Stellenbosch-skietery: ‘My dogter is nou net nog ʼn statistiek’

Nicole en Andre Muller. Foto: Facebook

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die skietery by die Cubaña-restaurant in Stellenbosch waartydens ʼn jong ma van twee en ʼn 40-jarige man dood is nie.

Ooggetuies het gesê twee gewapende mans het kort ná middernag Saterdag by die kuierplek ingestap en lukraak op die klante geskiet. Volgens berigte was die twee mans, vermeende bendelede, op soek na ʼn man wat kort voor hulle die kuierplek binnegekom het. Die 40-jarige man en ʼn 30-jarige vrou is tydens die voorval doodgeskiet terwyl nog ʼn vrou gewond is.

Die 30-jarige vrou is intussen as Nicole Muller geïdentifiseer. Nicole se pa, Tony Absolon, het gesê hy is platgeslaan deur die dood van sy dogter. “Sy het saam met vriende ʼn verjaarsdag gevier en was op pad huis toe toe hulle in die skietery vasgevang is.”

Volgens Absolon laat sy dogter haar man, André, en hul twee seuntjies, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, agter. “My dogter het net nog ʼn statistiek geword van ons deurmekaar land. Waar is die geregtigheid? Ek het soveel onbeantwoorde vrae.”

Absolon het gesê hy is baie kwaad oor wat gebeur het. “Ek weet sy is nou op ʼn beter plek. My onvoorwaardelike belofte aan haar is dat ek die familie bymekaar sal hou en saam met haar man hul twee seuntjies grootmaak na die beste van ons vermoë.”

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Maandagoggend bevestig niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie en dat die ondersoek voortduur. Die polisie ondersoek twee sake van moord en ʼn saak van poging tot moord.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op enigiemand wat die polisie in hul ondersoek kan bystaan om Crime Stop by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

pieter ·

Baie sterkte aan die familie.Wat se die ANC nou nog n storie om te se dit gaan goed in die land. Patetiese ANC regering kan nie sy burgers beskerm nie.

Willie ·

So hartseer om die lees! Mag jul vertroosting kry deur die Opperhand! Die land is in stadium van anergie… Geen respek, of geregtigheid.. Tragies om te weet mens is uitgelewer aan jou eie lot. Dankie FW en ANC vir die welvaart van die mooie SA.

Chris Ws ·

Pieter hoe kan een terroris regering mense teen ander terroriste beskerm?Die SAP moet ‘n beloning uitloof dan sal hulle resultate kry.Met ‘n prys op sy kop sal die’ kriminele vinnig verklap word.
Ons innige simpatie met haar naasbestaandes.WEET net dat haar moordenaar ekstra gaan braai in ou Pylstert se “lodge” !Die wiel draai . . .

ANDRE LOUW ·

Die harde realiteit is dat die gereg lankal die handdoek ingegooi het en dat die misdadigers geen vrees het vir die gereg nie en die strawwe wat opgele word, is so lig en onvanpas. Die land is leierloos en as ons as burgers van die land nie in massas mekaar ondersteun nie gaan hierdie anargie net aan en aan. Ons kort nou sterk gemeenskapleiers wat sonder politiekery die owerhede verantwoordelik hou en hulle laat voel by die stembus

bloues ·

My mening is dat die fout by die strawwe lê van oortreders. n Moordenaar skiet sy meisie n paar keer deur n toilet deur en kry 5 jaar tronkstraf. Is dit ‘n afskrikmiddel vir ander moordenaars?

Philip ·

Die situasie in Kaapstad is buite beheer. Polisieering word oorhoofs deur die regering van die dag beheer en die ANC sit terug en doen niks omdat die DA die Wes Kaap op provinsials vlak Regeer. Elke naweek in elke ongevalle sentrum le die bendelede met 6,7,8 skietwonde, en die gewone man op straat sterf in die spervier. Ons weermag is naby aan useless, maar hul ontplooiing in die vlakte sal ten minste n man twee keer laat dink voor hy skiet. Nou moet die bleddie stortkop net die bevel gee!

Deloris ·

Ai mense my hart bloei saam met die familie…. dis onbeskryflik hartseer…. ek hid eat due familie vertroosting sal vind en die Here hulle sal omvou met troos krag en sal dra in dierdie hartseer tyd. Sterkte….

Theresa ·

Wat ‘n bittere pyn vir familie!!
Minister van veiligheid/polisie: Wanneer skrik jul wakker en beskerm die wettige landsburgers teen moordenaars????!!!!!

Denise ·

Ek is moeg van lees van die onodige moorde op onskuldige mense en net mooi niks word daaraan gedoen nie niemand gee meer om nie dit is hartseer .

pop ·

Dit troos nie mense wie se kinders, pa, ma, familie ens. deur skurke gedood word om te se, die moordenaars gaan eendag boet in die hiernamaals en die wiel draai nie. Intussen is jy ontneem van n geliefde. Hulle plek was hier, nie n voortydige dood nie. My innige simpatie is met elkeen in hierdie vervloekte land wat die hel van die afsterf van n geliefde moet deurmaak.

Janine ·

Ek kon dit nie beter stel nie. Anc wil die Wes Kaap onregeerbaar maak.

Coenraad ·

Ek verstaan iets nie…. vanoggend op RSG was daar ‘n insetsel gespeel ” Die mans persoon her geskree my wife .. my wife””.
Die berig het gese haar man lewe nog.
Ek vra net

Stan ·

Ek is so jammer vir daardie 2 Seuns wat sonder ‘n Ma moet groot word en die pa en oupa wat hulle geliefde op ‘n boose en tragiese wyse verloor het. Mag God julle omvou met Sy liefde en trou. Mag God ingryp en bendegeweld iets van die verlede maak.

Michelle ·

Woorde kan nie die sinnelose uitwissing regverdig nie. Daar moet saam gestaan word en gedoen word, praat is nie meer genoeg nie. My opregte meegevoel aan die familie.

Willie ·

Hoe gaan ons n behoorlikke bewusmaking van stapel stuur? Help mense, ons moet….

Harambe ·

In plaas van vra wanneer goed gaan verander, gaan doen aansoek vir vuurwapen bevoegdheid en dan loop koop jy vir jou ‘n skietding. Die enigste ou wat jou gaan beskerm is jy self. Die polisie kan nie oral wees nie. Hulle is nie eens oral in lande waar dit goed gaan nie. Hulle kan net opdaag nadat iets gebeur het.

En daai stories van tronk toe gaan as jy ‘n aanvaller skiet is sommer bog. Jy MAG skiet as jou lewe in gevaar is. Jy mag NIE skiet as die ou weghardloop nie. En ook nie as hy in jou tuin rondwandel nie. Maar as hy jou vaskeer en jy vrees vir jou lewe, MAG jy die sneller trek.

En dis ook nie vreeslik moeilik om ‘n lisensie te kry nie, dis net baie papierwerk en so 4 maande se wag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.