en sy kaders betaal word. Dit is bloot gewone wiskunde.

Frik Lotz ·

Dr. Mulder, ek stem saam. Die staatsrede was verbeeldingloos en niks van waarde is gesé nie. Zuma en die ANC se fut is uit en dis tyd vir hul om te gaan.

Leeutjie ·

Glo my ek het regdeur na die vervelige toespraak geluister en iets probeer sin maak. Ek was regtig geirriteerd met hierdie man. Aan die begin van die toespraak met sy rassekaart waar 7 blanke polisiemanne swartmense in die apartheidsjare doodgeskiet het wou ek my TV stukkend gooi van frustrasie. Nee wat…hierdie man het dit net nie in hom om probleem oplossings te vind nie. Dit was so oppervlakkig soos net ‘n Graad 5 dit kan doen!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.