Stiefpa vertel oor dag van Poppie se dood

Kobus Koekemoer tydens 'n vorige verskyning in die Brits-landdroshof. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer tydens ‘n vorige verskyning in die Brits-landdroshof. Foto: Maroela Media

Kobus Koekemoer (43), die man wat daarvan beskuldig word dat hy sy driejarige stiefdogter, Poppie van der Merwe (3), vermoor het, is Maandag borgtog in die Brits-landdroshof geweier.

Hy was self in die getuiebank om ter ondersteuning van sy borgtogaansoek te getuig oor die gebeure van 25 Oktober 2016, die dag van Poppie se dood. Hy het, in teenstelling met sy eerste hofverskyning, baie netjies en goedversorg voorgekom en was in ʼn formele swart pak geklee.

Die hof het gehoor Koekemoer het in Pretoria grootgeword, waar hy ook gematrikuleer het. Hy het aan die hof gesê hy het daarna ʼn nasionale diploma as ʼn elektrisiën voltooi en ook in die weermag as ʼn sjef gewerk. Volgens Koekemoer werk hy tans as ʼn nutsman en woon hy saam met sy vrou, Louisa, op ʼn kleinhoewe in Mamogaleskraal.

Koekemoer het getuig hy het geen sakebelange of vriende buite Suid-Afrika nie en besit ook nie ʼn paspoort nie en dat hy daarom nie ʼn vlugrisiko is nie. Hy het aan die hof gesê hy het twee kinders uit vorige verhoudings, maar die kinders woon nie by hom nie. Volgens Koekemoer het hy geen idee waar sy eersgeborene is nie en hy vermoed die kind het saam met sy ma na Brittanje geëmigreer. Hy het aan die hof gesê sy tweede kind bly by sy ma en hy (Koekemoer) stuur soms onderhoud vir die ma wanneer hy dit kan bekostig.

Op ʼn vraag van Koekemoer se regsverteenwoordiger, adv. Mike Netshiavha, hoekom hy op borgtog vrygelaat wil word, het hy geantwoord hy wil graag buite in die samelewing ʼn verskil gaan maak. “Ek wil in Brits na my kerk toe gaan en ek wil my familie by die kerk betrek. Ek wil na my huis toe gaan en ‘n klomp goed wat ek daar het, verkoop,” het hy gesê. “Terwyl ek in die tronk was, het ek gesien baie mense het hulp nodig. Ek wil mense vergewe, soos God my sondes vergewe het en soveel as moontlik mense buite help.”

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Poppie van der Merwe (Foto: Facebook)

Op ʼn vraag of hy Poppie aangerand het, het Koekemoer baie beslis nee geantwoord. Hy het gesê hy het nooit aan Poppie geraak nie, behalwe wanneer hy haar pak gegee het. “Ek het haar nooit aangerand nie. Ek het haar hier en daar pak gegee, maar Louisa het my gevra om haar pak te gee. Ek het ʼn goeie verhouding met my stiefdogter gehad, daar was geen probleme nie,” het hy gesê.

Hy het die hof vertel Poppie het vir ongeveer ʼn maand voor haar dood “episodes” gekry wanneer sy onverwags ophou asemhaal het. “Sy sou net skielik gaan lê, soms met haar oë oop en dan het dit gelyk asof sy dood is. Ek het haar dan geskud om haar wakker te kry en dan het sy skielik wakker geword en sy was oukei en kon praat en alles. Dit het minstens 20 keer gebeur,” het hy gesê.

Volgens Koekemoer het Louisa gesê daar is epilepsie en asma in haar familie. Hulle het Poppie meer as een keer hospitaal toe geneem, maar Koekemoer beweer die dokters het gesê sy is te jonk om vir epilepsie of asma getoets te word. Hulle het ook nie vir Poppie medikasie voorgeskryf nie.

Koekemoer het vertel hy het die middag van 25 Oktober by die huis aangekom en inkopies uit sy bakkie by die huis in gedra. Louisa het hom glo gevra om te kom help omdat Poppie nie asemhaal nie. “Ek het Poppie opgetel en haar geskud en sy het wakker geword. Sy het oukei gelyk, asof niks gebeur het nie. My vrou het gesê ons moet haar die volgende week dokter toe vat, want sy het toe oukei gelyk. Sy het gesê [wat met Poppie gebeur] is normaal. Ek vertrou my vrou, sy is die laaste persoon wat ooit vir my sal lieg,” het Koekemoer gesê.

Hy sê hy was buite by die braai besig toe Louisa hom weer kom roep het omdat Poppie nie asemhaal nie. Volgens Koekemoer het hy Poppie in die hoekie gekry waar sy gewoonlik moes sit wanneer sy gestraf word. Hy vertel hy het haar geskud om haar wakker te kry, maar sy wou nie wakker word nie. Hy beweer hy het koue water oor haar gesig gegooi, haar mond-tot-mond asemhaling gegee en haar op haar rug geklop, maar niks wou werk nie. Daarna het hy Poppie in sy bakkie gelaai en saam met Louisa en Louisa se vyfjarige seuntjie hospitaal toe gejaag.

Poppie het nie op pad na die hospitaal wakker geword nie en is met haar aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Adv. Hanna Conradie, die staatsaanklaer, het Koekemoer tydens kruisondervraging beskuldig dat hy vir die hof lieg. Conradie het gedeeltes uit die staatspatoloog se nadoodse verslag aan die hof voorgehou. Die patoloog het geskryf hy het tydens die nadoodse ondersoek bevind die hoofoorsaak van Poppie se dood was ʼn harde hou teen haar kop.

Die patoloog het verder bevind Poppie het ronde kneusplekke aan beide hande, voorarms en voete gehad en beide haar oorskulpe was gekneus, “wat dui op oormatige aanranding van die kind”. Die patoloog het ook aangedui daar was bloed aan die onderkant van Poppie se skedel en die linkerkant van haar brein het bloeding gehad.

Koekemoer het ontken Poppie het uitermatige kneusplekke gehad en het volgehou sy het enige kneusplekke gekry wanneer sy en haar boetie gereeld buite gespeel het. “Poppie was gʼn engeltjie nie. Sy was baie rof. Partykeer het sy sommer haar ouer boetie geboelie. As hy aan haar geslaan het, sou sy teruggeslaan het. Sy was baie rof,” het hy gesê.

Conradie het ook ʼn doktersverslag van ʼn dokter in Hopetown, wat Poppie in Julie en twee keer in Augustus gesien het, aan die hof voorgehou wat aangedui het Poppie het verskeie kneusplekke aan haar lyf gehad. Koekemoer het weer volgehou sy het die kneusplekke opgedoen terwyl sy gespeel het. Hy het ook genoem Poppie het altyd nuwe kneusplekke gehad wanneer sy van haar ouma af teruggekom het.

Sers. Mpho Gift Matome, die ondersoekbeampte, het na Koekemoer getuig Louisa het in haar verklaring beweer Koekemoer het Poppie se kop op 24 Oktober teen ʼn kas gestamp en sy het tydens hierdie aanranding die verskillende kneusplekke opgedoen. Louisa beweer Koekemoer het Poppie en haar boetie gereeld aangerand. Sy het gesê sy het nooit die aanrandings aangemeld nie, omdat sy bang was vir Koekemoer en omdat hy gedreig het om haar dood te maak as sy ooit die “waarheid” sou vertel.

Landdros Moses Maswanganyi het tydens sy uitspraak gesê Koekemoer het self aan die hof erken hy het Poppie aangerand toe hy vertel het hoe hy haar met ʼn houtlepel op haar hande geslaan het wanneer sy stout was. “Die beskuldigde noem dit pak slae, maar dit kom maar op aanranding neer. Die feit dat hy nie voorheen op aanklagte van aanranding skuldig bevind is nie, is irrelevant, want hy erken self hy het aan haar [Poppie] geslaan,” het Maswanganyi gesê.

Hy het bygevoeg daar is ʼn sterk moontlikheid dat Koekemoer Louisa kan intimideer, dreig of selfs aanrand om te verhoed dat sy teen hom getuig. Hy het ook bevind Koekemoer kan moontlik ʼn vlugrisiko wees, aangesien hy geen familie of bates het wat hom tot Brits verbind nie. Volgens Maswanganyi is dit ook die hof se plig om Poppie se vyfjarige boetie teen Koekemoer te beskerm.

Die hof het Koekemoer gevolglik borgtog geweier en die saak is tot 25 Januarie 2017 uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Poppie van der Merwe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Maud ·

Dankie tog dat hy geen borg gekry het die hele verskoning maak my siek.

Kitty V Heerden ·

Die man is duidelik onstabiel,
Tronkstraf ,,,,,lewenslank,,,,,

Anet ·

Ek weet dis drasties, en baie traumaties vir hom, maar al hoe die waarheid gaan uitkom is om die boetie onder hipnose te ondervra. Dan weet ons ook of die ma deel daaraan gehad nie. Drastiese optrede, maar ek glo dis al hoe daar werklik geregtigheid vir Poppie sal wees.

Louisa ·

En nou is dit n geval van: “Hy sê…sy sê….” siek man siek

CK ·

Koekemoer se getuienis in die hof is darem maar baie teenstrydig teen dit wat hy die eerste keer gesê het. Ek is net bly dat die Landdros Maswanganyi die man borgtog geweier het.

PJ ·

Snaaks as mens aanjaag soos die koekemoer HOE VINIIG JY ANDER MENSE WIL HELP….Kry die ander mense dan maar jammer. Sit maar en verdien jou uitslag. Jammer daai dogterjie het nie harder terug geslaan nie

Sorry Poppie ·

Ek stem sy hoort ook innie tronk! Wraggies ek dink die meeste van ons sal in die nag wegloop ter wille van jou kind ….nie stil bly omdat jy bang is nie.

Pieter ·

Ek stem saam die ma nie so onskuldig soos wat sy se sy is nie!!

froggy ·

Deler is net so goed soos die steler. Indien sy wat n ma geniem word onskuldig is, moes sy in die 1ste plek nie stilgebly het nie maar geveg het vir haar kinders se welstand ongeag sy moes vrees vir haar lewe. Al is jy hoe kwaad, of gefrustreerd, doen jy dit nie aan ‘n kind/jie soos die ondersoek gestel is nie. Hy kan maar smeek en soebat, die waarheid sal uitkom van albei kante. Sy praat tog die waarheid van hom maar haar deel wat sy hierin gehad het, gaan so gou soos Kersfees uitkom.

Piet Pompies ·

Geen kind sal soos die beskuldigde hier beskryf ooit so stout wees wat dit regverdig om die kind te slaan dat sy doodgaan. Die man praat nie die waarheid en uit sy eie getuines is dit duidelik dat hy nie verantwoordelikheid van vaderskap opneem wat nog van stief ouer.
Verwyder hom uit die samelewing, hy is ‘n las en nie ‘n bate.

Penelope ·

Dit is so ‘n hartseer storie. Mens mag nie oordeel nie, want ons was nie daar nie…Maar, ek as ma sou baie vinnig iets daaraan gedoen het. Koekemoer was seker nie 24uur per dag tuis nie?
Al stuur jy iemand met ‘n boodskap om hulp te kry. Ek gaan eerder dood in die proses om my kind te red as om met hierdie selfverwyt saam te leef. Mag God geregtigheid laat geskied. RIV klein Poppie!

Anoniem ·

Nie gerapporteer nie, want sy is bang vir Koekemoer. Wat moes Poppie dan nie gese het. Sy was n drie jarige kind Louisa. Jou kind is belangriker as jou eie lewe. Jy is net so skuldig!!!!!!!!!

marie visser ·

Sluit die ma ook sommer toe. Watse tipe ma is sy wat toelaat dat haar kinders so mishandel word.

Annalet van der Merwe ·

Ek weet nie wat waar is nie want ek was nie soos van die boonste kommentaar makers daar nie. Ek weet daar is ‘n mooi klein dogtertjie dood en daar is ‘n verdagte storie of tien, van hulle met stertjies en van hulle sonder stertjies. Wat ook al, ek dink steeds aan die onnodigheid van die hele situasie, en ek hoop geregtigheid geskied en dat die wat iets moet toekom hulle dit wel mag toekom.

pj (skipper) ·

Die groor ding ek lees nou baie dinge maar die is n lelikke saak na my mening. Die stiej pa was nie 24 hrs by die huis nie wat het die ma gedoen. Of werklik gedoen om die kind te help sy kon natuurlik n vrese vir hom gehad het maar ek glo nie hy was 24 uit 24 ure by die huis nie iewers is daar n skroef los en ek glo met ie ondersoeke in die hof gaan nog baie dinge kop uitsteek dit was n pragtige kind. En die saak is baie hartseer. Maar ek glo ook geregtigheid gaan see vier

ha ha said the clown ·

gaan jy nou met hom begin korrespondeer Annalet? jy was nie daar nie dus is hy onskukdig ne.

Annalet Vd Merwe ·

Haha said the clown, net dit, haha said the clown, want daar was niks anders om te sê nie. Shame

Alida ·

MM Klink dit jok beter as lieg ? want dit is wat hierdie man doen.

Sleutel ·

Aggenee hoor, ons het al al hierdie verskonings gehoor, daar is duidelik vasgestel dat haar wonde van oormatige AANRANDING en bloeding op die brein agv ‘n HARDE HOU was. Nie van skud of koue water of op die ruggie klop nie. Ek kan net nie dink hoe moes hierdie arme oud dingetjie ly aan die hand van die gewetenlose aanrander nie. Geen kind is te klein om epilepsie te kry nie, so dis ook twak, geen dokter sou dit vir jou sê nie. Kinder aanranders is baie slinks, kinders kan nie met ander mense daaroor praat nie, en so vat hulle die houe tot dit te laat is. As Louisa vir hom verskeie kere gevra het om haar pak te gee, is sy dan die aanhitser? Tog getuig sy dat hy die kind se kop teen ‘n kas gestamp het. Die stories wat hulle opdis is ongelooflik hoor, die epilepsie/asma is egter ‘n nuwe een, waar kom julle aan al die gemors om die MOORD van ‘n kind te regverdig? Neewat .. hou hom daar en daarna sluit hom vir ewig toe .. vreemd hoe hulle almal skielik na die KERK uitreik as hulle met hulle rug teen die muur staan.

LS ·

Ai toggie, soos ek hier bo gelees het na alles wat hy kwyt geraak het kan ek myself net indink watter stryd dit vir arme Poppie was om saam met hom en daai vrou van hom onder een dak te bly. Sy en haar arme boetie. Hulle moes HEL deurgemaak het met die stief pa en die ma, ek kry skoon koue rilling as ek myself net probeer indink aan daardie 2 kindertjies se elke dag se stryd om te prober survive.
Jy is op ‘n beter plek Poppie engeltjie en jou boetie is ook nou veilig, hy is weggevat van daardie 2 aaklige mense. Rus sag Poppie life, rus sag !

oumie ·

Soos my kleindogter nou sou sê hy lieg soos n vlieg en jok soos n bok regtig die ding het te veel tyd om stories op te maak gee hom solank n pik en harde arbeid om te doen en mag daai pik regdeur sy hart gly die luis

Leonie ·

Ek dink die ma moet ook bietjie ondersoek word. Hierdie knaap dink ek is nie alleen vir haar dood verantwoordelik nie. Geen goeie ma sal toelaat dat iemand dit aan haar kind doen nie.

Johann ·

Psigopaat! Dat hy die vermetelheid het om homself te roem op n gedagte van goedheid? Se steeds…laat hom vir n dag los tussen n GATVOL gemeenskap. En sommer die verskoning van “ma” ook. SIEK!

Corne ·

Al het ek nie kinders nie dit maak my siek sy verskonings hy lieg dat dit klap man ek stem saam die Ma is ook glad nie onskuldig nie sy kon lankal al hulp gekry het as sy wou en Poppie sou vandag nog gelewe het te ang se voet man

Ronel ·

ek voel steeds die ma moet ook ondersoek word – deler is so goed soos die steler

Myra ·

Ek kan dit nie glo nie, plaas vertel hy die waarheid en vat sy straf wat na hom toe kom. Hoekom stories op maak, hoop die hof kan deur hom sien.

C ·

Ek dink hulle sal nog die verskoning vir n ma ook arresteer, hulle gebruik haar nou eers om teen hom te getuig.

WB ·

Die Dr. van Hopetown wat Poppie op 3 verakillende geleenthede ondersoek het en kneusplekke gesien het…nooit daaraan gedink om verdere stappe te neem of te rapporteer nie? Was dit nie immers duidelike teken van ‘n situasie wat geeindig het in n onnodige dood nie? Hoekom hou volwassenes hul so blind vir kindermishandeling??

Marika Bresler ·

Dit is vir my onverklaarbaar hoe ‘n ma haar klein kinders kan versaak en verraai vir ‘n man! Om nou te wil kerk en goeie dade is te laat. Hy moes dit gedoen het toe Poppie noh gelewe het. Hoe kaan ‘n 3 jarige dogtertjie haarself teen ‘n volwasse man verdedig. 3 jaar is nog ‘n baba! Ek sal altyd hartseer voel as ek “oi oi oi” hoor. Haar kreun geluidtjies nadat sy teen ‘n muur gegooi is en moes hinke pink met ‘n gebreekte voetjie. Om nou ‘n klein dogtertjie en haar ouma te beskuldig vir alles is verregaande. Ek is baie bly die Landdros het borgtog geweier. Hy verdien niks anders as lewenslank nie.

Hartseer ·

Ek is self ‘n ouma van ‘n pragtige 3 jarige seuntjie en hy kuier elke naweek by my. As ek ‘n blou merk op hom sien vra ek hom daaroor, as hy my nie kan antwoord nie dan vra ek sy ouers. Kon Ouma nie miskien gehelp het nie.

Adam ·

Ek hoop die ouma lees wat hy beweer en vertel vir ons wat werklik gebeur het oor die kneusplekke.

Zella ·

Die berig van haar in die huisgenoot se die teenoorgestelde. Dat sy die pakkies ga haal het en hy in die huis was. Dat as sy Maar net poppie saam haar gevat het. Dat hy haar geroep het en gese het sy haal nie asem nie en niks van poppie Wat aanvalle gekry het nie. Of hy vat die val vir haar of hulle is altwee skuldig??

vmc ·

Ek se ook of hy vat die val vir haar of al2 skuldig!sy is slegter as sleg sy was die ma wat haar kinders moes veilig hou maak nie saak wat!

Justice ·

Hoe gee ‘n pa en in hierdie geval die stiefpa so ‘n pragtige dogtertjie pak slae ongeag hoe stout sy was. Ek het nooit my dogter ‘n pak slae gegee nie en sy is vandag as nagraadse student die pragtigste mens denkbaar. My hart bloei vir die hel wat daardie arme kind moes deurmaak. Ek vertrou dat die seuntjie by liefdevolle mense geplaas is – hy is sonder twyfel ook deur erge mishandeling en trauma.

Regskundige ·

Maroela, dankie vir die volledige berig. Net ‘n vriendelike verwysing vir jul kennisname en korrekte beriggewing. Let asb daarop dat die staatsaanklaer nie ‘n getuie kan wees in ‘n saak wat sy/hy hanteer nie (“Conradie het ook getuig…”). In hierdie geval het sy blykbaar tydens die getuienis van die beskuldigde, in haar kruisverhoor aan hom, die inhoud van die Hopetown-doktersverslag aan hom GESTEL (nie “getuig” nie, maar stellings gemaak, waarop die beskuldigde moes reageer). Die doel van sulke stellings is om die korrektheid van sy getuienis te toets of te weerlê.

Landi Slatter ·

Dagsê Regskundige

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

n ma wat omgee ·

Watter tiepe ma bly stil oor aanranding van haar kind en konsuis omdat sy bang is vir haar eie lewe. Wat van haar onskuldige kinders. Nou is die dogtertjie klaar dood…..en dit terwyl sy lewe!

Melanie ·

Jaaaaaa Kobus Koekemoer …. En my ouma was ‘n meermin. Mag die waarheid jou vernietig!!!

Zelda ·

Sy is net so skuldig. Waar straf ‘n mens ‘n 3 jarige kind om in ‘n hoekie te gaan sit? Hy en sy moet liewers in ‘n hoekie gaan sit en dink wat hulle aan Poppie gedoen het.

Valie ·

En nou speel die man die Christelike kaart. Ek glo alle betrokke partye moet aangekla word, ma, stiefpa, ander familie wat moontlik gesien en geweet het….

PJ ·

Ag die lewe het sy gaan gegaan los hom vir die Here hy sal sy sake vir hom werk…Hy sal nog selfmoord pleeg en wat die ma betref……..JA!!!!!Wonder net hoe gaan dit met die arme boetie by die regte PA…..

Adam ·

Sy soort dreig net altyd om selfmoord te pleeg. Hy is te lief vir homself die misbaksel. Ek wens ek kon iemand doodkyk dan was hy eerste. Dan staan hy daar en pik trane weg hy vergeet die verklaring van Jaco Roux en van die welsyn werker van Orania. En ek dink daar is baie mense van Orania wat hom agter tralies wil sien want hy is n klad op almal se naam hy het vredeliewende mense se suurstof opgebruik die suurstof dief.

C.N.F ·

Die ma is net so skuldig!!!!!!! Sy hoort ook agter tralies!!!

MT ·

As mens lieg dan is die storie nooit dieselfde, as jy die waarheid praat bly jou storie dieselfde….nogal snaaks as dinge warm word ‘n ou sy storie verander.

oupa en ouma ·

ons is ou mense van in ons 60 s niemand maar niemand sal dit aan ons klien kinders doen ons sal veg tot die dood toe

malinda ·

De hel daar mee. Ek lees vanoggend 29/11/2016 op n plakkaat “Siefpa…….Poppie was glad nie n engeltjie nie.” Ek was woedend…niemand van ons is n engel nie…..Dit het hom geen rede gegee om haar so aan te rand en mishandel nie……nou soek hy verskonings…….wan`t Poppie kan mos nie praat nie…..haar boetie sal weet wat hul deur gemaak het…haar MA is net so skuldig…sy behoort ook agter tralies…bly hy het nie borg gekry nie….hy sal aan die vlug wees…..

E.K. ·

Meer as twintig keer ophou asemhaal en dan geruk – weldit alleen (rukekry aan so klein kind) kon alreeds erge skade veroorsaak het. Ek kan nie dink dat drs kon sê sy is te klein om getoets te word vir asma/epilepsie nie – ek mag verkeerd wees in daardie opsig ek het nie kennis oor dit maar ek kan dit nie glo nie! Maar waar is bewyse van daardie sg doktersbesoeke, dan moes daardie drs mos raakgesien het die kind het mishandelings merke ens? Nee wat, soos iemand boontoe noem hy klink na ‘n psigopaat of iets erger – iemand wat so lieg dat hy homself glo. Moet permanent uit die samelewing verwyder word.

Adam ·

EK, sy sou 20 keer ophou asem haal. As jy ook erg aangerand is soos Poppie wat Jaco Roux in sy verklaring beweer, en jy haar bloedstollende gille in die nag gehoor het is dit nie n wonder dat sy ophou asem haal het nie. Onthou Mnr. Roux het dit al van Februarie af rapporteer. Dat Poppie nie al vroeer beswyk het nie is n Gods wonder

E.K. - ek sê net!(alweer!) ·

WB – ek stem met jou kommentaar – hoe het daardie dr nie raakgesien dat die kind aangerand word nie. Skande! Hierdie maak mens so bitter hartseer en terselfdertyd so woedend omdat sovele in ons samelewing haar gefaal het. Hierdie is ‘n vingerwysing na HELE paar instansies/mense wat nie opgevolg het en toegesien het dat dinge verander nie! ‘n HELE paar.

Blom ·

Ek wonder altyd hoekom “mense” na die Kerk en Bybel gryp wanneer hulle in die hof verskyn vir hierdie bose dade??? Kyk maar na die Lotter kinders, Monster Kotze en nog vele meer! Wie wil hy nou nogal vergewe, ek sou dink as jy in sy posisie is dit die laaste ding is wat jou sal bekommer?????

Denise ·

Toe kry hy vir Poppie in haar HOEKIE en skop haar nee wat jy probeer nou als om uit jou moordaad te kom en jy meneer jy het geen idee wat die woord VERSKIL EN VERGEWE beteken nie geen poppie verdien om so te sterf nie jy het n pragtige klein dogterjie BEROOF van HAAR LEWE ek het geen simpatie met jou nie vat jou straf soos n man !!!!!! Wat ek gelees het wat die pateloog gesien het is ERG !!!!!!! without prejudice

liza ·

Kyk die een wat hom glo, kan jy nou meer dink hy ons is stupid, kannie glo dat mens so oop en bloot kan lieg nie, nou probeer die – ek weet nie eintlik wat om hom te noem nie – alle kante toe lieg my genade sluit hom toe ver ewig en die ma sy is net so skuldig, hoeveel pragtige mammas kan nie kinders kry nie, wat so graag ‘n ou kindjie begeer, en dan kry ma’s wat nie omgee nie, as die stiefpa gepraat het, het hy gepraat, sy skerm vir hom dis die probleem…. ek het geen simpatiek vir hom of vir haar nie. Nou speel hy barmhartige samaritaan asb tog ek lag vir hom, Sleutel ek stem volkome saam met jou kommentaar. Ek hoop nie hy kom ooit uit op borgtog nie, sy lewe sal verseker in gevaar wees…… Maar eendag is eendag wat hy voor God moet gaan staan en rekenskap gee.

Moeder Theresa ·

Ek het menige vuishoue, wurg- en skopsessies deurgegaan om my kinders teen hulle pa te beskerm. Hou ook in gedagte dat buurman getuig het hoeveel kere hy hulp vir Poppie en haar boetie by die relevante owerhede gesoek het. Poppie se gille in die nag terwyl die houe val. Die ma se onbesorgdheid toe beide kleintjies deur die stiefpa in die middel van die winter sopnat gespuit was en bibberend vir ure in die koue moes sit as deel van hulle ‘verdiende’ straf vir iets waaraan hulle nie skuldig was nie. Daardie ouers onskuldig? Noem my maar moeder Theresa as enige een van die 2 onskuldig is.

LS ·

volgends die wet op voorkoming van gesins geweld (wet 133 / 1993) is ‘n persoon verplig om enige vorm van oortreeding van die genoemde wette aan te meld, dit is ingevolge die verskillende wette ‘n misdryf om nie mishandeling aan te meld nie.
Poppie-kind, die stelsel laat jou nogsteeds in die steek, jou “so genaamde ma” of te wel Louisa verraai jou nog verder. Sy is nog nie gearresteer, sy is net so skuldig so Kobus Koekemoer, sy moes al lankal gearresteer gewees het. Louisa moes nie eers jou begarfnis bygewoon het nie.
Jou Pappa Christo is reg! Jy is ‘n ware heldin, ek glo, hoop, bid en vertrou dat jou onnodige sinlose dood, nie soos mis voor die son gaan verdwyn.

hans ·

As hy die skuld op poppie se ma geplaas het dan sou hy dalk n beter saak gehad het maar ja sy leuens gaan die spyker in sy kis wees.Poppie se ma behoort saam met hom in die tronk.

Gerda Gouws ·

Ten tye van Poppie se dood was daar n soortgelyke berig van n man in Amerika wat sy 4-jarige dogtertjie met n belt dood geslaan het. Hy het lewenslank gekry en sy vrou 10 jaar. Jammer, maar Poppie se ma het nie na haar kind gekyk nie.

maraai ·

Ai hoop die waarheid kom gou uit. My dogtertjie is nou 3 jaar sy hou ook op asem haal en dokters het gese dadelik mond tot mond asemhaling of op n koue oppervlak neer le op maag of dadelik hospitaal toe. Glad nie geskud nie want dit kan bloeding op brein veroorsaak.

Ansie ·

Geen kind is te klein om epelepsie te kan kry nie, wat snuif hy??? Sy kouse seker!. My kind was 8 maande oud toe hy dit begin kry het en was op medikasie. Hy praat snert of hy het haar by ‘n perdedokter gehad.

Koos Steyn ·

Annalet,n mens kan sien dit is nie een van jou familie of kinders nie,haal jou oog klappe af of word wakker

Ansie ·

Sy vrou het hom elke keer kom roep. Hoekom? Sy moes mos al geweet het hoe om vir Poppie by te kry. Het sy nie dalk ook n aandeel aan die aanrandings nie. Is altwee nie eweskuldig nie? Het dy nie dalk ook die kinderd asngerand nie? Ek sou se die kinders moet herltemal verwyder word en in n veilige hawe geplaas word. Ek weet net ek ruik n rot@

charmain ·

Hy moes borgtog gekry het eerder dat ons mense vir hom kon wys wat is n straf . Dit wat mense se hy moet toe gesluit word is twak hy moet vir ons mense gegee word hier buite wat ons hom kan dood slaan of dood trap. en daai moeder is glad nie onskuldig nie sy was dan by die huis soos hy se dan moet sy mos ook sit soos hy.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.