Student op pad na ouers in gru-ongeluk

Christo Reyneke. Foto: Verskaf

ʼn Jong student van Klerksdorp in Noordwes veg vir sy lewe in die waakeenheid van ʼn hospitaal nadat sy bakkie Woensdagmiddag met ʼn vragmotor op die N12 buite Wolmaransstad gebots het.

Christo Reyneke (19), ʼn student in natuurbestuur, was op pad na sy ouers wat op Wesselsbron in die Vrystaat woon toe die ongeluk omstreeks 14:20 gebeur het. Hendrik Reyneke, Christo se pa, het aan Maroela Media gesê dit is nog nie duidelik wat die oorsaak van die ongeluk was nie, maar die vragmotor het die bakkie aan die regterkant van die voertuig getref. Christo moes uit die wrak gesny word.

“Christo was op pad na ons toe, maar ons het nie geweet hoe laat hy by ons sou wees nie. Ek was maar besig deur die dag en het eers omtrent 16:30 uitgevind Christo was in ʼn ongeluk,” het Hendrik gesê. Christo het ʼn groot skedelbreuk agter sy kop opgedoen, sy lewer en slukderm is geskeur en sy bobeen gebreek. Hy het ook ʼn snywond aan sy skouer, verskeie kleiner snywonde op sy lyf en ʼn skeur aan sy oor.

“Die grootste bekommernis nou is die swelling op sy brein. Hy is op ʼn asemhalingsmasjien en word onder verdowing gehou,” sê Hendrik. Dokters kan nog nie bepaal of Christo enige langtermyn-breinskade opgedoen het nie, aangesien daar nou nog te veel swelling op sy brein is.

“Hy is tans in die waakeenheid van die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp, maar sal vandag oorgeplaas word na die Life Rosepark-hospitaal in Bloemfontein. Daar is ʼn neurochirurg wat hom sal behandel.”

Volgens Hendrik is hy dankbaar Christo se toestand is stabiel, maar dit is vir hom swaar om sy seun so te sien. “Een van die mense wat op die ongelukstoneel was, het vir ons gesê hy was by sy bewussyn net ná die ongeluk, maar kon nie praat nie omdat hy sy slukderm geskeur het. Die paramedici het gelukkig vinnig gedink deur vir hom ʼn tragea (lugpyp) in te sit, anders sou hy dalk nie eens tot by die hospitaal oorleef het nie.”

Talle boodskappe van ondersteuning aan Christo en sy gesin is sedert die ongeluk op sosiale media gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Pieterlewismuts ·

Gelukkig het hy sy absoluut lewensbedreigende besering oorleef

Ons bid dat.hy nie lang termyn gevolge gaan oor kom nie

Hanlie ·

Baie Sterkte aan ouers, familie en vriende, bid dat onse Vader sy Hand oor julle sal hou, dink aan julle!

Maya Roon Joubert ·

Daagliks lees ons van ‘n vragmotor betrokke in ongelukke… Was eers mini taxi’s gewees nou vragmotors en skade zoveel erger!

Pastoor ·

Ai tog Here wees hom genadig. My kinders ry ook hierdie paaie. Ons pleit Sy Bloed oor Christo

Connie ·

Hy is in goeie hande.Anncron life ICU is fantasties.Mycseun was daar 32dae en sy lewe gered.
Sterkte aan almal.

Andre Traut ·

Connie, met geen disrespek aan die mediese personeel, maar God het jou seun se lewe gered

Helen Dennis ·

Dis so hartseer en verskriklik en was self telkrmale byna die slagoffer van n cowboy vragmotor. Baie sterkte.

toy ·

Liewe Here wees hom asb genadig dat hy asb heeltemal sal herstel.

Willie ·

Hendrik, aan jou en die gesin, baie sterkte en die ure in die hospitaal waar mens so wag, en net bid en worstel. Dis baie erg en knak n mens. Wel , ons bid dat Jesus Christo Styf sal vashou en hom vinnig genees, want ons pleit die bloed van Jesus oor hom. Glo net, dis alles dit werd

Bianca ·

Liewe familie van Christo, my boetie was die 20ste Mei in n motor ongeluk en het tans diffuse anoxal brain injury.
Hulle het vir ons gese hy gaan nie die nag deur maak nie en ons is nou al op dag 43.
Die krag van gebed is ogelooflik!!!!!! GEEN medikasie of dokter is groter as ons God nie.
Daar is n group op facebook Dandelion Prayers. Julle kan die group join en ons journey volg julle kan my ook inbox as jul ondersteuning nodig het of vrae wil vra.

MissDemeanor ·

Sterkte aan die jong man en familie. Ek hoop hy herstel volkome. Tenspyte vsn al die probleme in ons land is ons mediese personeel regtig uitstekend opgelei. Dis fantasties dat die nooddiens werkers n tracheotomie gedoen het ( was daar n dokter op die span of was dit paramedics?) . In sommige lande leer dokters nie eers hoem n dit twle doen nie en slegs narkotiseurs.

MissDemeanor ·

Sterkte aan die jong man en familie. Ek hoop hy herstel volkome. Tenspyte vsn al die probleme in ons land is ons mediese personeel regtig uitstekend opgelei. Dis fantasties dat die nooddiens werkers n tracheotomie gedoen het ( was daar n dokter op die span of was dit paramedics?) . In sommige lande leer dokters nie eers hoem n dit te doen nie en slegs narkotiseurs.

Big daddy ·

Buddy. Die Here sal jou gesond maak. Jy is kosbaar in Sy oe asook in ons oe. Mag God jou familie sterk maak. Dis nie lekker as daar op 1 dag 2 van n gesin in icu le nie. Maar God is n God van genade. Hy sal buddy ook uitred tot Sy eer. Amen

Franette ·

Bly glo God is in beheer, Christo ek bid dat jy volkome herstel

Richie Rich ·

Sjoe…dis so wonderlik om elke boodskap te lees en dan besef ek ons ou boere nasie kan alle storms wat die land ons bied trotseer want ons harte bly vol God en geloof en die anker van gebed as n basis van lewe…ons SAL alles oorleef en meer..net soos Christo deur die ding heel anderkant gaan uitkom…super trots op almal van julle hierbo…en mag julle sëen wense in sewefout na julle terugkeer.Amen

kotie ·

Sterkte aan die ouers. Ons bid en glo julle seun gaan 100% wees.

Anneke Steyn ·

Baie sterkte aan Christo en sy familie. Mag ons God hom veilig bewaar en hom volkome gesond maak. Ons bid saam met julle.

Franna ·

Aan Andre Taut – God het ook jou kommentaar getik. Ook myne. Snaaks dat hy jou nou ‘n vloekwoord noem.

Andre Traut ·

franna, en net jy sal die boodskappie van jou verstaan.

Schalk ·

@Andre. En die mense wat ongelukke nie oorleef nie, was dit ook God?

anon ·

Andre God het ook dokters en verpleegsters geskape en gebruik hul as Sy instrumente en deur Sy wonde is die seun reeds genees volkome

Sw ·

Mag die Here Sy wonderwerkende helende hand op daardie seun laat rus.

Charlene ·

God self gee sy beskermende engele opdrag in sy woord Psalm 91 om ons sy kinders te bewaar en te beskerm.
God sal alles ten goede laat meewerk. Uit Pappa Vader se hand kom net wat mooi en goed is. Hierdie jong man Christo plaas ons by die voete van die kruis. God self sien om na hom en sal sy wonde genees. Ons moet dit in ons geestes oë sien, dat hy ten volle genees is. Met geloof kan ons berge in die see laat tuimel. Mag hierdie kind se familie sien watter groot taak vir jul voorlê en dit nou al vegin toepas. Warefare, spreek lewe, proklameer Christo se lewe vir die Koningkryk van God, sal hom, beklee hom toe met die wapenuitrusting van God, profeteer ‘n lang gesonde lewe oor hom en sy toekomstige nageslagte uit, dat Vader se goedheid en guns hul volg al die dae van hul lewe!
Ek raak so opgewonde want God is so groot en ons begin al die klein dinge meer en meer raaksien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.